Johan & Chantelle Labuschagne

STORIE:


Op 1 April 2023 by De Oude Kraal Country Estate & Spa, net ʼn klipgooi buite die Rosestad … daar waar karoo, plaas, elegansie en romanse saam smelt.  Tussen lowergroen bome waar die son soos goue straaltjies deur die blare glinster en God se genade oor ons toe sak, word een plus een, een!

Oor ʼn koppie koffie en ʼn soen op my ma se stoep het ek my hart verloor.  Ons was haasbekkies in dieselfde laerskool en het groot geword net oorkant die rivier van mekaar.  Jare het verby gegaan tot eendag wat ons aan die gesels begin raak het voor tannie Zettie se kafee, ek in my oudste sweetpak broek en hy in die Cruizer met sy 2 wolf honde agterop.  Hy het my genooi vir ʼn koppie koffie, daardie dag was verseker die warmste wat die winter nog gevoel het. Hy het my gegun om weer my vlerkies te gaan sprei, en na baie trane my afgesien op die lughawe.  Ons liefde was op die proef gestel, verloor en weer gevind.  Na jare se reis oor die groot waters het ek die voorreg om die man anderkant die rivier lief te hê, en eendag ons kinders te kan grootmaak in dieselfde riviersand as waarin ons groot geword het.

Met die woorde “sien jy ook ʼn toekoms hier?” het Johan op die 14de Augustus 2022 op sy knie afgesak en ek het my spanmaat gekry … my lewensmaat!  Net bietjie meer as 7 maande na hy my gevra het om te trou het ons groot dag vir ons geknip oog. Meeste van ons troubeplanning het plaasgevind tussen die gedreun van ʼn John Deere stroper, op ʼn planter trekker en ʼn kampterrein vol vakansiegangers. Met my groen beplannings notaboekie wat ORAL saam my gegaan het propvol idees, drome, kwotasies, sizes en moontlikhede. Werklik elke klein detail. Die lekkerste projek waaraan ek nog gewerk het!

As ek my trourok in 2 woorde kan beskryf sou dit, soos my ma se, tydloos en elegant wees. Die mooiste suiwer wit satyn oop skouer uitskop rok, my hare in ʼn hoe bokstert, my kroontjie op my kop en my pêrels om my nek het ek sowaar soos ʼn prinses gevoel. Meer reg as ooit om met my pure-plaas-prins te trou, wat vir een dag sy ‘blundstone werkboots’ uitgeskop het en sy plaasklere verruil het vir ʼn snazzy swart pak … en het hy handsome gelyk!

Ou wit plaashuise met houtvloere en groen dakke, die dam met gansies wat in die water baljaar, die reuk van dennebome en merino skape. ʼn Perfekte modern-vintage gevoel. Ons het ons trou aan mekaar beloof in die mooiste tuin. Ek het arm in arm saam my boetie die paadjie na die kansel gestap, in my mooiste pêrel skoene wat hy as geskenk vir my gegee het. Op die ritme van “can you feel the love tonight” en vir ʼn paar sekondes dwaal my gedagtes terug na ons kinderdae en hoe gaande ons daaroor was om Lion King te kyk, en besef Simba was reg “Love will find a way, anywhere we go. We’re home if we are together. Die 2 pendants met ʼn foto van my en my pa wat aan my bos wit rose vasgemaak is, klink-klink op die maat van my hartklop en saam met die hartverskeurende hunkering om my pa daar te kon hê, troos ou Simba se woorde my weer “Somebody once told me that the great kings of the past are up there watching over us.” Ek klou so bietjie stywer aan my boetie en ons kinderdae vas, terwyl ek stap na my hemelblou toekoms wat vir my daar staan en wag met ʼn sagte glimlag en ʼn traan van bewondering in sy oë.

Op signed-sealed-delivered was ek syne met klomp wit roosblare wat om ons rond fladder soos die skoenlappers in my maag.  Fairy lights, wit rose, pampas en lang vars blomme runners oor ons zig-zag tafel uitleg met blom stellasies wat stylvol uit die dak hang.  ʼn Wit dansvloer geïnstalleer vir ons, met ons logo “J&C” in goud waar ons voete oor gly op “Letters” van Watershed, asook “laat die liefde skitter” sparkles wat om ons glinster soos ʼn vroegoggend sonsopkoms oor die mooie Oranje Rivier. Alles wat ons eie voorkeure en styl reflekteer. In die hoek staan ons troukoek met ons honde kinders saam ons as ‘cake topper’. Hulle moes ongelukkig by die huis bly, want Lollie sou die gansies gejaag het en Zeus sou al die braai snack canapes op geëet het. ʼn Rookmasjien wat die illusie gee dat ons werklik op wolke loop, ligte van alle kleure en sage groen servette wat swaai, pas getroud “Mnr & Mev Labuschagne”

Terwyl die spitbraai aan die gang is en swart potte in ʼn sirkel buite om die vuur prut, smake en geure om van te kies en te keur, word daar ʼn glasie geklink op al ons spesiale gaste. Almal wat ons liefde saam met ons kom vier het. Ek lig my glasie ekstra hoog op vir my mooie ma, vir al haar hulp, liefde en elke myl wat sy ekstra stap.

Ons dag was propvol spesiale oomblikke. Oomblikke van stilstaan en alles probeer inneem, oomblikke van lag, emosionele oomblikke, nederige dankbare oomblikke. Oomblikke van klein dogtertjie drome wat waar word … Ooo en pampoenkoekies!!
Alles was prentjie perfek!

Dit was meer as die troue van die jaar … ʼn troue van ʼn leeftyd … ʼn eens in ʼn leeftyd tipe liefde.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23184

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23184

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Bowtie Evolution
                • Bruidegom-pak: Bentleys
                • Dekor: Bowtie Evolution
                • Fotograaf: Andre Verhoef Photography
                • Gaste Geskenke: Etsy
                • Grimering: Lane Pannell
                • Hare: Lana Wiltshire
                • Huurdienste: Lighticle
                • Huweliksbevestiger: Ds Andries Breytenbach
                • Juweliersware: Perles par Rousseau – The Pearl Specialist
                • Troukoek: Lee-Ann Cakes & Cupcakes
                • Koördineerder: Ulrich van Bowtie Evolution
                • Musiek: Creative Kilowatt Productions
                • Skoene: Vonve
                • Skryfbehoeftes: Something Gold Design Studio
                • Strooimeisie-rokke: Mibella Bridesmaids
                • Trourok: Bridal Emporium
                • Venue: De Oude Kraal Country Estate and Spa
                • Paartjie se verblyf: De Oude Kraal Country Estate and Spa
                • Videograaf: Andre Verhoef Photography
                • Wittebrood plek: Veranda Paul et Virginie hotel & spa Mauritius