Charl & Chrizaan Badenhorst

STORIE:


As jy hou van alles elegant en blink dan is ons skitterende glas tent troue in De Doorns perfek vir jou. Ons het in ʼn moderne glaskas tent getrou op Charl se familie plaas met ʼn pragtige uitsig oor De Doorns, wingerde en berge.

Ons deftige troudekor is totaal en al in kontras teenoor die werkende plaas landskappe, maar werk perfek in die ligging. ʼn Pragtige groot glaskas markiestent wat ʼn deursigtige dak het waar jy die sterre kan aanskou terwyl die 40 skitterende kandelare weerkaats vanuit die dak teen die glasdak en tafels. Die swart en wit tema van ons trou dekor is so mooi en gee ʼn elegante voorkoms vir ons trou onthaal. Wit rose en tikseltjies goue en sagte pienk kleure skep daardie interessante kontras teenoor die deftige swart tafels. Die lang swart tafels en stoele met die spierwit blomme en lang maer swart kerse op die tafels is besonders mooi en werk perfek saam.

Ons troukoek was lae swart koek met verskillende teksture en van die lae het wit blomme met ligte ingehad, definitief iets buiten die gewone.

My trourok ontwerp deur een van Suid Afrika se top trourok ontwerpers met ʼn visie vir ʼn skitterblink balrok met baie blink detail en vere. Die orgidee en my wit handruiker het net daardie ekstra tikseltjie elegansie bygevoeg en alles mooi afgerond.

Ons liefdesreis

Ons ken mekaar al ons hele lewe lank maar was net vriende wat soms op naweke wanneer ek De Doorns toe gekom het van Universiteit af saam gekuier het. Soos die lewe sy draaie loop het ek in Somerset-Wes gaan woon en het ons nie kontak met mekaar gehad nie. Na ʼn paar draaie in ons lewens en die dood van my pa het ek terug getrek De Doorns toe, maar steeds het ons nie iets met mekaar te doen gehad nie.

Na ʼn redelike tydjie terug in die Hex Rivier vallei het ons paaie weer gekruis en het ons weer bande opgetel en stil-stil verlief geraak. Dit was so opwindende tyd in ons lewens. Na ons bymekaar gekom het het ons na ʼn jaar verloof geraak. Ons verlowing was ongelooflik spesiaal en alles waarvan ek kon droom.

Hy het my verras met ʼn verlowing op ʼn baie spesiale plekkie in ons tuin sodat ons altyd as ons in die tuin is daardie oomblik en dag kan onthou, asook waar ons belofte en toewyding aan mekaar begin het. Daarna het ons gery na my ma se huis waar ons vriende en familie vir ons gewag het en ons verlowing feestelik gevier is.

My trourok

My trourok was verseker ʼn droom ondervinding, proses en die mooiste sprokies prinses trourok waarvan enige dogtertjie, meisie of vrou kan droom. Ek het nie gaan trourokke aanpas nie en het besluit ek en my ma moet vir Stephen van Eden gaan sien want as daar een mens is wat my prentjie sal kan verstaan en ʼn realiteit maak was dit nou hy. Ons het ons eerste afspraak gehad en onmiddelik net gekliek van daar af aan het die pret begin. Die stunning ontwerp van my trourok, die materiaal gaan koop, elke passing, als was só spesiaal en het Stephen vir my soos ʼn prinses laat voel.

Ek het gedroom van ʼn skitterblink ballgown met vere en baie bling. Dit beeld my persoonlikheid en sprokiestroue droom uit. My hele rok het geskitter, daar was duisende kraletjies en My trourok was verseker ʼn droom ondervinding, proses en die mooiste sprokies prinses trourok waarvan enige dogtertjie, meisie of vrou kan droom. Ek het nie gaan trourokke aanpas nie en het besluit ek en my ma moet vir Stephen van Eden gaan sien want as daar een mens is wat my prentjie sal kan verstaan en ʼn realiteit maak was dit nou hy. Ons het ons eerste afspraak gehad en onmiddelik net gekliek van daar af aan het die pret begin. Die stunning ontwerp van my trourok, die materiaal gaan koop, elke passing, als was só spesiaal en het Stephen vir my soos ʼn prinses laat voel.

