Johann & Franzelle de Bruto

STORIE:


Troubeplanning:

Gewoonlik word die Bruidegom nie betrek by die troubeplanning nie, maar ek het seker gemaak hy ervaar die volle ervaring – van begin tot einde.

Van die begin af wou ons altwee ʼn winter troue hê. My man het 3 datums gekies, 1 Julie was beskikbaar vir die venue asook die huweliksbevestiger.

Met die proef tafels het my ouers saam ons gekom om ons net bietjie gerus te stel.  Ons trou kleure het verander van neutrale, swart, wit en bloos pienk na swart en wit.

Vir die onthaal het ons op spieël lopers besluit, swart kerse, wit kerse, baie glas, wit tulpe, wit rose, anemone, orgidee, swart tafel doek en wit stoele.  Alles moes skoon, gesofistikeerd en tydloos wees.

Ons uitnodiging was elektronies, maar ek het wel seker gemaak dat ons uitgedrukte uitnodigings het vir ons trou album asook vir die ouers en groot ouers.

Toe dit kom by die kos het ons seker 3 of 4 keer dit verander … ʼn week voor die tyd het ons eers op die kos besluit.  Ons het op “plated food” besluit en is nie een oomblik spyt of honger gewees nie.

In ons huis is daar altyd ʼn kers aan – amper ʼn “kenmerk” van ons huis. Dus het ons besluit om kerse vir ons gaste te gee met ons monogram op.  Die houers van die kers was selfs uitgekies om by die res van ons onthaal te pas. Die kerse is uniek en handgemaak.  Ons het verskeie kerse gebrand om seker te maak dat die reuk ons verteenwoordig. Elke keer wat ek die kers brand vat dit my terug na 1 Julie 2023.

Trourok:
Van die begin af wou ek ʼn rok laat maak wat simplisties en eenvoudig is wat vir jare na ons troue steeds in die mode geag sal kan word.
Ek 2-3 rokke bymekaar gevoeg vir my droom trourok.
Die rug is ʼn mooi fokuspunt asook die moue (bo en onder).
My sluier is met kristalle gewerk en lank.
Veder wou ek nog iets uniek en anders hê vir my uitrusting- dit is waar my volstruisveer baadjie ontstaan het. Ek het soos ʼn Hollywood aktrise gelyk.

Troupak:
My man het sommer van dag een af my gesê hy gaan self kies wat hy na ons troue aantrek. Hy het na ʼn mode ontwerper, Casper Bosman, gegaan wat vir sy troupak, asook hemp skoenpas gemaak het.
Johann het ʼn vlootblou materiaal vir sy troupak gekies en ʼn afwit materiaal vir sy hemp (om saam my rok te pas). Die das se kleur was so gekies dat dit saam die strooijonkers pas.
Ek het geen inset gehad op sy troupak, en het eers dit gesien toe ek by die kapel ingestap het.

Venue:
Ek en my man hou van “anderste” wees. Ons wou die troue uniek hê soos ons.

By die kapel het ons op ʼn Swart mat besluit.  Dit is natuurlik net iets anders en het die kapel ʼn warmer gevoel gegee.

Ons het op ʼn sitkamer besluit in plaas van ʼn hooftafel waar die bruidspaar en ouerpare sit tydens die heildronke.  Ons ouers het saam ons by die de Bruto sitkamer ʼn glasie geklink, trane gepik en saam gelag. Ons het dus ons gaste ten volle geniet en hulle vir ons!

Na die formaliteite en tafelgebed het ons elk by ons eie tafel gaan sit en ons by ons “sweetheart table”.

Ons het ekstra beligting in gehuur wat die saal ʼn hele ander gevoel gegee het en meer warmte geskep.

Om dit nog meer uniek te maak het ons ʼn “shooter bar” gehad. DJ Magpie het ʼn seker liedjie gespeel wat aangedui het dat ons soveel “shooters” kan drink gedurende die liedjie. Dit was groot sports- oud en jonk het al die pad na die kroeg gedans en saam ʼn glasie geklink.

Laastens het ons ʼn “midnight snack braaibroodjie” vir ons gaste bedien. Dit was omtrent 23:00 bedien sodat ons tot die oggend kon dans en partytjie hou.

Die “spesiaalste” vir laaste:

Die eerste dans. Ons het op Anyone – Tommee Proffit & Fleurie besluit. Ons het vir dansklasse gegaan omdat ek twee linkervoete het. Ons het elke tweede aand vir lesse gegaan na my ou dans juffrou Elize Cogle- na die dansles het ons verder by die huis in die sitkamer geoefen.  Toe die liedjie begin het my man my diep in my oë gekyk en my herinner watter beweging kom volgende. Tussen deur het hy aanhou sê hoe mooi ek lyk en hoe wonderlik die dag tot dusver was! Ons dans was ʼn tranetrekker vanaf die eerste draai tot die laaste intrek.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23228

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23228

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Bowtie Evolution
                • Bruidegom-pak: Casper Bosman
                • Dekor: Bowtie Evolution
                • Fotograaf: André Verhoef Photography
                • Gaste Geskenke: Touch of Brink
                • Grimering: Ronel le Roux
                • Hare: The Salon- Ruth de Jager
                • Huurdienste: Bowtie Evolution
                • Huweliksbevestiger: Ds. Henry Botha
                • Juweliersware: Oorbelle – Browns
                • Trouring: HDL Juweliers
                • Troukoek: Food & Co Central
                • Koördineerder: Jean-Mari
                • Musiek: Arco Musica
                • Platejoggie: Dj Magpie
                • Skoene: Poetry
                • Skryfbehoeftes: Bach Designs
                • Strooimeisie-rokke: Foschini
                • Trourok: Orijinel by Elmerane van Ryneveld
                • Venue: Monte Bello Estate Bloemfontein
                • Paartjie se verblyf: Monte Bello Estate Bloemfontein
                • Vermaak: Dj Magpie
                • Vervoer: Fiat 500
                • Huwelik kontrak: Michael J Hendriks Inc.
                • Wittebrood plek: Italië