Jacques & Elaine Rheeder

STORIE:


Ek was 20 jaar oud en Jacques was 19 toe ons ontmoet het. Ons het beide by die Noord-Wes Universiteit van Potchefstroom gestudeer, ek Sielkunde en Jacques Regte. Daar, tussen die boeke en lesings, het ons mekaar gevind en ʼn vriendskap ontwikkel wat na ses maande oorgeskakel het na ʼn liefdesverhouding.

Die universiteits dae was gevul met lang ure van studeer en harde werk en dit was nie altyd maklik nie. Ek het graad gevang en na Pretoria verhuis, terwyl Jacques agtergebly het in Potchefstroom. Die langafstand was ʼn toets vir ons verhouding, maar dit het ons net sterker gemaak. Wat ons verhouding vir my so spesiaal maak, is dat Jacques my eerste ernstige verhouding en soen was!

Op 25 November 2023, na 6 jaar, het ons uiteindelik die pad na die kansel gestap. Ons troue was ʼn viering van liefde, geloof, vriendskap en al ons avonture saam. Ons het besluit op ʼn olyfgroen-kleurskema wat geïnspireer was deur ons deur trekkende tema van olywe en die Bybelse betekenis daaragter. Verder het ons ʼn venue gekies in die hart van die stille bosveld waar ons, ons eerste avontuur as ʼn getroude paartjie kon begin. Die beplanning van die troue was beslis ʼn opwindende, maar tog uitdagende ervaring. Van die soektog na die perfekte trourok, tot die keuse van dekor en die fotograaf, het ons elke oomblik gekoester. Ek het sewe rokke aangepas, voordat ek uiteindelik die perfekte een by nommer agt gevind het – dit was beslis ʼn sprokies-oomblik! Die strooimeisies se rokke was vir hulle laat maak, terwyl Jacques en sy strooijonkers hul troupakke sommer binne twee ure uitgesorteer het.

Ons het saam danslesse geneem, albei met twee linker voete, doelgerig om ons droom troudans ʼn werklikheid te maak. Die dag van ons troue was baie warm (38°C), maar niks kon ons opgewondenheid demp nie. As bruid was dit my voorreg om effens laat te wees en natuurlik was ons gaste vol grappies daaroor. Ten spyte van gebreekte hoëhakskoene en kragonderbrekings, het ons steeds die aand geniet en deur gedans.

En nou, na die troue, wag ʼn nuwe hoofstuk vir ons. Ons droom oor die dag wanneer ons ʼn gesin sal begin, maar vir nou wil ons die wêreld verken, mekaar opnuut leer ken in die dinamika van ʼn huwelik en net elke oomblik saam geniet!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23241

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23241

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Carina XclusivE Events
                • Bruidegom-pak: Oriental Plaza
                • Dekor: Carina XclusivE Events
                • Fotograaf: Escada Photography & Videography
                • Gaste Geskenke: Self gemaak (olyfolie)
                • Grimering: Wonderstruck Beauty
                • Hare: Creativ Cutterz (Maarten)
                • Huurdienste: Carina XclusivE Events
                • Huweliksbevestiger: Ds. Rassie Smit
                • Juweliersware: Fynbos Bridal Boutique (Pretoria) & Shein
                • Trouring: Pedro Da Silva
                • Troukoek: Michelle van der Merwe
                • Koördineerder: Self
                • Musiek: EMC Productions & Media
                • Platejoggie: EMC Productions & Media
                • Skoene: Shein Hakskoene & Sissy Boy Tekkies
                • Skryfbehoeftes: Canva – Druk: Minuteman Press Menlyn
                • Strooimeisie-rokke: Alchemy Online
                • Tente: –
                • Trourok: Fynbos Bridal Boutique (Pretoria)
                • Venue: Lalula Wedding Venue
                • Paartjie se verblyf: Lalula Wedding Venue
                • Vermaak: –
                • Vervoer: –
                • Videograaf: Escada Photography & Videography
                • Huwelik kontrak: Strauss Scher Attorneys
                • Wittebrood plek: MSC Splendida