Troupak

Charl se pragtige swart troupak is ontwerp en gemaak vir hom deur die tailors in Worcester. Dit is gekomplimenteer deur customised cufflinks deur Viljoen Juweliers met ons troue se monogram op om dit ekstra spesiaal te maak. sy troupak was perfek gefit en het hom soos ʼn handskoen gepas.

Ons trou venue

Aangesien beide van ons van De Doorns af kom wou ons graag hier trou, maar ek het nog altyd ʼn droom gehad van ʼn glas tent met baie chandeliers en fairylights wat soos nog ekstra sterre lyk bo en behalwe die sterre wat jy deur die glas dak kon sien.

Ons het gesels oor waar in De Doorns ʼn geskikte plek sou wees om dit te hou en die tent op te slaan en Charl sê toe een middag vir my hy wil net vir my gaan wys bo by hul familie plaas is daar ʼn oop stuk grond voor die pakstoor wat oor die hele die De Doorns uitkyk met die wingerde en berge.

Ons het daar bo aangekom en ons kon net sien hoe ons daar trou en die tent opslaan. Dit is baie spesiaal vir ons aangesien dit nie ʼn trou venue is nie en verewig vir ons ʼn spesiale plekkie sal wees.

Troubeplanning

Om ons troue te reël was ongelooflik gewees. Elke persoon wat betrokke was om hierdie droom troue ʼn realiteit te maak was ongelooflik. Ons het ʼn weddinglanner gehad Helmari wat ons met elke klein detail gehelp het. Ons fotograaf kom ook van De Doorns Michelle Bauermeister en het ʼn ongelooflike werk gedoen om elke oomblik vir ons vas te vang en dit soveel pret te maak. Ons het so baie gelag en pret gehad om hierdie troue te beplan in net 5 en ʼn half maande. Dit was ʼn fees.

Ons trou dekor en styl

Ek is iemand wat mal is oor helder kleure, maar ook hou van minimalisties skoon lyne swart en wit. Ek en Charl het baie geworstel met die besluit hoe om dit alles te inkorporeer en dit die droom te maak. Daar is toe besluit om ons pre-drinks kleurvol te maak met kleurvolle helder lounge pockets, kleurvolle helder blomme en alles net bright en kleurvol te maak en dan as jy vanaf die pre-drinks in die glas tent instap is alles swart, wit en kristal.

Ons het lang swart tafels met swart stoele en wit blompotte met wit O’hare rose, orgidee en krismisrose ingehad op die tafels. Langs die kant was daar swart plinths met goue ysbakke vol vonkelwyn op wat bedien word deur die kelners. As jy opkyk was daar duisende fairylights en oor die 40 chandeliers wat alles net afgerond het. Al ons gaste moes ook swart formele pakke en rokke aantrek wat alles net só mooi gekomplimenteer het.

Gunsteling herinnering van ons troudag

Die oomblik toe ons alleen in die saal gaan staan en alles net inneem. In daardie oomblik net weer besef nóú is ons getroud en hierdie is óns troue. Asook die aand toe ons wegry van die troue af en ons gaan stop en staan toe in die wingerd en kyk terug na die glas tent met die liggies en chandeliers en besef net weer dit was óns troue en ons lewe saam begin amptelik hier. Dit was magical.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23257

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23257

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Blommeprag
                • Bruidegom-pak: The Tailor
                • Dekor: NConcepts and design
                • Fotograaf: Michelle Bauermeister
                • Grimering: Maryna Kirsten
                • Hare: Maryna Kirsten
                • Huurdienste: NConcepts and design
                • Huweliksbevestiger: Ds. Louis Smith
                • Juweliersware: Relier design en Viljoen Juweliers
                • Trouring: Viljoen Juweliers
                • Troukoek: Elizabeth Beukes
                • Koördineerder: Helmare van der merwe (metheplanner)
                • Musiek: Dj Wico
                • Platejoggie: DJ Wico
                • Skoene: Bride and co mooi gemaak deur Stephen van Eeden
                • Skryfbehoeftes: Sugarbird
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Tente: Elite Marquees
                • Trourok: Stephen van Eeden
                • Venue: Vendutiekraal
                • Paartjie se verblyf: Tavistock Country home
                • Vermaak: Micheal Meiring
                • Vervoer: Genie Beukes
                • Videograaf: The Geldenhuyses
                • Huwelik kontrak: John-Henry Erasmus
                • Wittebrood plek: Mauritius