Jaco & Johanda Visser

STORIE:


Ons het op 17 September 2022, ʼn dag voor my 30ste verjaardag verloof geraak en ek het dadelik aan my idees begin werk vir die troue, omdat ek geweet het ek gaan die hele troue self reël.

Ons het begin om na “venues” te kyk en het verlief geraak op Kronenburg se pragtige tuin en die wit “canvas” wat dit ons gebied het om by ons elegante maar tog “laid back” dekor te pas.

My trourok het ek self ontwerp en toe laat maak. Ek het ook my veil self ontwerp, omdat ek my eie stempel op dit wou afdruk wat eie aan my is. Dit het pienk 3-dimensiele blommetjies op die einde gehad wat ook perfek gepas het by my pienk trouskoene.

My man het gaan pakke aanpas en hy het net gladnie goed gevoel in die tradisionele, veilige, kleure van pakke nie. Op die ou end het hy ʼn sagte blou pak aangepas en het dadelik geweet dis wat hy in wou trou.

Toevallig het die pak ook gepas by die sagte blou Pontiac kar wat ons gehuur het as troukar.

Die hele prentjie het so mooi bymekaar gekom.

Met die hulp van my suster het ons op die tafel dekor en die res van die dekor besluit. Dit was skakerings van pienk, burgandy en roosgoud.

As dankie-sê geskenkies vir die gaste het ons donuts in boksies gesit. Ons het ook vir almal se diere-kinders geskenkies gehad vanaf ons diere-kinders. Die honde het beskuitjies gekry en die katte sakkies “cat-nip”.

Ons troukoek was ook spesiaal en eie aan ons. My man se troetelnaam vir my is Pikkewyn. Ons het bo op die koek 2 pikkewyne in trouklere gehad.

Ons troue was pragtig en alhoewel dit nader aan die tyd baie stresvol geraak het om alles self te reël en te doen, was dit tog lekker om te gesien het hoe ons idees bymekaar gekom het.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23214

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23214

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Blomakiti
                • Bruidegom-pak: Euro suits
                • Fotograaf: Adorn photography
                • Grimering: Blush moments by Renske
                • Hare: Blush moments by Renske
                • Huurdienste: Funtion hire 4 you
                • Huweliksbevestiger: Ds Anton Roux
                • Troukoek: Totally bakes by Bianca
                • Platejoggie: The Party Technician
                • Skoene: Shein
                • Trourok: Eulogeo couture en
                • Venue: Kronenburg
                • Paartjie se verblyf: Kronenburg
                • Videograaf: Pie in the sky
                • Wittebrood plek: Msc cruises