Hennie & Leandri Naudé

STORIE:


Sprokie verander in werklikheid…

Op 6 Oktober 2023 by die idilliese Green Leaves in Harties, voor al ons hartsmense, word ons Man en Vrou- Mnr & Mev Naude.

Ons storie is die weerspieëling van die gesegde “alles gebeur vir ʼn rede”.

Praat van twee verskillende wêrelde, maar as dit vir jou bestem is, sal jy altyd jou perfekte ander helfte en pasmaat kry. Dit is ook hoe ons sprokie begin het.

Ek het maar gewoonlik op my studies konsentreer en sosiale skoenlapper is ek nie. Tydens ‘n braai, het my paaie met Hennie gekruis. Heel onbeplan.

Dit was spreekwoordelik daai liefde met die eerste oogopslag en ons het albei daar en dan die konneksie gevoel en Hennie nog vir sy broer gesê, hoe die sy trouvrou is. En vir eerste keer in my lewe het ek in my hart, sonder enige huiwering die man gesien met wie ek ‘n pad sal en wil stap.

Die trou beplanning was ʼn lekker uitdaging en ons het so mooi saam gewerk en het gesê dis ons altwee se troue, so ons het altwee ‘n sê, wat die besluitnemingsproses net soveel makliker gemaak het. Ons was so rustig oor die troue, dat my ouers begin inspring het om te help, want hulle het gevoel ons is te kalm. Ek moet bysê, was dit nie vir my ma en pa wat wat ingestaan het vir ons gevolg nie, sou alles nie so vinnig in plek geval het nie.

Dat ons in ‘n klipkerk, voor ‘n dominee, met ons hartsmense, die groot stap wil vat, was vir my en Hennie genoeg om die soektog te begin en te weet wat ons wil hê.

Met ons gevolg wat in die Kaap bly, was ek geseënd om my ma en my tannie aan my sy te hê en hul op videocall in te kry, tydens die rokke soek ekspedisie – Ek het nog nooit aan trou eers gedink nie, want sou volgens my, vir ewig by my ouers bly. Sonder enige spesifieke idee, het ek net geweet ek sal onmiddelik weet, wanneer ek DIE rok aan het. My rok was iets besonders, hy het die mooiste lace bo-kant gehad met ʼn lae snit by die rug en ʼn chiffon skirt train met die mooiste lace patrone. Die slit was nodig oor my skoene ook hul eie storie vertel het. My man se suit was seker die maklikste om te kry veral as jy weet wat jy soek.

Ons dekor was sag, elegant en uniek, presies hoe ons dit wou gehad het. Die kleure het alles so mooi saamgewerk, van die blomme wat gebruik was tot die kerse en runners op die tafel, dit was net asemrowend mooi. Dan ook natuurlik my gunsteling was die “blushing bride” mini protea, wat spesiaal ingevoer was om deel te vorm want die skulp waarin ons ringe was.

Ons gevolg was mense wat naaste aan ons was en met 4 manne as ons gevolg, was ek die enigste roos tussen die dorings, voor die kansel.
Die dag het begin met ‘n belofte van ‘n snikhete dag tydens ‘n hittegolf. Dit het nie sonder voorvalle afgegaan nie, maar tydens dit alles was daar net ‘n kalmte oor my gewees. Ek het sekerheid gehad dat ek nie meer kon wag nie.

Mooimaak en elke haartjie in sy plek kry, het vroegoggend na heerlike ontbyt begin. Die dag was gevul met soveel hoogtepunte en ek sal niks verander nie. Die blomme wat ek in die skulp moes kry vir ringe, is ingevoer en was nog van die lughawe oppad, maar dit was ook net-net betyds daar en ek was nie eers gestres nie, want ek het geweet alles sal uitwerk soos dit moet.

Om my rok eventueel aan te trek, was ʼn besef van die groot stap wat ek gaan maak en ek was nog nooit so gereed soos op daai oomblik nie.

