Gerhard & Adré Liebenberg

STORIE:


Op 23 November 2010, op die ouderdom van 19, het ek die voorreg gehad om die man van my drome te ontmoet.  Hy was gaaf, vriendelik, spontaan en het my laat lag tot ek nie meer kon asemhaal nie. Die belangrikste van alles? Hy was respekvol, goedhartig en bedagsaam teenoor my ouers.  Op 16 Desember 2010 vra hy my op een knie (nadat hy my ouers se toestemming gevra het) om sy meisie te wees.  Ek wou uit my vel uit spring van geluk!  Amper ʼn volle tien jaar later, op 4 Oktober 2020, terwyl ons oor die hele Franschhoek uitkyk met valskermswewers wat kom en gaan, gaan hy weer op een knie en vra my om te trou.  Ek kon nie eers in woorde antwoord nie, maar eerder met ʼn opgewonde “Mm mm!”  Ek wou eers klaar studeer, so die trouplanne moes eers ʼn bietjie wag, maar toe, op 18 November 2023, het ons uiteindelik voor ons naaste familie en vriende gestaan en ons lewe saam as Meneer en Mevrou Liebenberg begin.

Aanvanklik het ons ʼn ander trou venue ingedagte gehad, maar het later, weens persoonlike redes, van venue verander.  Ons woon sedert April 2022 in Kuilsrivier en is met ope arms in die Kuilsrivier Suid Gemeente verwelkom en aanvaar.  Toe ek die eerste keer vir Dominee Jannie du Plessis ontmoet het, het ek geweet hy moet ons trou.  Hy het my onmiddelik so gemaklik laat voel en Gerhard het dieselfde ervaring gehad.  Kommunikasie is vreeslik belangrik vir ons en met Dominee Jannie kan jy sonder vrees en openlik praat vanaf iets heeltemal laf tot jou ernstigste hartsake. So is ons ook met mekaar. (Gerhard is my beste vriend en ek sal hom tot in ewigheid vertrou en liefhê.)  Gelukkig vir ons, is die personeel by Kuilsrivier Suid Gemeente vreeslik behulpsaam en betrokke.  Henriette Novella, ons kontak by die kerk, was altyd gereed en bereid om te help.  Ons kon saamwerk om die dag die beste dag ooit te maak en dit was beslis die perfekte dag! Ons was verskeie kere, in die maande voor ons troue, by die kerk om te verseker dat ons alles reël volgens beide van ons se voorkeure.  Beide van ons was by elke liewe besluit betrokke dit is immers beide van ons se troudag en dit was só lekker om dit saam te reël en realiseer.  Dit was vir my baie belangrik dat dit nie net soos MY droomtroue moet lyk en voel nie, maar ONS sʼn.

Alles het vir ons in plek geval nadat ons die kerksaal as venue gekry het.  Ons broodtafel, hoofmaal, nagereg en troukoek was vinnig vinnig gereël en elke diensverskaffer was ongelooflik behulpsaam en vriendelik.  Aangesien ons iets anders vir ons hoofmaal wou hê, het ons op ‘n spitbraai besluit. Die dekor het ons saam gaan uitkies en ʼn bietjie rondgespeel met hoe ons die uitleg van die tafels wil hê.  My vriendin en kollega, Alida, het gehelp met die kies van ons “runners” se materiaal.  Dit was soveel pret om haar saam met my en my ouers in die materiaalwinkel te hê! Ons gesinne het die Vrydag voor die troue die saal saam gaan opmaak en my skoonsuster het vir ons die oulikste t hemde laat druk wat dit net soveel meer spesiaal gemaak het. Gerhard se tannie van Bela Bela het saam met my pa die troukoepel vir ons versier, my ouers en skoonouers het vir ons dekor aangery (en die volgende dag weggery) en my skoonsuster het die blomme vir ons gereël en gerangskik.  Die personeel by die kerk het aan die einde van die aand gehelp om alles op te pak. Ons is bevoorreg om die wonderlikste verhuurder te hê hy en sy meisie het oók gehelp om op te pak en het selfs vir ons goed weggery en by hulle gehou.

Beide ek en Gerhard wou graag blomme en lig by ons troue hê en te danke aan ons diensverskaffers het ons dit gekry!  Dit was ʼn magiese prentjie om te aanskou toe ons by ons saal instap nadat ons die “ja woord” gegee het. ʼn Baie spesiale gesig om te aanskou was die blomme-gordyn wat my kollega en vriendin, Teresa, vir ons gemaak het.  Dit het agter die bruidstafel gehang en het my laat voel asof ons in ʼn feetjietuin sit. ʼn Ander spesiale element was in die vorm van nagmaal wat ons saam met die dominee as deel van ons seremonie gehad het.  Wat die danse betref, het ons drie belangrike danse gehad: ons eerste dans, ʼn dans met ons ma’s en die pa dogter dans. Dit was vir ons ʼn groot voorreg om dit te kon doen.  Ons twee hou baie van Country musiek en Gerhard het die perfekte liedjie vir ons eerste dans gekies “I’ll name the dogs” deur Blake Shelton. Dis een van ons gunsteling liedjies en die lirieke is so mooi! Die pa dogter dans was op ʼn baie spesiale liedjie, “Butterfly kisses” deur Bob Carlisle.  Dis ʼn liedjie wat my pa altyd vir sy drie dogters gespeel het en was nog altyd die liedjie waarop ek eendag saam met my pa by my troue wou dans. (Ek is ʼn “daddy’s girl”.)

