Jaco & Lienke Fourie

STORIE:


Ons verhaal begin op die ouderdom van 1 jaar, waar ons mekaar die eerste keer “soen”. Die beste van alles – dit is op foto vasgevang! Min het ons daai tyd geweet dat ons mekaar se eerste én laaste soen gaan wees.

Ons paaie kruis 23 jaar later. Die verhouding vloei gemaklik & ons begin sommer al troue beplan ʼn paar maande na die tyd. Ons bly in De Aar, in die middel van die Karoo. Skaars 30km uit die dorp lê die mooiste plaas & venue, Sweetfontein. Ons het ook op dié plaas verloof geraak en sonder twyfel geweet dat dit is waar ons wou trou, hoekom sou ons enigsins verder wou soek?

Dis spesiaal, want dit lê na aan ons harte en ons huis. Dis eg Karoo, die atmosfeer is warm en mens voel sommer tuis. Die dekor was soos iets uit ʼn feëverhaal – van die stoele tot die pikswart kerse en kandelare, die spookasem-rose en die meelpatroon op die vloer. ʼn Droom.

Jaco se tuxedo moes uitstaan bo al die gaste wat swart uitrustings aan moes hê & my rok moes vloeiende moue hê – ons het presies geweet waarna ons soek. Jaco kies ʼn grys en swart tuxedo met ʼn interessante patroon op die baadjie.
My rok is handgemaak, spesiaal om my perfek te pas. Die kant op die rok is ook vir my spesiaal, want my Ma se uitrusting is uit dieselfde swart kant gemaak.

Dit was ʼn geseënde dag saam met ons vriende & familie. My boetie het die spesiale rol vertolk waar hy my in die kerk moes inbring omdat ons Pa 7 jaar terug oorlede is. Dit sal altyd vir my spesiaal bly.

Ons fotograwe uit Bloemfontein het ons verwagtinge oortref met hulle ongelooflike mooi fotografie. Ons mooiste dag is vir altyd vasgevang in die mooiste foto’s.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23155

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23155

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Sweetfontein Lodge
                • Bruidegom-pak: Bentley’s
                • Dekor: Sweetfontein Lodge
                • Fotograaf: André Verhoef Fotografie
                • Grimering: Monique Retief
                • Hare: Monique Retief
                • Huweliksbevestiger: Ds. Henry Williams
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: HDL Bloemfontein
                • Koördineerder: Jan Sauer Lambrechts
                • Platejoggie: DJ Brakkies
                • Skoene: Aldo
                • Skryfbehoeftes: The Print Shop, De Aar
                • Trourok: Mariaan Breytenbach
                • Venue: Sweetfontein Boutique Farm Lodge
                • Videograaf: André Verhoef Fotografie
                • Wittebrood plek: Bali