Ewanti & Reuben Vorster

STORIE:


Our beautiful love story started when we had our meet cue at Witsieshoek’s parking area in the Drakensberg.

Ons storie:
Die natuur is my en Reuben se tweede huis. Dis hier waar God se stem ego deur die natuur en vasslaan in ons harte. Hier tussen die eindelose avonture, vind ons lewenslustige siele rus, vrede en geluk. Ons liefdesverhaal het ons hier begin skryf, by dié plek wat naby aan altwee ons harte lê – Die Drakensberge. Ons liefdes verhaal begin by Witsieshoek se parkeer area in die Drakensberge waar ons stapgeselskap bymekaar kom voor ons begin stap.

Ons het só bietjie dinge anderste gedoen- hier is ons verhaal:
Op 25 Desember 2022 vra Reuben my of ons in dieselfde jaar sal trou as hy my vra, of gaan ons eers ʼn jaar wag omrede ek tans besig is met my Opvoedkundige Sielkunde meesters graad en ons ʼn langafstand verhouding het met hom wat in die Kaap werk. Ek moet eers my studies voltooi voordat ek in die Kaap by hom kan gaan bly weens my studie verpligting. My opgewonde antwoord aan hom is dat ons in dieselfde jaar sal trou as hy vra. Ons het besluit om op 16 Desember te trou omrede ek vakansie het tot Februarie en daarom sal ons 2 maande saam hê voordat ek moet terugkeer vir my studies in Johannesburg. Die 2de Januarie 2023 sê hy dat ek moet begin kyk vir onthaal fasiliteite vir ons troue met die oog om te bespreek. Ek was in ekstase van opgewondenheid en so begin die groot soektog. Ons het 170 gaste en moet ʼn fasiliteit kry wat die getal kan akkommodeer. Ek het besef dat ek alles voor my studies begin moet probeer klaar reël, omdat my studies baie intensief is. Op 16 Januarie bel ons ons ouers met die groot nuus! Ons trou 16 Desember. Die nuus is opgewonde ontvang en ons belowe dat Reuben nog amptelik sal kom ouers vra as hy weer in Pretoria is.

Ons troue is klaar op papier gereël. Na die oproepe aan ons ouers stuur ek dieselfde aand ʼn 29 bladsye gedetailleerde dokument van hoe ons spesiale dag moet lyk aan my ouers. Dit vervat al my en Reuben se drome vir ons dag, ons hartewense vir ons Vorster fees. Elke element van die troue is daarin ingegraveer-detail- van die seremonie, die trou klere, die blomme, kleurskema, die onthaal, ALLES!
Die een ding waaroor ek nie seker was wat ek wou hê nie, was my trourok. Ek bel vir Johan Botha wat my matriekafskeid rok gemaak het en sê vir hom dat ek graag wil hê dat hy my trourok moet maak. My vereistes is kort: Ontwerp asseblief my rok vir my, ek soek nie te veel bling nie, ek gaan tekkies dra en ek wil nie ʼn sluier dra nie, want my hare gaan in ʼn los vlegsel wees met klein orgideë in. Wat ʼn ervaring was dit nie die dag wat ek my materiaal gaan kies het nie. Ek en my ma het verskillende rolle materiaal uitgehaal by Metro in Pretoria se bruids materiaal afdeling en toe, toe sien ek dit! Die bome wat my herinner aan ons liefde vir die natuur uit geweef met lint en krale werk, fyn en subtiel. Dis vir my gemaak, dis my trourok materiaal was my opgewonde antwoord. Johan het my rok gemaak waarin ek soos ʼn feëprinses gevoel het, sag, fyn en feestelik. Al die verskaffer was teen einde Februarie gefinaliseer, behalwe die bloemiste. Ons “Save the Date” is uitgestuur na familie en vriende toe nog voor ons verloof was, omdat ons almal graag op ons troue wou hê en die 16de Desember ʼn vakansie dag is; baie mense begin reeds hulle vakansie hierdie tyd bespreek. Agterste voor beslis, maar bevoorreg dat al ons familie en by enkele uitsondering al ons vriende op ons Vorsterfees was. Ons het op 7 April, 2023 verloof geraak op die Drakensberg en daarna die amptelike trou uitnodiging gestuur met besonderse foto’s van ons verlowing op die berg. Die pad van ons troubeplanning was vol T-aansluitings, afdraaie en omdraaie, maar ʼn onvergeetlike reis. Ons wou ʼn unieke, intieme troue hê waar avontuur, feesvier en die natuur deel is van die dag. Dit moes ʼn feesviering wees van herinneringe maak, liefde deel, lag deel en dans. Die troureëlings was ʼn spesiale proses waar ons ons familie en vriende betrek het by die beplanning en ons reis.

Ons padkaart stoppe:

• Whatsapp groep
Ons het ʼn whatsapp groep gestig en elke week ʼn komiese dansles van een van ons familielede of vriende geplak om almal saam opgewonde te maak vir ons dag en ʼn paar danslesse gegee.

• Ons huweliksbevestiging seremonie
Ons vriend, Michael kom al die pad van Amerika af gevlieg om ons te kom trou. Sy boodskap is besonders – ons is nou mekaar se eerste prioriteit en familie. Ek het ʼn opname voor die tyd gemaak vir my skoonouers en vir Reuben. Dit wa gespeel vir hulle voordat ek saam met my pa in die kapel afgestap het. Ek was uitbundig opgewonde om my toekomstige man te sien en die opname was vir Reuben ʼn groot verrassing en baie spesiaal. My ma sê ek was ʼn “durracell bunny” wat sy in ʼn advertensie gesien het jare terug. Ek het getrippel en gehuppel en gebons van opgewondenheid. Ons het mekaar se voete gewas wat super spesiaal en gewyd was, maar ooh-wee, die tekkies aantrek na die tyd was nogal ʼn uitdaging. Ons belofte kaartjies is geskilder deur my kunsjuffrou met die Drakensberge op en ons het dit hardop vir mekaar gelees. My ma het die stoele in die seremonie versier met ʼn klein rangskikking van pouvere en gedroogte hydrangeas met “teal strikke”. Dit het gelyk of ek in my sprokies boek instap in die kapel.