My pa se gesig en die trane wat ons gestort het toe hy my sien, het my laat besef hy sien sy baba as ‘n volwaardige vrou en ek het soos die mooiste prinses gevoel. Hy het my verras met ‘n spesiale armband wat hy laat ontwerp het en wat my ouma, wat ongelukkig voor ons troue oorlede is, se troupand diamante ingekry het, asook een diamant van my ouers. Niks is meer spesiaal as dit nie – My “something old and new”, sommer in een – Iets wat ek elke dag dra.

My ma en tannie het die kerk ingegaan saam met my spesiale 2 manne, wat my gevolg opgemaak het.

Die deure is toegemaak….my stem was die volgende wat die gaste en my aanstaande gehoor het, waar ek vir hom ‘n baie spesiale boodskap oorgedra het, uit my hart.

Die troumars begin, deure gaan oop en daar voor in die kerk, staan my droomman. In die kerk sit ons Hartsmense. Ons nuwe hoofstuk begin. Trane loop van dankbaarheid en vreugde. Ons vleg 3 toue wat simboliseer dat ‘n tou van 3 drade, sterker is as 2 – Ons moet God altyd aan die stuur van ons huwelik hê en ons moet so saamstaan in geloof. Respek, kommunikasie en onvoorwaardelike liefde, is die fondasie van ons huwelik en ons is mekaar se beste vriend.

Ons het die koek gesny, waarop ons spesiale “cake Topper” was, wat ook ons dierekinders ingesluit het.

Foto tyd en ons het ongelooflik baie pret gehad. Vandaar is ons saal toe. Mnr & Mev Naude doen hul dans om dansbaan te open en hoe heerlik om skielik net aan mekaar te behoort.

Heerlikste kos, liefde deel en kuier tot laat. Ontbyt die volgende oggend saam met die familie, het die trounaweek volmaak afgerond.

Die dag het ons net weereens laat besef dat God se plan groter is as ons s’n. Alles was net so perfek en het mooi in mekaar gepas. Van beplanning tot verloop van ons spesiale dag. Dit was soos iets uit n sprokies verhaal.

Almal het hulle gate uit geniet en dit was vir ons n fees om so spesiale dag te kon vier met mense naaste aan ons. Ons het nog na die tyd gesê ons wil dit weer doen. So n dag laat mens besef hoe belangrik familie en vriende vir jou is.

Die dag het beslis al ons boksies getick van ʼn droom troue. Die dag was werklik so spesiaal en mooi, dis eintlik moeilik om die regte woorde te kry om dit beskryf, mens moet dit self ervaar.

Twee lewens, twee harte, twee siele het een geword.

Wat ‘n wonderlike voorreg om so sprokie te kan leef, elke dag.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23264

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23264

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Here’s to Forever Weddings and Events – Mette Swanepoel
                • Bruidegom-pak: Eurosuit Rivonia
                • Dekor: Here’s to Forever Weddings and Events – Mette Swanepoel
                • Fotograaf: Kolab Kreativ – Michelle en Dewald
                • Gaste Geskenke: Leo’s Little Jars – Léonore
                • Grimering: Mari van Dyk
                • Hare: Salon Windverwaaid – Adel, Flambojant – Haarstuk
                • Huweliksbevestiger: Ds. Pieter Fourie
                • Juweliersware: American Swiss, Bridal Wardrobe, Orbit Rings, Ahmed Jewellers
                • Trouring: American Swiss
                • Troukoek: A Taste of Heaven Cakery – Marcel, Magic Touch Clay Studio – Linki
                • Musiek: Gauteng DJ
                • Platejoggie: Gauteng DJ – Henk
                • Skoene: Aldo Online, Kallie Vellies – Leatitia
                • Skryfbehoeftes: Design an Invite – Tamarin, RyQ’s Gifts – Maryke, Dickybird Designs – Tanya, Dreambox Designs – Sonia
                • Trourok: Bridal Wardrobe Lynnwood
                • Venue: Green Leaves Country Lodge and Venue, Hartbeespoort
                • Paartjie se verblyf: Honeymoon Suite, Green Leaves Country Lodge and Venue, Hartbeespoort
                • Vermaak: MC – Altus Venables
                • Videograaf: Kolab Kreativ – Michelle en Dewald
                • Huwelik kontrak: Chantel van Heerden Incorporated
                • Wittebrood plek: Ballito