Bennett & Marna Scholtz

STORIE:


Ons spesiale dag het by Manas in Port Elizabeth afgespeel. Ons wou graag ʼn klein en intieme troue saam met ons geliefdes vier.

Vir die kleur van die troue het ons op vlootblou besluit. Vir die bruidegom was dit heel maklik om sy klere en bykomstighede uit te sorteer; ʼn vlootblou pak klere, wit hemp, bruin leerskoene en bruin leer das. Vinnig en ongekompliseerd! Die bruid, aan die ander kant, moes verskeie bruidswinkels besoek, rokke aanpas en raad vra by ma en vriendinne. Uiteindelik het die bruid “Die Rok” gekry en dit is waar, as jy die rok aantrek, dan weet jy net, hierdie is die een! Tot die bruid se verbasing was die rok se styl glad nie dit wat sy oorspronklik in gedagte gehad het nie.

Die bruid is ʼn onderwyser en dus gewoond aan beplanning. Die beplanningsfase het goed afgeloop en meeste van die diensverskaffers is vooraf bespreek. Die bruidegom moes slegs die wittebrood beplan. Die bruid is ʼn “plain Jane” en wou die dekor net eenvoudig, maar mooi hou. Die tafels moes nie baie tierlantyntjies bevat nie en die gaste moes mekaar kan sien oor die tafel. Die beplanner van Manas was uiters bekwaam en het alles, maar alles vir ons gedoen voor die groot dag.

Die bruid was baie gelukkig met hoe ons sprokiesdag gelyk het. Dit sou ʼn buitelug troue wees, maar toe die groot dag aanbreek, het die Here ons met reën geseën. En dit was ʼn seëning, omdat almal toe binne die gebou by hul tafels met vriende en bekendes kon verkeer. Dit het agterna sosiaal soveel sin gemaak.

As ek en my man terugkyk na ons grootste dag, was die mees spesiale oomblik toe ons aan mekaar ons beloftes gemaak het. En daarmee saam, toe ek my aanstaande man se trane sien terwyl ek saam met my pa afstap, het ek besef dit is nie net spesiaal nie, dit is ware liefde! Na alles kan ons terugkyk na ʼn spesiale fees en ʼn heerlike kuier in een!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23236

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23236

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Velma Wentzel
                • Bruidegom-pak: Markham
                • Dekor: Manas
                • Fotograaf: WJstudiodo
                • Grimering: Nina de Sousa
                • Hare: MK Hair boutique
                • Huweliksbevestiger: Ds. van Niekerk
                • Trouring: Fischers
                • Troukoek: Kreatiw bakes
                • Platejoggie: DJ Terry
                • Trourok: Casa Blair
                • Venue: Manas
                • Paartjie se verblyf: Paxton Hotel
                • Videograaf: Agapeweddingvideography
                • Wittebrood plek: Kaapstad