Jacques & Rozani Heyns

STORIE:


Ons troue was nie net ʼn sprokiesverhaal nie, maar die begin van ons verhaal saam. My tweede troue en my man se eerste troue.

Ons troue vertel die verhaal van waar twee mense wat deur diepe waters is, se paaie kruis en soos hulle sê: “the rest is history”.

My rok en my dogtertjies se rokke, hulle was ook my bridesmaids, was gekies om saam te pas sodat ons “mommy and me rokke” kon hê.  Ek wou hê my dogtertjies moes net so spesiaal en mooi soos ek voel.

My man en my seuntjie het ook amper dieselfde gelyk en ek sal nooit my seuntjie se woorde: “mamma my droom word waar om ʼn suit te dra” vergeet nie.  Dit was so bietjie moeilik om die perfekte matching suit te kry, maar hy het sy suit gekry!

Ons gevolg was ons hartsmense en die venue ʼn ongelooflike mooi plek langs die Vaalrivier, Benedetto on Vaal.  Elke bruid wil graag hê als moet in plek wees en dat dit tog haar dag moet wees en Benedetto se personeel het verseker uit hulle pad gegaan om dit te laat gebeur.

Dit was absoluut net ʼn ongelooflike dag.  Van vriendinne wat die blomme gedoen het en mammas wat ʼn traan pik as hulle die dankie sê briefies lees tot en met ons sneakers as trouskoene, kon ek nie vir ʼn beter dag gevra het nie.

Ons hou daarvan om dinge anders te doen en alhoewel ek dit nie kon sien nie, want ek was agter die toe deur toe die gevolg in stap, het my twee girls wat op “I am a believer” gedans het terwyl hulle instap, almal laat lag. So ietsie oulik.

Dan soos mens sê, laastens maar nie die minste nie, die oomblik toe ek in die kapel instap met honderde kersies, my pa aan my regterkant en my seuntjie aan my linkerkant was ʼn oomblik wat vir altyd in my geheue vasgevang is.  My oë ontmoet my man sʼn en hy begin huil … die mees opregste oomblik van liefde.

Ons het soveel gelag en huil in ons toesprake en almal het net so lekker saam ons die dag geniet.

Net so ietsie snaaks, tydens die pa en dogter dans, het my pa my rok vasgetrap en toe val ons albei.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23019

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23019

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Hannelie & Riette
                • Bruidegom-pak: Franz Geldenhuys
                • Dekor: Benedetto on Vaal
                • Fotograaf: Rosie de Jager
                • Gaste Geskenke: B & S Crafts
                • Grimering: I Do Crew
                • Hare: I Do Crew
                • Huweliksbevestiger: Neeltje Fouche
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: Fleur juweliers
                • Troukoek: Tuisgebak Sasolburg- Chereen
                • Koördineerder: Benedetto on Vaal
                • Musiek: Tony da Silva
                • Platejoggie: Tony da Silva
                • Skoene: Edgars
                • Strooimeisie-rokke: Dainty dress Bridal boutique
                • Trourok: Dainty dress Bridal boutique
                • Venue: Benedetto on Vaal
                • Paartjie se verblyf: Benedetto on Vaal
                • Vervoer: Benedetto on vaal – gholf cart
                • Huwelik kontrak: Neeltje Fouche
                • Wittebrood plek: Monté Casino