Edmund & Ilze-Marie Booysen

STORIE:


Meisies droom van kleins af oor hulle groot dag en hoe hulle min of meer dinge sal wil hê en wie sou kon raai dat daardie klein meisie met dieselfde man gaan trou waaroor sy vir jare droom.  Haar “childhood crush” waaroor sy vir jare droom.  Nie die tipe wat soos ʼn ridder op ʼn witperd is nie, maar die tipe wat langs ʼn ou 59 Impala (en enige ander kar) met ʼn spanner in die hand sal staan en regmaak waar daar ookal iets fout is.  Een wat nie bang is vir werk nie en wat sy karre ken soos my ma haar resepte ken.

In dieselfde asem is dit ook elke meisie se droom om saam hulle pa daardie eerste en selfs die laaste stap in die kerk in te gee voor ʼn nuwe lewe begin.  Ongelukkig is my pa oorlede in 2019 en ek kon nie daardie droom van my behartig nie.  Na ʼn lang besluit het ek en my man besluit dat dit my oupa se voorreg gaan wees en dit as deel van sy 83ste verjaarsdag geskenk te vorm.  My oupa het op 16 Maart verjaar en die troue het ons ʼn dag na sy verjaarsdag op 17 Maart 2023 gehou.  Mens weet iets beteken baie vir iemand wanneer hulle so huil dat daar nie eers genoeg krag of woorde is om mekaar te kan groet nie.

Elke bruid beplan tot op die fynste detail wanneer dit by hulle groot dag kom.  Een van my vriendinne het my nader aan die tyd begin help omrede ek gereeld uit was op oudit en ek swot intussen so daar was nie veel tyd vir my om dinge te doen nie.  Ek moet sê al die beplanning het baie goed afgeloop behalwe hier en daar waar daar ietsie klein verkeerd geloop het maar darem nie te groot was om nie reg te stel nie.

Van die begin af het ek geweet watter tipe rok ek ingedagte gehad het.  Ek weet net ek het op tweedehandse bruidjie rondgeloer en daar het ek my droom rok gesien.  Sonder om ander rokke eers te pas het ek besluit dat daardie rok my rok is.  Waar, mans is gewoonlik nie gepla nie (wel myne) en hy was meer as bereid om net saam al my beplanning in te val en saam te stem.  Ons het besluit dat hy dieselfde as die strooijonkers gaan dra en het toe sommer sy klere by Mr Price aangekoop omrede dit net ʼn wit hemp met ʼn chino broek was.  Hy het gevoel dat trou oor die algemeen so duur is, hy sien nie dat ons die duurste wit hemp en ʼn broek gaan staan en koop as Mr Price hom net vinnig kan uithelp nie.

Vir maande het ons ons troudans geoefen met die hulp van sy ouers net om die week voor die tyd te besluit om slegs te sokkie.  Dit was so spesiaal om in die aande na ʼn lang dag by die huis te kom, die musiek aan te sit en ʼn oomblik van stilte saam te ervaar terwyl ons dans in die buitelig by ʼn braaivleis vuurtjie en fisies maar ook emosioneel reg te maak vir die groot dag wat oppad is.

Die hele beplanning van venue tot datum is baie spesiaal vir ons omrede dit alles behels waarvoor ons lief is.  Van ʼn biltong troukoek tot donuts op die tafel en “Burgers & Chips” as ons hoofgereg. Van maande se beplanning en uiteensit tot ʼn aand wat voel of hy in sekondes verdwyn, sal ek steeds niks wil verander nie.  Nie alles het altyd geloop soos dit moes nie maar vandag as mens terug kyk dan besef mens dis die klein dinge wat verkeerd loop wat mens die meeste oor lag.  Soos wie in die lewe sou kon raai dat mens ʼn biltong troukoek het, maar mens vra die venue om hom te verwyder sodat die gaste nie daarvan eet nie en dan is daar geen koek vir hulle nie.  Gelukkig bestaan daar plekke soos Checkers wat mens vinnig kan uithelp. 😅
Alles was vir ons spesiaal omrede alles persoonlik was.  Van menu’s op die tafel tot die gaste se geskenkies.  Die plexiglas wat ʼn skoon en rustige atmosfeer skep saam die hout. Alles vir ons was perfek!

