Gerhard & Leandri Rabie

STORIE:


Daar is so baie idees daar buite oor die perfekte troudag. Ons het na soveel verskillende idees gekyk en toe besluit om net te gebruik wat belangrike betekenis vir ons as ʼn paartjie het. Ons wou dit persoonlik en spesiaal maak – beide vir ons en ons gaste.

Buiten ons groot besluite oor plek, datum, en bruidsgevolg, was daar ʼn paar ekstras wat ons troue spesiaal gemaak het:
– Gedenkmuur
– Nagmaal tydens ons seremonie
– Blommemans wat toertjies gedoen het
– Cartoon kunstenaar wat gaste geskets het
– Vriende wat tydens ons seremonie gesing het
– Wonderlike MC wat die gaste vermaak het
– ʼn Trou koerantjie
– Familie en vriende het gehelp konfetti bymekaar maak. Gerhard het ons konfetti staander self gemaak.
– Gerhard het ʼn monogram met ons voorletters en van gemaak.
– Sparkles wat die gaste met die eerste dans vasgehou het

Die was ook vir ons spesiaal om ons name in ons venue se houtbrug te brand.

Verder het ons ouers baie gehelp en bygedra aan ons troue. Van die heel begin af was hulle betrokke. Dit het vir ons baie beteken om hulle deel van die beplanning te hê.

Ons het gegaan vir danslesse om ons eerste dans te bemeester. Dit was ʼn groot sukses en selfs die pa en dogter dans was baie uniek.

Leandri & haar pa het op “Sproetjies” gedans en toe oorgeskakel na ʼn jive liedjie wat die gaste vreeslik geniet het! Sonder danslesse sou ons dit nie kon doen nie.

Die dekor en blomme het ons asem weggeslaan. Daar was kerse, lelies, fairy lights en groenigheid orals.

Ons diens was besonders, en het die heiligheid van ons huwelik bevestig met die son wat voor ons gesak het.

Ons het elke oomblik van die groot dag vreeslik geniet. Dit was beslis die beste dag van ons lewens. Met soveel liefde, dans, lag en feesviering was dit ʼn perfekte dag.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23157

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23157

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Suikerbekkie
                • Dekor: Suikerbekkie
                • Fotograaf: Celeste Cilliers
                • Gaste Geskenke: Michael Angelo – Cartoon Artist
                • Grimering: Kaila Botha – Sculpted by Kai
                • Hare: Josh – Hair by Josh
                • Huweliksbevestiger: Ds Darius Van der Schyf
                • Trouring: Beaudell & Poggenpoel
                • Troukoek: Marike Van Aswegen
                • Koördineerder: Lauren – Cradle Valley
                • Musiek: DJ Rowan – Perfect Tone
                • Platejoggie: DJ Rowan
                • Strooimeisie-rokke: Bridal Alchemy
                • Trourok: Fynbos
                • Venue: Cradle Valley
                • Paartjie se verblyf: Cradle Valley
                • Vermaak: Tammy & Gerald
                • Videograaf: Kyle Cresswell
                • Wittebrood plek: Bali