Desiré & Dirk Heyman

STORIE:


Ons spesiale dag

Ons het van die begin af geweet, ons wou nie die gewone doen nie. Dit moet anders en uniek wees. Dit het gegeld vir alle reëlings en keuses wat in die beplanning van ons groot dag gegaan het.

Ons het heel eerste besluit op ʼn venue. Dit was vir ons belangrik dit die venue tydloos en stylvol moet wees asook elemente van die natuur wat perfek pas by ons altwee se styl. Monte Bello het dadelik ons harte gewen en ons het geweet dis waar ons wil trou.

Ons fotograaf was tweede op die lys, ons het ongelooflike baie navorsing gedoen en verwysings gevra. Dit is belangrik om die regte fotograaf te kies wie se styl van fotos ook jou styl is. Dit is tog al wat jy oor het na jou groot dag.

Toe dit kom by my trourok, was my vereistes nie veel anders nie, stylvol, tydloos en elegant. Ek het gekies om my rok eerder te huur en nie te laat maak nie. Op so manier kon ek presies sien of my “prentjie” wat ek gehad het by my pas en tog is wat ek wou hê. Bridal Emporium het die ervaring vir my so maklik gemaak en ek het na die eerste afspraak my droom rok gekry. Stylvol, noupassend, bietjie blinkers en mooi sagte kant oor my hele rok met ʼn mooi tydlose oop rug.

Dirk het vrye teëls gehad om te kies wat hy wou dra. Gelukkig het die man goeie styl en smaak. Ons het vir hom ‘n “Royal blue” pak by Markham gekoop. Sy bykomstighede soos sy belt en leer das is laat maak deur The Groom and Co asook die strooi jonkers se strikdasse, belde en kruisbande.

Ons dekor was seker vir ons die hoogte punt en wat vir ons die heel meeste uitgestaan het. Dit het ons wense van dat dit iets anders moet wees, heeltemal waar gemaak. Met die hulp van Magda van Deco table het ons beplanning van ons dekor, beligting en blomme so glad verloop. Ons het ALLES in haar hande gelos en net ons idees en waarvan ons hou met haar gedeel. Ons dekor het ons persoonlikhede so goed vas gevang. Die katoen was absolute die hoogte punt van ons aand gewees. Dit was vir ons belangrik dat ons dekor rondom die katoen gedoen moes word en dat dit die meeste uitstaan. Ons het ‘n baie minimalis styl en dit is so deur gedra op ons tafels. Ons kleurskema was aardse kleure gewees met baie verskillende nudes en beiges en ‘n bietjie groen vir ekstra kleur. Die katoen is vasgevang met swart kerse, ‘n bietjie vars blomme, hout tafels en die mooiste glasware.

Ons hele dag was vir ons so spesiaal gewees, twee families wat bymekaar gekom het, ons gaste wat so groot fees gehad het en dat ons, ons liefde vir mekaar met so ongelooflike groep mense kon gedeel het.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23211

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23211

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Deco table
                • Bruidegom-pak: Markham
                • Dekor: Deco table
                • Fotograaf: André Verhoef Photography
                • Grimering: Monique van Niekerk Artistry
                • Hare: Jadie Professionals
                • Huweliksbevestiger: Ds Kor Potgieter
                • Juweliersware: American Swiss, Miekeraai, Tungsten
                • Trouring: Tocknell engravers and jewellers
                • Troukoek: Kanonos catering
                • Koördineerder: Deco table
                • Musiek: Margaret Whitfield
                • Platejoggie: Margaret Whitfield (DJ Magpie)
                • Skoene: Truworths
                • Skryfbehoeftes: SJENEL
                • Strooimeisie-rokke: Wife Material clothing
                • Trourok: Bridal Emporium
                • Venue: Monte Bello Estate Bloemfontein
                • Paartjie se verblyf: 30 on White Guesthouse
                • Videograaf: Shaun Grobler
                • Huwelik kontrak: David Badenhorst prokureurs
                • Wittebrood plek: Phuket, Thailand