Al het ek die keuse om die dag saam my man oor te doen, sal ek nie.  As ek vandag terug kyk en terug dink dan besef ek dis soveel meer as waarvoor ons ooit kom vra en al was dit ʼn klein “backyard wedding” sou ek steeds instem solank as wat dit saam die man van my drome is.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23034

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23034

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: SC Incorporated Designers and Planners het ons blomme vir ons opgemaak.
                • Bruidegom-pak: Die bruidegom het slegs ʼn wit hemp en chino gedra en dis aangekoop by Mr Price
                • Dekor: Droomplaas Function and Wedding Venue het die meerderheid vir ons gegee. Al die ekstra klein goedjies het ons self gedoen.
                • Fotograaf: Danica Photography (Sy het kort na die troue na Danica-SilverMount studios photography and videography toe verander)
                • Gaste Geskenke: My moeder het vir ons plantjies geplant in uitgekerfte hout stompe.
                • Grimering: Erike van Vanity Case Salon en 2 van haar helpers.
                • Hare: Erike van Vanity Case Salon en 2 van haar helpers.
                • Huurdienste: Ons het ʼn keuse gehad van dekor wat ons kon gebruik en dit was alles ingesluit by die paket van Droomplaas.
                • Huweliksbevestiger: Ds. D Van Zyl het dit behartig.
                • Juweliersware: My armband is aangekoop by Ravats deur my man as ʼn trougeskenk. My hangertjie het ek en ʼn vriendin self gemaak. My oorbelle was die perels wat ek elke dag dra.
                • Trouring: My verloofring is deur my man aangekoop by Sterns. Die troupante vir die bruid se ring is by Ravats aangekoop so ook saam die bruidegom se ring.
                • Troukoek: SC Incorporated Designers and Planners het dit vir ons laat doen.
                • Koördineerder: SC Incorporated Designers and Planners
                • Musiek: Ons het ʼn lys bymekaar gesit van wat min of meer gespeel moet word maar die platejoggie het meerderheid gekies.
                • Platejoggie: Die platejoggie is vriende van ons wat ons uitgehelp het vir die aand.
                • Skoene: Bruid se skoene is vanaf Shein bestel en bruidegom se skoene is by Mr Price gekoop.
                • Skryfbehoeftes: Rock’ng Laserworx het al ons skryfbehoeftes gedoen en so ook op dit gegraveer.
                • Strooimeisie-rokke: Ek het al my strooimeisie rokke vanaf shein bestel saam hulle nagklere.
                • Tente: Droomplaas Function and Wedding Venue
                • Trourok: Trourok is privaat aangekoop as ʼn geskenk van die bruidegom se ouers. Die rok is op Tweedehandse Bruidjie gesien en so het ek die vrou gekontak oor die rok.
                • Venue: Droomplaas Function and Wedding Venue
                • Paartjie se verblyf: My man het vir ons die aand van die troue plek bespreek by Emerald Resort & Casino.
                • Vermaak: Ons MC (my man se oom) het meerderheid van dit gedoen.
                • Vervoer: Ek het ʼn 1959 Chevrolet Impala by my pa geërf en dit was so ook ons troukar om my pa (Die bruid se pa) ook deel van ons spesiale dag te hê.
                • Videograaf: Ons het geen videograaf gehad die dag van die troue nie. Danica het toe nog net foto’s gedoen.
                • Huwelik kontrak: Ds. D Van Zyl het die kontrak vir ons behartig.
                • Wittebrood plek: Falcon Glen Hot Springs Resort (Ons wittebrood is deur familielede, Mnr en Mev Fourie, van ons vir ons gegee as ʼn trougeskenk)