Christoph & Kariena Gouws

STORIE:


Met die verloof ring aan die vinger en liefde wat blom en toor, moes ons vinnig dink aan ʼn naby datum.  Ons was onseker om lank te wag en is te smoor verlief om vir ʼn jaar te moes wag. Maart verloof en Julie getrou. By die absolute, mooiste en asem weg slaan venue-Whispering Thorns, Witrivier. Wat glad nie my eerste keuse was, tot ek self gestaan het waar ons gedans het.

Stres het die inkopie lys vir chocolates langer gemaak en manlief gee net drukke en soene om die stres te verminder. Hoe minder die bruid doen, hoe beter.  En dit is presies wat ons venue verskaf het. “a Stress free wedding”.

Met jare se verbeelding en geskets aan rok idees, het my talentvolle familielid dit in een pragtige oomblik geskets as die droom rok.  Ma, sussies en familie wat op hulle eie en een of ander kulkuns die pragtigste, fynste en perfekste rok aan mekaar gebring het.  Ons noem maar eerder nie dat die laaste bietjie kant 3 aande voor die trou dag vas gewerk is.  Bruid het darem eers daarvan uitgevind na die troue, met ʼn breë glimlag.  Dis verskriklik spesiaal om so ʼn spierwit rok te dra op jou groot dag wat met die hande gemaak is van die mense waarvoor jy die liefste is, familie.

Die beste voor-die-huwelik-toets is dat die paartjie saam gaan soek vir die bruidegom se troupak.  Absolute pret en toets van geduld en liefde aan mekaar.  Dit was suksesvol, die bruid het omtrent met ʼn 2de John Wick getrou, baie aanloklik.

Dekor is belangrik vir enige bruid, dit moet omtrent presies of eintlik 101% presies soos die Pinterest foto lyk.  Maar met sulke talentvolle hande vanaf ons venue het dit so pragtig gelyk.  Soos iets wat nog by gelas moet word by Pinterest.  Die blomme was uniek, maar tog ʼn uitdagende kleur van blomme om in die hande te kry.  Sommige mense kyk jou interessant aan wanneer jy die woorde “Terracotta” en “Burnt Orange” gebruik.  Dit was beter as wat enige Bruid kon inleef.

Alles het gevloei soos die regstreekse musiek tydens die Canape ure.  Wat ʼn absolute unieke atmosfeer geskep het.

Die bruid en bruidegom moet beslis belangrik voel op hulle groot dag, en dit is presies hoe ons gevoel het.  Dit was uniek, pretvol, traanvol, kleurvol en net lekker- om nou ʼn regte Afrikaanse woord te gebruik.  Maar dit was ʼn dag en aand wat elke gas nou nog oor gesels en wat ons tot in ons ou dag oor sal glimlag.  Met hope kerse van die dekor nog oor, wat as geskenke oor jare gegee sal word.  Maak dit mens se hart absoluut vol van liefde, om ʼn kers te kan aansteek by die huis wat op ons trou aand aangesteek was, omring met familie, om tafels, met die lekkerste kos.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23014

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23014

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Whispering Thorns, Witrivier
                • Bruidegom-pak: Woolworths Nelspruit
                • Dekor: Whispering Thorns, Witrivier
                • Fotograaf: Lize Leonard @LittleMiraclesPhotography
                • Gaste Geskenke: Mr Price Home, PEP Home.
                • Grimering: Berna- Salonique Witrivier
                • Hare: Berna- Salonique Witrivier
                • Huurdienste: Whispering Thorns
                • Huweliksbevestiger: Pastoor Deon- Nelspruit
                • Juweliersware: SHEIN en Lovisa-Nelspruit, Ilanga Mall
                • Trouring: Silvery
                • Troukoek: Sister van Chris Velleman
                • Koördineerder: Stadler Kok
                • Musiek: Anton Botha(live musiek) en Renier Heyman
                • Platejoggie: Renier Heyman
                • Skoene: Boutique
                • Strooimeisie-rokke: Familie hande
                • Trourok: Familie hande
                • Venue: Whispering Thorns Witrivier
                • Paartjie se verblyf: Whispering Thorns
                • Huwelik kontrak: Pastoor Deon- Nelspruit
                • Wittebrood plek: Inhaca Eiland, Mozambique