Devan & Willene van Deventer

STORIE:


Ons is ,soos mense sal sê ” High school sweethearts” .Ons het mekaar ontmoet op skool en van dag een af gek oor mekaar gewees. Ons het vir 8 jaar eers uitgegaan voor ons uiteindelik besluit het om te trou. Ons trou reëlings was baie eenvoudig gewees. Die venue wat ons gekies het was my stiefpa se pa se familie plaas gewees wat later opgedeel en verkoop is vir buurt uitbreidings . Hy het daar grootgeword en dit is ook waar hy en my ma getrou het in 2008. Die venue het ʼn baie spesiale plek in ons harte. Ons troue was by Fraaigesig , Garsfontein in Pretoria-Oos.

Ons het besluit op ʼn klein intieme troue om dit spesiaal te hou en dat ons tyd het om met elke persoon tyd te spandeer wat vir ons saak maak. Ek ( die bruid) en my ma het besluit ons gaan die dekor en alles daarby self doen. Dit het baie beteken om dit te kon self doen en daai oomblikke saam my ma vas te vang. Ons het die blomme, tafeldoeke, kerk en alles self gedoen. Die trourok het perfek uitgewerk. Ons het eintlik net gaan aanpas om te kyk en toe pas hy so perfek aan my dat ons hom sommer net daar en dan gekoop het. Vir die troupak het ons besluit ons wil nie ‘n formele troue hou nie maar net ʼn semi formeel en omdat die venue so half in die woud is het hy net ʼn khaki broek gekoop met ʼn wit hemp en kruisbande.

Ons altwee se ouma’s het ʼn ongelooflike groot rol in ons lewens gespeel. So het ons besluit natuurlik moet hulle deel wees van ons troue. My ouma en my man se ouma was my strooimeisies .Nie een van die ouma’s het al ervaar hoe dit is dat iemand anders jou grimering en hare doen nie, so ons het dat die grimeer kunstenaar ook hulle grimering en hare doen saam met die Bruid. Ons het ook vir hulle altwee dieselfde rokke gekry. Dit was so spesiaal om hulle saam my te laat klaar maak en saam my in die kansel af stap. Die strooijonkers was die bruid se twee klein boeties. Hulle is 10 jaar oud en 14 jaar oud. Hulle speel ook ʼn groot rol in ons lewe. Ek ( die bruid )se pa is oorlede toe sy ek baie klein was. My ma was nog altyd my ma en pa gewees. Ek het later ook ʼn stiefpa by gekry wat ʼn belangrike rol in my lewe gespeel het. Om saam my in die kansel af te stap het ek besluit om my ma en my stiefpa te vra omdat hulle altwee sulke belangrike rol in my lewe gespeel het.

Ons troue was spesiaal omdat elke persoon wat betrokke was ʼn spesiale plek in ons hart het en dat op elke ding wat ons besluit het is om iemand anders deel te maak .

Ons troue was so UNIEK, ek bedoel waar het jy al in die lewe gesien van strooimeisies was 70 jaar oud is en strooijonkers wat nog op laerskool is .

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23199

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23199

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Fotograaf: MMK Fotografie
                • Grimering: Makeup by ruth
                • Hare: Make up by Ruth
                • Juweliersware: Sterns
                • Trouring: Sterns
                • Skoene: Woolworths
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Trourok: Bride & Co
                • Venue: Fraaigesig, Garsfontein , Pretoria oos
                • Videograaf: MMK Fotografie
                • Wittebrood plek: St lucia , Kwazulu Natal