Johannes & Lynn-Mari Schoonwinkel

STORIE:


My en Johannes se paaie het sowat twee jaar gelede gekruis waar ons mekaar in Stellenbosch ontmoet het.  Ek en die boertjie het ʼn hond uit ʼn bos gesels en soveel raakpunte gehad, dat ʼn tweede date en baie ander gevolg het en nou ja – so is die koeël toe letterlik deur die kerk op 9 Desember met ʼn gesamentlike ja-woord!

As ek terugdink aan ons groot dag word ek oorweldig met ʼn gevoel van dankbaarheid.  Als was werklik ʼn sprokie!  Die mooiste blomme en dekor, familie en vriende. Ons troudag was verseker ʼn viering van liefde, eenheid en die begin van ʼn ewige reis saam met my beste vriend.

Ons het in Junie verloof geraak, en soos Braam by Beuld gesê het toe ons in Julie die venue by hom bespreek het – “Julle is bietjie laat uit die blokke nè!” – het ons begin besef dat ʼn troue binne 6 maande, nogal flinke optrede gaan eis. Maar die Here se hand was op ons en alles het vir ons so mooi in plek geval, van die fotograaf, videograwe, blomme en dekor – dit was asof 9 Desember spesiaal vir ons gereserveer was en ons kan net in dankbaarheid terugkyk na die beste diens en vriendskappe wat rondom beplanning en saamlag gevorm is.

Natuurlik moes die natuur vir ons ʼn curveball gooi, want wie het nou gedink dat dit in Desember in Robertson kan reën, maar selfs dit het vir ons uitgewerk.  Dit het net betyds vir ons seremonie oopgetrek, wat gelei het tot die mooiste dag vol wolke wat die mooiste fotos en video moontlik gemaak het.

Ek en Johannes is familie-mense en dit was vir ons só spesiaal om tydens die pa-dogter en ma-seun dans te sien hoeveel pa’s en ma’s met hulle dogters en seuns die dansvloer nader.  Die aand het ontvou in een groot fees met ‘n dansvloer wat konstant vol was, lekker lag en ‘n dag wat ons verewig sal onthou!

Elke klein detail van ons groot dag het ons liefde so mooi weerspieël – ʼn mengsel van warmte, egtheid en styl!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23043

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23043

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Blomlief
                • Bruidegom-pak: Zedmen
                • Dekor: Blomlief
                • Fotograaf: Kobus Tollig
                • Grimering: Make Up Alchemist
                • Hare: Make Up Alchemist
                • Huurdienste: Flambojant
                • Huweliksbevestiger: Len Deyzel
                • Juweliersware: Ayala Bar
                • Trouring: Patricia G, Van Deijl
                • Troukoek: Le Luxe Bakes
                • Koördineerder: Braam Colyn
                • Musiek: Zest Violins
                • Platejoggie: DJ Ashtag
                • Skoene: Aldo
                • Skryfbehoeftes: Weddings by EB
                • Strooimeisie-rokke: Anri Ham
                • Tente: Tentmen
                • Trourok: Rosa Karoo
                • Venue: Beuld the Venue, Robertson
                • Paartjie se verblyf: Cellar@Robertson
                • Vervoer: Smitties vervoer
                • Videograaf: Volk & Vlieër
                • Huwelik kontrak: Louw & Steyn Prokereurs
                • Wittebrood plek: Maldives