Henrico & Angelique Nothnagel

STORIE:


Ons het vir amper 2 jaar beplan aan ons perfekte dag en so “cliché” soos wat dit mag klink, was ons dag meer as perfek. Die trou beplanning was eintlik vir my lekker gewees. Ons troue se kleur tema was sagte sage groen, wit, swart en goud.

Plek: Ons was so geseënd om op die pragtige wyn plaas (La Roche Estate) te trou waar Henrico tans die plaas bestuurder is. Die kerkdiens was in die Sanctuary gewees. ʼn Pragtige gebou op ʼn eiland in die middel van ʼn dam waar dit ʼn heeltemal unieke ervaring bied. Ons fees viering was in die Festival Hall. ʼn Noukeurig gebou met ʼn ruim saal wat die Italiaanse afwerkings en Romeinse argitektoniese ontwerp van die Sanctuary weerspieël.

My Rok: Ek het ʼn klassieke en elegante styl vir my trourok gekies, wat so mooi gepas het by die hele gevoel van ons troue. Die af-skouer ontwerp het my skouerlyn so mooi gekomplimenteer en die diagonale plooitjies het alles mooi afgerond.

Dekor: Ons troue was ʼn viering van tydlose elegansie en sjarme. Die tafels was versier met pragtige wit kerse wat ʼn sagte, romantiese gloed regdeur die saal geskep het. Eucalyptus blare was regoor die tafels gerangskik wat as ʼn welige en organiese tafelloper gedien het en ʼn natuurlike skoonheid tot die saal gebring het. Die houttafels en kruis lening stoele het ʼn rustieke gevoel mee gebring wat perfek by ons tydlose elegansie en sjarme tema gepas het. Elke sitplek het ʼn swart bord en blink goue eetgerei gehad wat elegant gerangskik was langs ʼn room-materiaal servette. Dit het ʼn gesofistikeerde kontras tot die rustieke elemente gevoeg wat mekaar besonders goed gekomplimenteer het. As ʼn teken van ons dankbaarheid het ons Wedgewood bon-bon nougat, in ʼn pragtig swart versierde blomme-bokse, vir elke gas op hul voorgeskrywe sitplek gedek. Elke aspek is noukeurig saamgestel om ʼn atmosfeer van liefde, warmte en tydlose skoonheid te skep.

Na die uitruil van geloftes, was dit tyd om partytjie te hou. Dit het vir ons groot vreugde gebring om al ons vriende en familie by mekaar te gehad het vir ons spesiale dag. Glimlagte was volop, en al was dit in ʼn oogwink verby, was elke oomblik so perfek.

Dit was ʼn dag vol liefde en onvergeetlike herinneringe wat vir ewig in ons harte sal voortleef. Ek het met my beste vriend getrou, en het geen twyfel dat ons die res van ons lewens gaan hê om net nog wonderlike herinneringe saam te maak nie.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23235

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23235

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Make my Day Floral
                • Bruidegom-pak: Suit Hire Paarl
                • Dekor: Basson & Basson
                • Fotograaf: Marelize Bosman Photography
                • Gaste Geskenke: WedgeWood Nougat
                • Grimering: Mont Romay
                • Hare: Mont Romay
                • Huurdienste: Wilgenhof Estate
                • Huweliksbevestiger: Johan Crous
                • Juweliersware: Takealot
                • Troukoek: Bruid
                • Koördineerder: Deja Reve Events
                • Musiek: Cape Djs
                • Skoene: Shein
                • Skryfbehoeftes: Bruidegom
                • Strooimeisie-rokke: Mel H Designs
                • Trourok: Juanri Image Consultancy & Fashion Designer
                • Venue: La Roche Estate – Franscchoek
                • Paartjie se verblyf: GlenWood Vineyards – Franschhoek
                • Vervoer: Theunis Bredenhann – Familie
                • Videograaf: GrootDors Produksie
                • Huwelik kontrak: HvR Attorney
                • Wittebrood plek: Thailand – Phuket