Daniel & Nicola Jooste

STORIE:


Daniel en Nicola se storie begin 8 jaar terug in Desember 2015, waar hulle mekaar raak gekuier het deur pelle in Diaz.  Toe Daniel vir Nicola ontmoet was hy dadelik “om soos ʼn bomb” oor haar. Twee maande nadat hulle ontmoet het vra Daniel vir Nicola om sy meisie te wees.  Die verhouding kon maklik vloei aangesien Nicola daardie tyd net bo Paarl Bois Haai se koshuise gewoon het en so kon Nicola en Daniel op daaglikse draf-stappies gaan en lekker tyd saam spandeer.  Daniel en Nicola het dadelik geweet dat hulle mekaar se sielsgenote is al was hulle op daai stadium nog net twee 18-jarige tieners, besig om die lewe saam aan te pak.

In 2022, na ses jaar van mekaar se leer ken, lewe saam ervaar en groei, stap Daniel vir Nicola een lente-oggend deur Babylonstoren se tuine en vra haar om sy vrou te word en met God se genade die ma van sy kinders eendag.  Dit was ʼn oomblik waaroor hulle altwee vir solank gedroom het.

Kort na ons verlowing het ons somer dadelik op ʼn datum besluit; 12 Augustus 2024.  Dit was ook baie maklik vir ons om ʼn venue te kies aangesien Nicola groot geword het op die Weskus waar haar ma die mooiste Sea Trader Wedding venue besit.  Ons altwee wou baie graag daar trou en meer op die see kan mens nie wees nie. Die trou beplanning het egter sy uitdagings gehad aangesien Daniel en Nicola in Durban bly waar Daniel ʼn professionele rugby speler is vir die Sharks en Nicola haar eie besigheid begin het. Om ʼn troue van ʼn afstand af te reël is nie jou maat nie. Wat die proses wel baie makliker en vinniger laat gebeur het was al die hulp van Nicola se ouers wat al 24 jaar in die trou bedryf is. Ons eerste groot uitdaging was ons gastelys.  Daniel wou groot troue hou en Nicola klein.

Die tyd het baie vinnig verby gegaan en dit het gevoel of ons nooit alles betyds gaan klaar kry nie. Nicola het reeds haar trou rok gekies by Blanco Bridal.  Sy het omtrent 8 rokke in totaal aangepas maar die een wat gebly het was die heel eerste een wat sy aangepas het.  Die grootste uitdaging vir haar was om nie te veel weg te gee vir Daniel nie aangesien hy baie nuuskierig is.  Wat vir Nicola en Daniel baie spesiaal was, was dat hulle op Sea Trader Manor House se grasperk kon trou op dieselfde grasperk waar Nicola se ma op gespeel het en so ook Nicola.  Die Manor huis was ook omskep uit Nicola se oorlede Ouma en Oupa se huis vir wie sy baie lief was en opgekyk het na.  Die troue was ʼn groot sukses. Alles het so mooi op tyd geloop en die kos was ongelooflik lekker!

Daar was verskillende opsies vir hoofgereg.  Lamb shank, chicken 3 ways of cauliflower steak, spesiaal vir die vegan bruid, met verskeie slaaie op die tafels.  Malitha Joubert Catering het regtigwaar die klomp rugbyspelers trommeldik gehad!  Daar was ook 12 uur klein vinger happies uit gebring vir die mense.  Lekker slaptjips en pasteitjies!  Ons het ook besluit om die kroeg “open bar” te maak aangesien al ons gaste so ver gereis het om by die groot dag te wees.

Nicola en Daniel kyk gereeld hul trou video en elke keer stem hulle saam dat die nie beter kon wees uitdraai nie.  Daniel en Nicola is nou 7 maande getroud en verwag hul eerste seuntjie in Augustus 2024.  Dit is UITERS spesiaal veral omdat die geboortedatum nou op die een jaar anniversary van hul troue is.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23229

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23229

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Prickly Pear
                • Bruidegom-pak: Ken-Onethousand classic fashion
                • Dekor: Prickly Pear
                • Fotograaf: dataan en twofold creations
                • Gaste Geskenke: partytjie brille
                • Grimering: Skin
                • Hare: Skin make up and hair (Are Cronje)
                • Huweliksbevestiger: DS Holloway
                • Juweliersware: Blanco bridal
                • Trouring: Nicola – Studio99 Daniel- Jacolien benchmarks
                • Troukoek: cake love
                • Koördineerder: Prickly pear
                • Musiek: Nizaam Moses
                • Platejoggie: sks Entertainment, live music Nizaam Moses
                • Skryfbehoeftes: am Creative
                • Trourok: Blanco Bridal
                • Venue: Sea Trader
                • Paartjie se verblyf: Sea trader Manor House
                • Vervoer: KIA Carnival 2023
                • Videograaf: Dataan en twofold
                • Huwelik kontrak: Henno Dippenaar
                • Wittebrood plek: Brahman hills