HJ & Marjorie Malan

STORIE:


Na 7 jaar se wag en wag het HJ my uiteindelik op 17 April 2022 die Ja-woord gevra.  Dit was die Beste dag van ons lewes – so het ons gedink.  Vat ons ʼn hele 16 maande later na die dag wat eintlik die beste dag van ons lewens was.  26 Augustus 2023 presies 8 jaar na hy my sy meisie gemaak het word ek uiteindelik sy vrou.  Wat ons dag soveel meer spesiaal gemaak het was die feit dat ons op ons heel eerste verhouding herdenking ook nou ons huweliksherdenking gaan vier.  Of het ek Marjorie dalk met ʼn plan gewerk dat HJ nie ons trou datum kan vergeet nie – wink, wink.

Trou beplanning was al die pad “smooth sailing” omdat ek so ʼn perfeksionis kan wees en HJ verseker my kalmeer middel met elke oomblik was. Ons familie en vriende het soveel gehelp en ons is so dankbaar vir elke familie lid en vriend in ons lewens wat ons by gestaan het in ons 16 Maande beplanning.

Ons venue was my heel gunsteling deel van ons troue ons is by Pepper Tree Guesthouse and Venue in Bloemfontein getroud.  Pepper tree se span was 100% daar vir ons met elke stap. Hulle het my so kalm gehou en alles was op hulle plek. Ons dekor is ook deur hulle gedoen en hulle het my prentjie so mooi uit een gesit.  Blomme was deur my stief ma gedoen Daleen van Pletzen en sy het elke detail uit haar hart gedoen en ons was so tevrede.

Ons het ook ons beligting deur Drape Inc gedoen en Karl was die Beste sy diens was ongelooflik goed en hy weet wat hy doen. Dit was ʼn element wat uit en uit die moeite werd was.

Spesiale oomblikke van ons troue strek van ʼn stemnota wat ek vir hom opgeneem het wat gespeel het net voor ek in die kerk in gestap het tot die traan wat hy so oulik gepik het met my instap.  Nog oomblikke was ons koek sny wat vir my baie spesiaal was. Ons eerste dans en natuurlik die hele aand se partytjie hou.

Ons trou klere is reg oor die land gedoen.  Ek het my rok by Whimsical Bridal Somerset Wes gehuur en daar is ek soos ʼn prinses behandel. Elke stap om my droom rok te kies was noukeurig gevolg.  Nie een keer het ek onwelkom gevoel nie.  Hulle diens was ongelooflik en hulle span was dierbaar.  Hulle het my rok perfek volgens my mates af gewerk en hy het soos ʼn handskoen gesit met net 2 keer se pas.  Dankie Whimsical Bridal Somerset Wes.

HJ se Pak het ons gekoop volgens sy mates by Stanwell Bloemfontein en hierdie proses was so vinnige en pynloos.  Well wat kan ek sê hy is so aantreklik dat hy die pak so mooi vol gestaan het.

Ons al twee se juwele is deur die bekende HDL Juweliers in Mimosa Mall Bloemfontein gemaak.  Hulle diens met die maak proses van my ring en troupand was so uitstekend.  Die pad wat ek saam Mylanie Laubscher en haar span gestap het was so lekker. En hulle het soveel moeite gedoen met ons al 2 se ringe.

As ek alles saam moet op som kan ek net sê dat dit die dag van my drome was en dat ons die beste tyd gehad het. Ons is so tevrede met ons dag en dit was so ʼn lekker dag saam al ons familie en vriende.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23224

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23224

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Stief Ma – Daleen van Pletzen
                • Bruidegom-pak: Stanwell Bloemfontein
                • Dekor: Pepper Tree Guesthouse and Venue
                • Fotograaf: Chantal Photography
                • Grimering: Foxy Beauty Make-up Artistry
                • Hare: Letitia Cloete by Beauty Square Salon
                • Huurdienste: Beligting – Drape Inc
                • Huweliksbevestiger: Ds. Jan Lubbe
                • Juweliersware: HDL Juweliers
                • Trouring: HDL Juweliers
                • Troukoek: Let’s Crunch
                • Musiek: Executive Sound – Zane Koeberg
                • Platejoggie: Executive Sound
                • Skoene: Woolworths SA
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Trourok: Whimsical Bridal Somerset Wes
                • Venue: Pepper Tree Guesthouse and Venue
                • Paartjie se verblyf: Pepper Tree Guesthouse
                • Vermaak: Lawn Games deur Pepper Tree
                • Videograaf: Charl Malan – cm creative media
                • Huwelik kontrak: Peyper Attorneys Bloemfontein
                • Wittebrood plek: Kaapstad