Bernard & Chrismari De Wet

STORIE:


Ek het nog altyd gesê dat 6 maande is genoeg om ʼn troue te beplan. So ek het dadelik weggespring en na moontlike troubestemmings begin soek. Bernard was min gepla oor die fyn details van ʼn plek. Hy wou net lekker eet en lekker dans. Binne 3 weke het ons op ʼn plek besluit en die deposito was betaal. Die belangrikste vir ons was om by ʼn plek te trou waar die hele familie kan bly en saam kuier. ʼn Regte egte naweektroue. So Louvain Gatseplaas was die Towersleutel avontuur wat ons gekies het. Die tema was nie gegiet in klip nie. Ek wou ʼn stylvolle maar nie stywe troue hê nie. Eks ʼn vry en vloeiende mens met ʼn spontane en gemaklike geaardheid. Sagte, aardse kleure…dit was my gedagte. Grassade het vir my mooi ingepas by die sag en vloeiende tema in my kop. Ek wou nie hê my dekor moet ʼn stywe gevoel afgee nie. Ons familie moes dadelik my en Bernard se persoonlikhede en aardse, rou liefde en vriendskap vir mekaar kon sien en voel. Ons troudag was toe inderdaad so rou soos wat dit kan wees. Die reën het in buie uitgesak en die troukar het in die modder vasgesit. Die seremonie was in ʼn ou Anglikaanse kerk gewees. Ek het op die tradisionele troumars die kerk saam met my Pa ingestap. Dit was koud gewees toe ons die kerk uitloop as man en vrou. Almal is dadelik na die oestafel wat gelukkig onder dak was. Ons het gesels, koek gesny en vinnig ʼn paar fotos gaan neem net sodat die reën ons weer kan terugjaag. Steeds was dit so lekker gewees en die koue het gesorg vir mooi rooi wangetjies. Die onthaalsaal was sag en warm, maar die partytjie was lewendig. Almal het gedans tot die einde en gelukkig het die bokke gewen.

Ons troudagstyl was beslis aards maar stylvol. As Bollywood en die Karoo ʼn baba saam sou hê. Dit moes steeds stylvol lyk en nie net asof alles op nommer 99 bymekaar gegooi is nie. My rok moes ek kon beweeg en dans in. Soos ek genoem het; ek is vry en spontaan en het nie grense nie, maar tog is ek sag en ʼn vrou. Ek sal weer en weer my rok aantrek. Vir my voorkoms wou ek steeds lyk soos ek, die Chrissie wat almal ken. Ek het oor en oor vir my grimeer dame by die toetslopie gesê dit moet asseblief nie dik, swaar en donker wees nie. Sag en nattuurlik soos ʼn vlinder, maar steeds Bernard se asem wegslaan. My hare wou ek net sag en krullerig hê, maar toe het die reën ander planne gehad, en steeds het ek soos die gelukkigste vrou op aarde gevoel. Ons het orals in die Tuinroete gesoek na ʼn pak vir Bernard. My laaste stop het ek ʼn juweel ontdek. Ek wou nie navy of swart vir Bernard laat aantrek nie. Hy is ʼn man van die veld en ek het iets meer aards gesoek. ʼn Kleur wat by sy persoonlikheid pas. Soos Bernard sê: “My pak lyk soos ʼn cruiser”.

As ek iets moet uitsonder sal ek sê die hoogtepunt was dat beide my en Bernard se ouers, Ma en Pa, wat beide steeds gelukkig getroud is ons troue kon bywoon. Hoe bevoorreg is ons nie, om beide ouers te hê wat steeds ʼn ongelooflike voorbeeld vir ons as groentjies in ʼn huwelik is. Natuurlik was ons troukoek ook ʼn hoogtepunt. My Moeder het die wortel troukoek gebak en dit was absoluut fantasties.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23168

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23168

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Sharon Coetzer, Blanco
                • Bruidegom-pak: The Suit Studio, Hartenbos
                • Dekor: Fancy Functions, Egoli Function Specialists, Mosselbaai
                • Fotograaf: Annuscha Photography
                • Gaste Geskenke: Heuning geskenk deur my Oupa
                • Grimering: Wilna Allpass Hair & Makeup artist
                • Hare: Wilna Allpass
                • Huweliksbevestiger: Ds Willem Felix Lotter
                • Trouring: D’ Almato George
                • Troukoek: Ma Van Bruid
                • Platejoggie: Hanuli’s Sound & Video
                • Skoene: Shein & Woolworths
                • Trourok: Livia & Co Bridal & Evening Store. George
                • Venue: Louvain Gasteplaas, Herold, Langkloof
                • Wittebrood plek: Sedgefield