Gideon & Ansu Geldenhuys

STORIE:


Die stilte voor die storm.

Ons is getroud op die 23ste September 2023 net voor die groot storm die Kaap getref.
Ons trou was ONS! Elke oomblik van die dag het Geldenhuys geskreeu.
Blomme gerangskik van die dak tot die vloer, flikkerende kerse wat die atmosfeer romantiese geverf het, vinger-af-lek lekker kos, musiek wat die aand vroeg oggend maak en omring met getuies, die mense vir wie ons die liefste is.

Ons het in November 2022 verloof geraak en dadelik weggespring met die beplanning vir ons groot dag, elke klein dogtertjie se droom. Ons het geweet by Elim, in die hartjie van die Ceres-karoo, wil ons trou. Die eienaars van dié venue het vir beide van ons skool gegee, hulle is familie en hulle ambisie is net so groot soos ons sin om die dag spesiaal te maak.
Ons het wel vinnig besef dat ons nie die dag alleen gaan kan aanpak nie en het defnitief ‘n trou-beplanner nodig. So het ons Dané genader vir hulp en bystand. Sy het die las dadelik soveel ligter gemaak op ons twee se skouers en saam ons die pad gestap om die beplanning van die troue te vergemaklik.

Ansu, soos die prinses wie sy dink sy is se idee was altyd duidelik – blomme, baie blomme en dit moet oral wees. Blomme wat hang uit die dak, blomme op die tafels en blomme in die voorportaal – alles presies soos sy daaroor gedroom het. Die dekor moes die bruidspaar se persoonlikhede beklemtoon: sag, lig en romanties.
Vir Ansu was die kos en haar rok net so belangrik. Vir weke het die bruidspaar elke week by die venue gaan eet, verskillende slaaie geproe, die vleis laat verander en dan weer terug verander en gespeel met hoe die kos voorgesit moet word. Die rok was omtrent ‘n proses! Jy kry net een troue, maar dit beteken gelukkig nie net een trourok nie. So het is daar vir weke na prentjies gekyk, knopies vasgewerk en geskuif, moue geskuif en hakkies gepas todat al drie haar prentjies in een rok kon verander. Of soos mense dit by die troue genoem het: ‘n “Three-in-one”. Een rok wat in ‘n oogwink kon verander van ‘seremonie rok’, met die afgly van ‘n mou, na ‘Eerste-dans rok’ na, met die losmaak van ‘n knopie, ‘die-vloer-warm-dans-saam-vriende rok’.
En so het die prinses se droom rok ‘n werklikheid geword.

Gideon het gedwee ingestem vir al die idees wat sy prinses wou hê. Gideon is ‘n boer, hy is nie gepla of sy pak opgedollie is of nie solank hy netjies is. Maar dié boer het ‘n droom van sy eie gehad. Sy enigste vereiste vir die dag was dat sy beste vriend vanaf graad 1, sy strooijonker, se pa ons trou. EN hy wou lekker troukoek hê.

Ons as bruidspaar wou die dag net geniet, elke oomblik inneem en net lekker partytjie hou en dit was presies wat ons gedoen het! Op die maat van musiek, met ons geliefdes om ons, het ons die oomblik inneem en net lekker partytjie hou en dit was presies wat ons gedoen het! En nou kan ons saam as gelukkige getroudes terug sit en kyk na al die mooi herrineringe vir ewig vasgevang in fotos.
Die storm is verby, nou begin ons storie saam.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23013

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23013

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Dane Verwey Floral
                • Bruidegom-pak: Tux Tailor Willobridge
                • Dekor: Dekor gehuur vanaf verskeie plekke en Veil Event het dit stileer.
                • Fotograaf: Lilac photography
                • Gaste Geskenke: Ons het self die geskenkies gemaak.
                • Grimering: Kari Stofberg
                • Hare: Kari Stofberg
                • Huurdienste: Okkasie, Wilgenhof – stoele, Sitting Pretty,
                • Huweliksbevestiger: Ds Toit Conradie
                • Juweliersware: Oorbelle – Hello Haai , armband- Viljoen juweliers
                • Trouring: Viljoen juweliers
                • Troukoek: PJ Lombard
                • Koördineerder: Veil events – Dané
                • Platejoggie: DJ Wico
                • Skoene: Lena Lisa
                • Skryfbehoeftes: Indelible design studio
                • Strooimeisie-rokke: Minimaal sewing studio
                • Trourok: Christelle Botma
                • Venue: Elim venue
                • Paartjie se verblyf: Arum Lily log cabins
                • Vermaak: Geen
                • Vervoer: Ons het ons eie motor gebruik.
                • Videograaf: Zeven videografie
                • Huwelik kontrak: Davin Prokureurs
                • Wittebrood plek: Dubai