Armand & Chantel Bezuidenhout

STORIE:


Ek en Armand het in 2019 begin gesels op “facebook” , waar ek hom hard laat werk het vir my aandag en toe eventueel ingegee het , op n Sondag laaste nippertjie gevra het of hy saam my wil “sushi buffet”, half kaalvoet en vuil het ons ontmoet, vir 7 ure gesels gelag en dik gevreet- en van daar af nooit terug gekyk nie. Ons het saam ingetrek “covid lockdown” survive, huisie gekoop en Augustus 2022 verloof geraak. Ons albei is “loud” , passievol en opreg , ons geniet n braai en ons vriende en familie is vir ons baie belangrik! Dit alles het deur gedra in ons beplanning en so ook ons troudag.

Die troubeplanning was vir my as bruid so lekker , dit was verseker my nuwe “hobby”- Armand was baie ondersteunend en het sy insette gelewer wat wel as opsie B oorweeg was. Alles was lekker van die begin af , die venue soek die kleur skema , die stres dat alles by mekaar gaan pas , maar alles het so mooi uit gedraai – al ons wildste drome en verwagtinge oortref. Ek het my trou rok laat maak, ek het presies geweet wat ek wil hê , en kon nie dit in die winkels kry nie, en wou graag elegant asook gemaklik gevoel het in my rok. Armand se pak was gehuur, vir die mans vat dit mos 3 dae dan is hulle gesort van kroontjie tot toontjie. De Harte ons trou venue het ons asems weg geslaan met die tuine en chapel se hoe dak , die verblyf honeymoon suite en ʼn grooms room dat die manne ook opgedolly kan raak in ʼn spesiale kamer. Ons het ons datum gekies en geweet ons gaan lente kleure en blomme doen , iets minimalisties maar “too much” baie soos ons tweetjies. Coreen van Love Beloved het presies verstaan wat ek wou gehad het , en het uitgeslaan met die mooiste skakerings van blomme, rose, tulpe, vark ore the works. die Venue se atmosfeer is wit ,lig en skoon so die dekor en blomme het alles so mooi gekomplimenteer.

Ons het heel eerste ʼn begroting opgestel en soveel moontlik daarbinne probeer bly : ons het wraggies en met R9 om te spaar.

Ons DJ het vir ons lekker “live” musiek gespeel by die harvest area en daar was gras speletjies gin en biere !

Ek en Armand het nog altyd 100% in ʼn ding gegaan van die begin af was daar nooit doekies omgedraai nie en ons albei het geweet wat ons wil hê- ons het albei gepraat maar ook vir mekaar geluister, ons het vriende en familie betrek en raad gevra, ons het gebid en ek het van die begin af gese as ietsie so moet wees sal dit so uitwerk , en wraggies was dit “smooth sailing”.

Die spesiaalste dinge vir my as die bruid was om my aanstaande man se gesig te sien toe die deure oopgaan en ek staan daar met bruin hare ( ek het dit die Vrydag gekleur van blonde af) hoe hy sy kop vir my skud en glimlag van oor tot oor: daar was ʼn stil belofte gemaak dat ek jou altyd sal verras en op sy tone hou. Ons het ook al ons gaste in verwelkom by die canapes en die mooiste fotos gekry waar ons elke liewe persoon sien en omhels asook ʼn klein rukkie met elkeen deel in die groot dag. Armand se gunsteling deel was 1. toe ek se JA ! en 2. die kos- die kos was sy 2de hoogtepunt , en dit was uit die boonste rakke: hy het 100% voting rights gehad op die kos. Verder was ons aand lekker , jolig en vol liefde , daar was heildronke ingestel op 2 families wat 1 word, line dances , speletjies wat stoele breuk, ʼn paar bloos grappies, en dans, alles wat ons wou gehad het en nog meer .

Ons fotograaf het al die vas gevang in haar fotos en ons sal verewig die dag kan beleef.

Ons liefde is al van die begin af opreg, vinnig en warm nes ons troudag – daar was oomblikke vir ons gemaak om stil te staan en alles in te neem maar mens se dag gaan so vinnig verby, maande se beplanning in ʼn oogwink.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23151

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23151

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Love Beloved
                • Bruidegom-pak: Black Tie
                • Dekor: Love Beloved
                • Fotograaf: Hallo Linden
                • Gaste Geskenke: Self gedoen
                • Grimering: Wonderstruck beauty (Tanya)
                • Hare: Marlie Vlok
                • Huweliksbevestiger: DS Paul van Jaarsveld
                • Juweliersware: Shein
                • Trouring: Shani D Jewellery design
                • Troukoek: Chamagne Tower
                • Koördineerder: Done Barnard (De Harte)
                • Musiek: MG Burger
                • Platejoggie: MG Burger
                • Skoene: Shein
                • Skryfbehoeftes: Vriendin/self
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Tente: De Harte Venue
                • Trourok: Karen Couturier
                • Venue: De Harte Venue
                • Paartjie se verblyf: De Harte
                • Vermaak: MG Burger
                • Videograaf: geen
                • Huwelik kontrak: Oom Andre
                • Wittebrood plek: Thaba Ntle