Johann & Nadine Malan

STORIE:


Ons Liefdes Verhaal
Ons het by ʼn braai in Junie 2020 ontmoet van vriende van ons, deur die loop van die aand het ons oë later ontmoet en in Johann se eie woorde sal die beskrywing wees: “ek het vir ʼn oomblik vergeet hoe om te praat toe die mooi groen oog meisie met die mooi glimlag in my oë kyk”, net daar het Johann besef hy wil meer weet van die meisie.

Die romanse het stadig maar seker begin blom, ons het mekaar beter leer ken en ons het op 1 Augustus 2021 amptelik begin uitgaan. Een jaar later, op die 7de Augustus 2022, het Johann my verras met ʼn romantiese wegbreek na Boschrand waar hy my gevra het om verloof te raak.

Die trou Beplanning
Ons het nie lank gesoek om ons venue te kry nie, ons het met die 2de venue waarna ons gaan kyk het dadelik besluit op A Lodge in Bloemfontein, dit het my net die sprokies verhaal effek gegee en ek het dadelik geweet, dit is waar ek wil trou. En so het ons sommer in Desember 2022 reeds ons venue bespreek vir 18 November 2023.

Vroeg Februarie 2023 het my soektog begin vir my trourok, my Ma en sussie het saam my gegaan na Bridal Emporium en na die 4de rok het ek reeds my oog gehad op my droom trourok. Ek het net daar my keuse gemaak en my besluit gemaak en die rok gekies.

Die troudag
Ons was omring deur ons familie en vriende, die hele dag was dit waarvan mens in boeke lees. Alles was in my oë perfek. Die stres het eers begin toe ek voor die toe deure staan reg om in te stap, maar toe ek vir Johann sien, was my hart verlig en veilig.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23007

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23007

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Cindy @ A Lodge
                • Bruidegom-pak: Markham
                • Dekor: Cindy @ A Lodge
                • Fotograaf: Mandie Niemann Photography
                • Gaste Geskenke: Fraai MeRaai
                • Grimering: Majestic Beauty
                • Hare: Majestic Beauty
                • Huurdienste: N/A
                • Huweliksbevestiger: Ds. Frans Oosthuizen
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: Sterns
                • Troukoek: Privaat
                • Koördineerder: Cindy @ A Lodge
                • Musiek: Sound Bytes
                • Platejoggie: N/A
                • Skoene: Privaat
                • Skryfbehoeftes: Fraai MeRaai
                • Strooimeisie-rokke: Privaat
                • Tente: N/A
                • Trourok: Bridal Emporium
                • Venue: A Lodge at Bloem
                • Paartjie se verblyf: A Lodge at Bloem
                • Vermaak: N/A
                • Vervoer: Privaat
                • Videograaf: N/A
                • Huwelik kontrak: JHJ Attorneys
                • Wittebrood plek: Tergniet