Jacques & Michelle Louw

STORIE:


” ʼn Vakansie-romanse se kans op oorlewing is kleiner as ʼn kans om parkeerplek by Hartenbos se Seefront te kry in Desember!”

In die Desember van 2018, het ons egter onwetend begin om hierdie standpunt heeltemal verkeerd te bewys…

Jacques, ʼn ingenieurswese student aan Stellenbosch en ek, sopas klaar met my BSc in Bloemfontein, het mekaar ontmoet op ʼn Hartenbos-see vakansie.  Hy wou onmiddelik die meisie met die strooihoed se aandag trek, alhoewel hy aanvanklik aangesê is om my tweeling sussie besig te hou!  Sy benadering was om my vinnig te identifiseer as die swak skakel in die oponerende vollyball span en aanhoudend die bal in my rigting te gooi, ek het hom vinnig toegesnou dat “iemand wat só speel vinnig-vinnig geen maatjies gaan hê nie!”

Die see vakansie daar gelaat het ons ʼn interessante paadjie gestap totdat ons uiteindelik op trou kon staan in 2023. Na ʼn lang jaar van ʼn langafstand verhouding, het Jacques my mooi gevra om moeite te doen met “net een skool” nader aan hom in Stellenbosch.  Die geluk was aan ons kant en ek het begin skoolhou in Stellenbosch in 2020.  Na twee jaar van naby-wees, het Jacques sy eerste werk los geslaan, in Citrusdal!  Dit is ʼn plek wat hierdie gebore, Vrystater en Gautenger moes gaan Google Maps om te bevestig dat dit wel bestaan … Na nog ʼn jaar van mekaar min sien, besluit ons dit is nou so!

Ons het verloof geraak op die 15de Oktober, direk nadat ons albei ons wedloop nommers vir die Kaapstad maraton afgehaal het by Groenpunt.  My woorde aan Jacques was: “Ek wil nou lekker eet en dan lekker slaap, ons is hier om ʼn maraton te hardloop!” – min het ek geweet wat op my wag!  Nodeloos om te sê die maraton was baie uitdagend met die ekstra gewig van so klippie op jou vinger…

Ons het van die begin af doelbewus besluit dat troubeplanning nie iets is wat ons lewens gaan versier nie en ook dat ons nie op ons wil laat wag nie.  Ons datum is vasgemaak vir die 7de Januarie, minder as 3 maande weg!  Dit het die besluitnemingsproses baie vergemaklik, indien iets beskikbaar en in ons begroting was, was die antwoord “ja!”.  Ons het geweet ons fokus is om ons huwelik saam met God, in die teenwoordigheid van ons vriende en familie te begin en die res moes inval om dit een reuse partytjie te maak!

Ek het na presies een rok winkel toe gegaan en ʼn rok gekies wat voldoen het aan my feetjie prinses drome, maar waarin ek sou kon dans na hartelus.  Ek moes spesiale toestemming, by wat gevoel het soos die president, kry om weg te glip uit die NSS-merk sentrum om hierdie einste rok te gaan afhaal.  Jacques, met sy voorliefde vir fietsry, hardloop en enige bal-speletjie, lyk vandag dalk selfs beter in sy matriekafskeid pak as byna 10 jaar terug – so dit was ʼn gedane saak.

As ek terugkyk op ons troureëlings, dan weet ek daar was engele op ons pad gewees, want dit was net te maklik! Laura van DuVon, ons venue, kan regtig al jou drome waar maak en pas so maklik aan by jou ideale vir die dag.  Dit was vir ons ʼn voorreg om vir familie en vriende, hoofsaaklik van die Vrystaat en Gauteng, die skoonheid van die Boland te kan wys, met ons troue in Robertson. Dit het gevoel soos plaas en partytjie en tussen gaste wat kamp, op wyntoere gaan en almal se kleurvolle somerrokke en heerlike kos, kon ons nie vir ʼn beter dag vra nie!  Ons dekor is opgemaak uit al die skool se laboratorium glasware, versier met eenvoudige blomme, om die skeinat-juffrou te verteenwoordig, met sitrus skywe op die tafels om ons nuwe lewe as Citrusdallers te vier en ʼn geoefende lokdans passie om ons gaste te vermaak!

Die dag was opreg, die boodskap van die preek blywend en ons huwelik, na amper ʼn jaar, ʼn bevestiging dat jy maar van jou vakansie-romanse ʼn langtermyn plan kan maak!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23222

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23222

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Laura Blomme en Verhurings
                • Dekor: Laura Blomme en Verhurings
                • Fotograaf: August Photography
                • Grimering: Skoonheid by Carina
                • Hare: Skoonheid by Carina
                • Trouring: Your Diamonds Bloemfontein
                • Troukoek: Jeanette Joubert
                • Koördineerder: Laura (DuVon se koordineerder)
                • Musiek: Arco Musica
                • Platejoggie: DJ Bottie
                • Trourok: Elbeth Gillis Bridal Couture
                • Venue: DuVon Wine and Wedding Estate
                • Paartjie se verblyf: Silwerstrand & Rivierzicht
                • Videograaf: August Photography
                • Wittebrood plek: Mauritius