Anrike & JP Rust

STORIE:


Sjoe, hoe beskryf mens die beste dag van jou lewe?  Na 7 jaar trou ek uiteindelik met my beste vriend.  Dis werklik ʼn droom wat waar geword het.  Die beplanning was ʼn groot seëning omdat ons dit saam met ʼn baie goeie vriendin van ons kon doen.  Sy ken ons storie, sy ken ons en so het sy die hele proses soveel makliker gemaak.  Die hele “look and feel” van die troue is presies wie en wat ek en JP is.  Ons persoonlikhede was so goed uitgebeeld en ons gaste het na die tyd dit met ons bevestig.  Ek deel met julle presies soos ons troubeplanner en liefste vriendin dit vir ons geskryf het: “The concept of this wedding will portray a space of rustic, industrial site meets the future.  This couple loves the natural raw elements of the venue, which represents the groom and his love for raw industrial elements.  The bride loves a party and something fun and different.  We will incorporate her style by adding some futuristic elements to the wedding.  The theme has an overall feeling of Hollywood and therefore we suggest taking the theme to the next level and incorporating this into our dress code for all guests attending the party.”

My rok was so ʼn lekker proses.  Ek het nie geweet wat ek soek nie, maar ek moet bieg ek is baie bly ek het nie gegaan met die eerste rok wat ek aangepas het nie. “First-dress-syndrome” is ʼn ding. Na al die rokke wat ek by drie verskillende plekke aangepas het, het ek uiteindelik in ʼn rigting beweeg van wat ek hou.  Dit moet gemaklik wees, dit moet ek wees en ek wou gehad het die rok moes kon verander soos die aand verloop.  Van moue, tot geen moue, na vere na ʼn broek.  Ek het basies 4 uitrustings aangehad op my troudag en dit was die beste ding ooit!

JP se pak was geïnspireerd deur Peaky Blinders (1940’s).  Dit het deel van ons “look and feel” gevorm.  Soos voorheen genoem, ons tema vir die troue was Old Hollywood Love Festival.  Wat beteken dit?  Old Hollywood verwys na om formeel, klassiek en elegant te lyk. Love Festival verwys weer na glansryke bykomstighede soos glitter rokke, sprankelende oorbelle of “bejewelled clutch bags”.

Ons troue was een groot partytjie!  ʼn Dag wat ek nooit sal vergeet nie.  Dit was 100% die beste dag van my lewe saam met al ons geliefdes!  En een van die hoogtepunte sou definitief wees dat my broer ons die aand voor die troue kom verras het uit Nieu-Seeland uit.  Net JP en ons liefste troubeplanner het geweet hy kom (hulle was deel van al die reëlings), die res van die familie en gaste was almal stomgeslaan.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23031

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23031

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Liezl Kotze Floral Art
                • Bruidegom-pak: The Tux Tailor
                • Dekor: Goeters
                • Fotograaf: Megan and I
                • Grimering: Elizabeth Rae
                • Hare: Elizabeth Rae
                • Huurdienste: In and Out Events
                • Huweliksbevestiger: Richard Holloway
                • Juweliersware: H&M
                • Trouring: Wiekus Viljoen Private Jeweller
                • Troukoek: Naaldekokerbakker
                • Koördineerder: Alon Events
                • Platejoggie: DJ Wico
                • Skoene: Steve Madden
                • Strooimeisie-rokke: Lena Lisa
                • Trourok: Mercia du Toit
                • Venue: Old Tannery
                • Paartjie se verblyf: Addy Wellington
                • Videograaf: I Filmed That
                • Huwelik kontrak: De Vries De Wet en Krouwkam
                • Wittebrood plek: Victoria Beachcomber Mauritius