Danie & Maruschka Du Toit

STORIE:


Ons tema was modern, klassiek en skoon. Ek is baie modern, terwyl Danie baie lief is vir die buitelewe, en veral die bosveld. Ons het my moderne uitkyk en sy liefde vir die bosveld gekombineer om ʼn smaakvolle maar tog gemaklike atmosfeer te skep. Simbali Lodge and Function Venue het perfek by ons tema ingepas, en boonop aan ons vereistes vir ongelooflike kos voldoen. Die tema vir die dekor was om die natuur in die saal te herhaal met baie loof, skoon wit blomme met verskillende teksture en style.

Ek is ʼn baie kreatiewe mens, met ‘n graad in mode-ontwerp. Dit was vir my belangrik dat my rok my persoonlikheid weerspieël: modern, klassiek maar tog met ʼn speelse element. My rok was ʼn klassieke nousluitende rok wat onder uitgeklok het met ʼn vierkantige neklyn voor en agter.

Vir die seremonie het ek ʼn “pêrel en tulle” sleep gedra wat met ʼn beldjie om my middel vas was. Dit het die perfekte skoon, elegante en wasige beeld geskep vir die seremonie.

Aangesien ek ʼn mode-ontwerper is, het my gaste verwag dat ek met iets unieks vorendag sou kom. Ek en Engela van Lilyfields Dressmaking het besluit om my voorkoms te verander met “tulle” geplooide moue wat ek gedra het tydens die onthaal. Dit het my toegelaat om my ultra-moderne Vogue oomblik te beleef.

Met hierdie elemente het kon ek drie verskillende voorkomste skep met dieselfde rok.

Danie het ʼn klassieke swart pak gedra met ʼn donkergroen das.

Die hele dag was ongelooflik, maar as ek iets moet uitsonder was dit om ons spesiale dag met vriende en familie te kon deel.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23215

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23215

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: The Love Knot
                • Bruidegom-pak: Coquis
                • Dekor: The Love Knot
                • Fotograaf: Kreativ Photo and Films
                • Gaste Geskenke: Syzygy Photography
                • Grimering: The Beauty Brand
                • Hare: Clarissa – Abundance
                • Huurdienste: Dek in styl
                • Huweliksbevestiger: Adrian Wright
                • Juweliersware: Deonne le Roux
                • Trouring: De Wets Juweliers
                • Troukoek: La Moraine
                • Koördineerder: Simbali
                • Musiek: V&E Entertainment
                • Platejoggie: V&E Entertainment
                • Skoene: Bruidegom: Floris van Bommel, Amsterdam
                • Skryfbehoeftes: Rabbits Trail
                • Strooimeisie-rokke: Cordelia
                • Trourok: Lilyfield Dressmaking
                • Venue: Simbali Lodge and Function Venue
                • Paartjie se verblyf: Simbali
                • Videograaf: Deepfields Films