Christiaan & Chrizel Cronjé

STORIE:


Ons trou storie, waar om te begin…

Ek en Christiaan het April 2022 verloof geraak in Blombos, Weskaap en in die Weskaap is waar ons daai tyd gewerk en gebly het en ook geweet dit is waar ons sal trou aangesien dit ook is waar ons ontmoet het. Lang storie kort, ons het in Augustus 2022 as ʼn paartjie ʼn werksaanbod ontvang in Namibië wat moeilik was om nie te aanvaar nie. Ons het toe alreeds begin beplan aan ons droom troue in Swellendam, maar het meer tyd nodig gehad om te beplan as wat ons nodig gehad het om met die werk te begin. Ons het besluit om op die 31ste Oktober 2022 wettiglik te trou in die teenwoordigheid van die dominee, my ouers en Christiaan se pa om wettiglik in Namibië te kan werk, asook om ons integriteit te behou aangesien ons nooit voorheen saam gebly het nie. Min wetend was dit die beste besluit, nie net omdat ons toe ons droom troue behoorlik kon beplan om te vier met al ons geliefdes nie, maar Christiaan se pa kon op die register teken en hy is vroeg 2023 skielik oorlede voor ons groot troue, maar hy kon steeds deel wees van ons storie met sy handtekening op ons register.

Die dae het aangestap en ons beplanning vir ons troue in September het aangegaan so vanaf ʼn 2000km afstand. Ons het ʼn week voor die troue na Swellendam gery vir die laaste reëlings. Ek as bruid het al my vertroue in ander mense gesit vir die reëlings en alles en almal het vêr bo my verwagting gelewer met die beste diens en samewerking wat ek nog ooit gesien het.

Daar is so baie dinge wat hierdie troue so spesiaal gemaak het. Ons kan begin by my trourok wat ʼn storie op sy eie het. Die trourok was ook my ma sin gewees wat my ouma in 1995 met haar eie handewerk gemaak het, dit is ʼn 100% ongebleikte sy rok. My ouma bly tans in Australië en sy het spesiaal 3 weke voor die troue gevlieg RSA toe om nagte deur die rok te verander vir my. Die oorspronklike vorm van die rok is steeds behou omdat die rok presies vir my gepas het van die eerste keer wat ek aangepas het, maar die kant is net bygebring en die sleep heeltemal oorgedoen. Die hangertjie wat ek gedra het was ook deur my ma gedra op haar troue en is egte see-pêrels met ʼn goue pendant waarin robyne vasgelê is (robyn wat my geboorte-steen is).

Ons dag was ook so spesiaal omdat ons familie van oral om die wêreld kon onthaal, van Thailand tot Australië, vriende van Namibië en dan ook familie regoor die hele Suid-Afrika, ons het baie geëerd gevoel dat almal soveel moeite gedoen het om by ons troue te wees.

Op die dag van die troue het Christie Conradie van La Flor Events fenomenale werk gedoen met die dekor, ek hoef nie ʼn vinger te gelig het nie! My ma het gesorg dat die mense wat die kos voorsien en bedien weet waar om te wees en wanneer. Die koek was self vir my n fantastiese verrassing deur Michelle Steenkamp van VarsGebak omdat ek die troukoek net op die dag gesien het toe ek by die onthaal ook aankom, ek het niks gehad om oor te stres nie! Die seremonie was by die NG Kerk Buffeljagsrivier en ons was baie geëerd dat ons dominee van Namibië vir ons die diens kom lewer het. Die onthaal (Utopia Wedding Venue) was baie gerieflik omdat alles so netjies is en daar was verblyf vir almal om die venue of op die venue.

Daar was een ding wat ons nie kon beheer nie en dit was die weer… Ons het sop nat gereën! Hulle sê dit is ʼn seëning as dit reën op jou trou dag, en op ons troue het dit so gereën dat daar vloede was na die tyd en al die paaie Kaapstad toe was gevloed en toegemaak. Ons aanvaar dit as massiewe seëning op ons huwelik! Ten spyte van al die reën, het ons steeds die pragtigste fotos wat deur niemand anders as Emelie Zwiegelaar so perfek geneem kon word nie. Sy het so baie moeite gedoen om vir ons die perfekste oomblikke te kon vasvang. Chantelle Mocke het my grimmering so goed gedoen, dat die reën nie een verskil gemaak het nie! Die reën het ook nie vir Jurie Uys met sy pragtige Vlaam perde laat stilstaan nie, hy het ons aangebring met die koets en die gaste geleentheid gegee om op die koets te kon ry en fotos neem.

Daar is baie meer om te vertel, maar hierdie sal die kort en kragtige weergawe wees.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23051

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23051

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: La Flor Events & Decór
                • Bruidegom-pak: Smart Men Suite Hire
                • Dekor: La Flor Events & Decór
                • Fotograaf: Emilie Zwiegelaar
                • Gaste Geskenke: Tuis gemaak
                • Grimering: Chantelle Mocke
                • Hare: Red Door Swellendam
                • Huweliksbevestiger: Ds Hector Jooste
                • Juweliersware: Erfstukke
                • Trouring: Gold and Diamond Traders Durbanville
                • Troukoek: VarsGebak – Michelle Steenkamp
                • Koördineerder: Wilna van der Merwe – Utopia
                • Musiek: DJ kat
                • Platejoggie: DJ kat
                • Skoene: Pierre Cardin
                • Strooimeisie-rokke: The Maiden
                • Trourok: Tuis gemaak
                • Venue: Utopia Guest House and Wedding Venue
                • Paartjie se verblyf: Utopia Guest House and Wedding Venue
                • Vervoer: Jurie Uys se vlaam koets
                • Huwelik kontrak: MJ Vermeulen prokureers
                • Wittebrood plek: ATKV Hartenbos, Teniqua Treetops, Marine Martinique, Addo Elephant National Park, Garden Route National Park