• Troukoek
My ouma Dawn het ons troukoek gebak, die koek is Modimolle toe om oorgetrek te word en weer terug gery Pretoria toe, ʼn senutergende rit. My kunsjuffrou het die Drakensberg op ons troukoek geverf. Die bordjie heel-bo op die koek het gelei: “Love at first hike”. My ouers het ook vir my ʼn besonderse tafel gemaak uit ʼn stuk hou waarop die koek gestaan het.

• Die ringe
Die simboliek van ons ringe:
Vir my ring het ek ‘n Moss agate steen gekies, want dit simboliseer die diep liefde wat my hart het vir die natuur. 3 Blou London blue topaz stene, want my gunsteling kleur is blou; ‘n driedubbele tou: Reuben, Ek en God.
Reuben se ring: ‘n Pant met die Drakensberge op gegraveer, insluitend die punt waar ons verloof geraak het, aan Reuben se liefde vir die natuur en avontuur. Oom Chris, ʼn vriend van my pa het Reuben se ring gemaak.

• Detail van die dekor
My ma en pa het ʼn antieke spieël kas geverf vir die verwelkomings tafel. Die tafel is afgeskuur, geverf in die “teal” kleur van die troue en die spieëls langs die kante is oorgetrek met spesiale foto’s van my en Reuben se avonture en lewe saam.
Ek en Reuben het die menues met die hand gemaak.
Ek, my pa en my ma het die gaste dankie sê geskenkies gemaak wat klein kaasbordjies was met ʼn kaasmessie. Die boodskap vir die gaste gedruk op was papier was “Say cheese to many more smile and laughter. Thank you for joining us on our wedding day”.

• Tafels
My ma en my oumas het die gaste tafels se blomme en vrugte rangskikkings gemaak. Hier die was omtrent ʼn ompad. Ons troukleure was diep, warm winterskleure. Niemand kon by my prentjie uitkom nie, toe besluit my ma sy sal die blomme doen. Dit was alles en nog meer wat ek wou gehad het. Daar was ongeveer 80 kg se vrugte gepak. My ouers en skoonouers het gehelp om die tafels op te maak die dag van ons troue.

• Die onthaal
Die saal het geskitter met al die fairy lights, die kerse vlamme het gewapper in die wind en die blomme en vrugte het bygedra tot ʼn feestelike atmosfeer. ʼn Prentjie wat ons vir altyd sal onthou, ʼn prentjie waaroor ons menige komplimente gekry het. Hoe dit gelyk het was vir ons besonders, maar die pret, geselskap, dans en viering van ons liefde verseker die hoogtepunt van die aand. Dit was ʼn ongelooflike belewenis, ʼn begin van ʼn pad saam wat ons vir niemand kan beskryf nie.

• Ons gasteboek
Ons wou nie ʼn normale gasteboek gehad het nie, daarom het my ouma vir ons 170 kaartjies geskets, waarop die gaste ʼn avontuur nota kon gelos het. Dit was ons gaste boek.
Ons het ook ʼn swart canvas buite gesit by die canape area vir ons gaste. Ons het gevra dat elkeen vir ons ietsie sal verf of teken.

• Die simboliek van Reuben se borsspeld, my handryker se sleutelhouer en die leer by die verwelkoming tafel
Ons wou graag die sterk mans en vrouens eer wat agter ons staan. Ek het ʼn foto ketting houer in my handryker gehad wat ʼn foto van my oumas, my ma en my skoonma op gehad het en Reuben het ʼn borsspeld gehad met fotos van sy oupas en sy pa. ʼn Leer met trou foto’s van ons ouers en ons oumas en oupas wat by die welkom ingang gesit saam met die spesiaal geverfde Welkom tafel om hulle te vier.

• Pouvere
Ons het pouvere deel gemaak van Reuben se skouer ruiker, my handruiker, die kapel se blomme en die tafelblomme. Dit het so goed ingepas by ons kleurskema, maar dit het ook vir ons ʼn simboliese betekenis van ʼn nuwe begin saam, lojaliteit en liefde.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23238

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23238

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Tia’s Flowers
                • Bruidegom-pak: Bride and Co
                • Dekor: Self gedoen
                • Fotograaf: Soif de Vivre Imagery
                • Gaste Geskenke: Kaasborde: Self gemaak; Kaas mes: Take a Lot
                • Grimering: Studio Odette
                • Hare: Studio Odette
                • Huurdienste: Underplates: Loved Beloved
                • Huweliksbevestiger: Michael Burgard
                • Juweliersware: CRB Jewellers; Swarovski
                • Trouring: Terusa-ann Jewellery; CRB Jewellers
                • Troukoek: Dawn Bosman en Ilse Badenhorst
                • Koördineerder: Tonya Drinkwater
                • Musiek: Hennie Prinsloo; Voice over- Juandre Scholtz
                • Skoene: Poetry en Fabiani
                • Skryfbehoeftes: Self gemaak
                • Strooimeisie-rokke: Suzy J
                • Trourok: Johan Botha Fashion Design
                • Venue: Ever Be Wedding Venue
                • Paartjie se verblyf: Honeymoon verblyf: Peter- Company: Fly me to the moon
                • Vervoer: Ouers
                • Videograaf: Soif de Vivre Imagery
                • Wittebrood plek: Motswari Private Game Reserve and Maritius