Eben & Liane Venter

STORIE:


Hoe beskryf jy ʼn liefdesverhaal van die begin tot die einde?

Ons verhaal het begin as jong Hoërskool liefdes en die liefde het gegroei sodat ons na 12 en ʼn half jaar steeds uitgaan het.  Mens hoor so baie die vraag, “wie het die eerste “move” gemaak?” In ons geval was dit Eben.  Glo dit of nie, maar Eben was die een wat my gejaag het. Hy het maande lank, sonder sukses, probeer om my nommer te kry.  Hy het nie tou opgegooi nie en besef dat hy sake in sy eie hande sal moet neem en het ons gemeenskaplike vriend gevra om ons voor stel.

Een oggend, na aanlegtoetse, het ek ʼn harde eggo-geskreeu van my naam in die skool se gang gehoor.  Glad nie verbaas of verras toe ek omkyk en ons vriend daar sien. Saam met hom was ʼn skaam ou met glas blou/groen oë (Eben).

Ons vriend het, sonder enige bekendstelling, ons net daar gelos en verdwyn.  Vir ʼn oomblik het ons net na mekaar gestaar, maar dit het gevoel of ons dadelik, sonder woorde, ʼn konneksie het en was genoodsaak om mekaar so vinnig te leer ken.  Eben het moed bymekaar geskraap, homself aan my voorgestel en uiteindelik my nommer gekry.

Hoe bly is ons nie vir daardie dag! Dit was definitief “love at first sight” vir ons gewees.

Op 15 Junie 2011 was ons amptelik ʼn paartjie. Hoërskool het aangegaan en ons liefde het net sterker geword.

Eben het op 13 Desember 2021 besluit daar is geen manier om nou van my ontslae te raak nie en die enigste ding is om my te vra om te trou. UITEINDELIK.  Eben het ʼn pragtige reis vir my (en ons verlowing) beplan.  Hy het die groot vraag gevra in die mooie berge van die Drakensberg.  Nog voor Eben op sy knieë gegaan het, was my oë reeds gevul met trane.  My ring is ongelooflik mooi maar dit het my ʼn uur gevat voor ek eers behoorlik na die ring en al die detail gekyk het.  Ek was so gevul met opgewonde en liefde dat die details nie vir my saak gemaak het nie.
Vir ons was dit een van die beste dae van ons lewens gewees.

Ons het dit ongelooflik baie geniet om ons troue te beplan van die kleinste tot die grootste detail en as ons dit oor kon doen, dan sou ons dit weer presies dieselfde doen. Ons is in die middel van winter getroud 23 Junie 2023.

Kom ons begin waar alle trou beplanning begin (die venue) Ons het heel eerste na Bell and Blossom toe gegaan en WOW ons kon nie ons oë van die plek af haal nie. Maar soos enige bruid sê ek vir Eben die regte ding om te doen is om nog rond te kyk voor ons ʼn keuse maak (hoe verkeerd was ek nie).  So gemaak en 5 plekke later gaan ons met liefde terug na Bell and Blossom toe, die plek is net sprokiesmooi.

Beide ek en Eben is kunstig so ons wou so bietjie van “ONS” by die troue inbring en dit vir almal spesiaal maak. Baie van die dekor het ons self gedoen omrede dit wat ons wou gehad het vir die dag was baie spesifiek.

Ek en Eben het die skryfbehoeftes self ontwerp en laat druk. Die servette, tafellopers en hoof tafeldoek het ek en my ma self gemaak en gestik. Ek het vir ʼn jaar lank krismisrose (hydrangeas/hortensias) bymekaar gemaak en gedroog as my konfetti. Blomme was vir ons baie belangrik en die hoof fokus gewees, ons wou gehad het dat ons gaste wat by ons troue was, dit sal onthou. Die kleure van die troue was ryk, donker winterskleure en ons bloemiste het dit perfek uitgebeeld vir ons, sy het so baie moeite gedoen om ons idees en prentjies ʼn werklikheid te maak.
Ons dankie sê geskenk vir elke gas was ʼn persoonlike handgeverfde kunswerk op ʼn klein esel en dit het ook gedien as sitplek plasings.

Die troukoek was ʼn wenner. Ons het ʼn klein koek gehad om te sny, hy was versier met die fynste detail blomme gedoen met ʼn palletmes tegniek. Vir elke gas was daar ʼn “Turkish delight” makrolletjie (Macaron), hulle blommetjies was met ʼn waterverf tegniek op geverf.

My voorkoms op die dag was geïnspireer deur my gunsteling kunstenaar, die Mexikaanse skilder “Frida Kahlo” met haar blomme kroon. Ek wou ʼn groot blomme kroon dra met baie blomme en ʼn baie lang sleep. My haarstilis het mooi geluister en verstaan en het my hare perfek reg gekry en my soos ʼn droom laat lyk. My rok se lang moue was vir my ʼn moet. Bridal Room het die mooiste moue, wat by die rok selfs pas, vir my vas gewerk en dit het vir my die prentjie en idee van my droom rok afgerond.

Nog een van ons belangrike vereistes was dat daar ʼn plek moet wees om die spesiale mense wat nie meer saam met ons is vandag nie te onthou. Ons het ʼn foto collage gemaak met ʼn boodskap vir hulle en ʼn groot kers wat gebrand het tydens ons diens. Hierdie was vir ons belangrik want vir ons is hulle nie vergete nie.

Die dag het gevoel soos ʼn droom wat waar word.

Die hele troue se beplanning was so spesiaal.  Ek sou sê die betrokkenheid van ons beide by die proses het definitief vir my en Eben nader aan mekaar gebring.  Dit was ooglopend om te sien hoe baie ons geleer het van mekaar en om te luister na wat vir die ander persoon belangrik is.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23040

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23040

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: The Love Knot
                • Bruidegom-pak: Broek, Baaitjie, Belt en Skoene- Edgars
                • Dekor: Venue- Bell and Blossom en aankope deur Shein
                • Fotograaf: Infinity Times Infinity Productions
                • Gaste Geskenke: Handgeverfde kunswerk op ʼn klein esel- deur Familie Vriend
                • Grimering: Stay Make up& Beauty
                • Hare: Stay Make up& Beauty
                • Huurdienste: Venue- Bell and Blossom
                • Huweliksbevestiger: Doneven Kilfoil
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: De Wet Jewellers
                • Troukoek: Melinda’s Kitchen
                • Koördineerder: Carmina- Bell and Blossom
                • Musiek: Dj- killowwatts
                • Platejoggie: Dj- killowwatts
                • Skoene: Queenspark
                • Skryfbehoeftes: Bruid en Bruidegom self
                • Strooimeisie-rokke: Geen
                • Trourok: Bridal Room
                • Venue: Bell and Blossom
                • Paartjie se verblyf: Bell and Blossom- Bridal suit
                • Vermaak: Geen
                • Vervoer: Chrysler c- 300- deur Familie Vriend
                • Videograaf: Infinity Times Infinity Productions
                • Huwelik kontrak: Louwrens Koen Attorneys
                • Wittebrood plek: 1st Plettenberg