Elizma & Phillip Rheeder

STORIE:


Ons trou storie het begin toe ek een middag na werk op Elizma se verjaarsdag, 18 kilometer ver fiets ry terug huis toe om voor haar by die huis te kom, sodat ek alles kan reg kry om haar te vra om te trou.  Omdat ek haar ken, het ek geweet sy wil hê ek moet haar intiem vra, alleen by die huis en nie in ʼn restaurant of tussen ʼn hele groep mense nie.  Sy het gelukkig ja gesê en ons kon toe ons troue begin beplan.  Ons het met sekere dinge geweet wat ons wil hê en hoe ons wil aantrek, maar ons het ʼn behoorlike ervaring van die beplanning gemaak en deur winkels gaan stap, op soek na inspirasie.  Maar die enigste struikelblok was die finansies.  Van Junie 2022 tot Mei 2023 het ons gebid dat God ons sal help daarmee, want alleen kon ons dit nie doen nie.

Uiteindelik in Mei 2023 het God ʼn deurbraak in ons finansies gemaak en ons kon tasbare items vir ons troue koop.  Voor ons ons trou venue gekies het, het ons in totaal 3 venues besoek.  Al 3 was noemenswaardig, maar toe Elizma na die derde venue in die kar klim en in trane uitbars, het ek geweet, by hierdie plek (Benedetto On Vaal), is waar ek ons avontuur as getroude paartjie gaan begin.  Wat vir ons spesiaal was, was die trou beloftes wat ons aan mekaar gemaak het, voor al ons geliefdes. Die kos was ongelooflik lekker en die kapel en die saal was pragtig, presies soos wat ons dit wou hê.  Ons DJ het die lekkerste sokkie musiek gespeel en ons het bitter min liedjies uitgesit. Ons sal aan almal aanbeveel om nooit terug te hou met jou troue nie, want as jy die regte lewensmaat gevind het, gaan jy vir die laaste keer trou, so maak dit ʼn troue vir die boeke!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23230

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23230

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Marie Hanekom
                • Dekor: Benedetto On Vaal
                • Fotograaf: Marais Nel Photography
                • Gaste Geskenke: Oh My Fudge
                • Grimering: Fablane
                • Hare: Fablane
                • Huweliksbevestiger: Koos Jooste
                • Troukoek: Marie Hanekom
                • Koördineerder: Benedetto On Vaal
                • Musiek: Eloff Kritzinger
                • Platejoggie: Eloff Kritzinger
                • Venue: Benedetto On Vaal
                • Paartjie se verblyf: Benedetto On Vaal
                • Vervoer: Benedetto On Vaal
                • Huwelik kontrak: Laage Schoeman & Stadler Attorneys