Om eerlik te wees, elke liewe oomblik van ons troue was vir ons ongelooflik spesiaal!  Die glase waaruit ons ons vonkelwyn gedrink het, is ook deur my ouers, sowel as albei my susters, op hulle troues gebruik en ons koekmes en -opligter was my ma se peetma s’n en is 60 jaar oud.  ʼn Reuse geskenk het gekom in die vorm van my suster en swaer wat al die pad van Skotland af gekom het om die dag saam met ons te vier. (Sy was my hoofstrooimeisie en het ook al die pad uit Skotland my Bruidsfees gereël!)  In ʼn oogwink was die saal gereed en was dit tyd om huis toe te gaan.  Ek het die aand voor ons troue by my ouers oorgeslaap, want ek wou graag uit my ouerhuis trou.  Gerhard het die aand rustig by die huis saam met ons twee katte deurgebring (die middag van die troue was hy nog ʼn uur voor die seremonie besig om in ons tuin te werskaf).

Al die ontwerpe (die wynbottel etikette, dankie-geskenk etiket, spyskaarte, tafellys, verwelkomingsbordjie) is deur die baie talentvolle Caitlin Walker van die maatskappy Kairos gedoen.  Sy is in Frankryk geleë, maar het alles so persoonlik en professioneel gedoen dat dit gevoel het asof sy hier by ons was!  Sy het die wyn en vonkelwyn vir ons gereël, alles ontwerp en soms herontwerp en het self met die drukker gekommunikeer. Die ontwerpe was so besonders ons in wese en sy het alles met soveel sorg en liefde gedoen.  Aanvanklik sou ons net met blomme gegaan het, maar in die maande net voor ons troue, het ek baie skoenlappers begin sien en dit was vir my so spesiaal dat ek dit graag wou inkorporeer.  Sy het my selfs die aand voor en oggend van ons trou gekontak om te vra of daar nog iets is waarmee sy kon help en ons gelukgewens met ons spesiale dag.

My trourok het ek per ongeluk gevind. Ek het al vier “Bridal expos” bygewoon en na afloop van een was daar ʼn “pop up” winkel in Tygervallei waar van die ontwerpers hul rokke uitgestal het.  Ek het gegaan met die indruk dat dit alles “sample sizes” sal wees en dat daar nie iets sal wees wat vir my gaan pas nie, maar toe haal Ilse Roux self ʼn rok van haar rak af wat my asem weggeslaan het. Die perfekte rok met ALLES wat ek in ʼn trourok wou hê.  Die beste deel? “It has pockets!”  Elke liewe verstellingsessie was soveel pret en so persoonlik.  Ek het op die wolke gesweef elke keer wat ons daar was. Gerhard het saam met sy pa gegaan om sy pak te kies en het op ʼn pragtige sand-kleurige pak besluit.  Dit was perfek vir ons Lente troue.  Sy pa was die enigste man in sy gevolg hy is die enigste seun en het vreeslik baie respek vir sy pa en dit het net reg gevoel om hom voor by hom te hê.  My susters is my beste vriendinne insluitend my skoonsuster.  Hulle was my gevolg en het elkeen hul eie rok gekies.  Ek wou hê hulle moes gemaklik wees en kies wat die beste by hulle pas en hulle het perfek gelyk!

Ons fotograaf, Tertius Gous, het die perfekte plek vir ons foto’s gekies en het die ervaring só lekker gemaak!  Een van die grootste komplimente wat ons kon kry, was van ons fotograaf en ons “photobooth” fotograaf. Beide het aangedui dat hulle ons troue baie geniet het en dat almal hulle so welkom, tuis en gemaklik laat voel het.  Ek is so bly dat hulle die dag saam met ons kon geniet. Ek is ongelooflik dankbaar vir elke persoon wat gehelp het, wat ons gelukgewens het en wat die dag saam met ons kon vier.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23028

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23028

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Bunches for Africa (gerangskik deur my skoonsuster en skoonma)
                • Bruidegom-pak: Mr Suit Hire (Cape Gate)
                • Dekor: Self
                • Fotograaf: Tertius Gous Photography
                • Gaste Geskenke: Self
                • Grimering: Arc Beauty
                • Hare: Crazee Creations
                • Huurdienste: Function Hiring 4U & Schoongezicht
                • Huweliksbevestiger: Dominie Jannie du Plessis
                • Juweliersware: Oorbelle: Lovisa. Haarstuk: Blingalicious
                • Trouring: Bruid: Browns Jewellers. Bruidegom: NWJ
                • Troukoek: Baking Lida (Lida Conradie)
                • Musiek: Douglas Sangster
                • Platejoggie: Douglas Sangster
                • Skoene: Quiz
                • Skryfbehoeftes: Kairos (gedruk by 3@1 Plattekloof)
                • Strooimeisie-rokke: Bride & Co; Mango; Just dress it up
                • Trourok: Ilse Roux Bridal
                • Venue: NG Kerk Suid Gemeente, Kuilsrivier
                • Paartjie se verblyf: Elim B&B, Kuilsrivier
                • Vermaak: VW Kombi Photobooths; grasperkspeletjies (deur die kerk voorsien)
                • Vervoer: Johan Vorster, jare lange kollega en vriend van my pa, verhuur ou motors vir troues. Hy het as ʼn trougeskenk vir ons sy 1933 Plymouth laat gebruik en het self vir my na ons trou venue geneem.
                • Huwelik kontrak: Kets Attorneys
                • Wittebrood plek: Edinburgh, Skotland