Juan & Danelle Lopez

STORIE:


Op die 19de Mei 2023 trou ons by die pragtige Bell & Blossom in Pretoria. Voor God en ons naastes beloof ons trou aan mekaar en verbind ons in eenheid. ʼn Intieme herfs troue met warm emosies van absolute vreugde en opregte liefde. Na 9 jaar was dit uiteindelik ons beurt. Ons storie het reeds in 2014 begin as twee graad nege tieners, daarna het ons matrikuleer en is ons albei Potchefstroom toe om ons grade in onderskeidelik regte en onderwys te behaal. Op die 27ste April 2022 raak ons verloof en begin ons met groot opwinding die troubeplanning. Alles het dadelik in plek geval, elke besluit en keuse was werklik geseën en ons was verseker dat God die regte verskaffers oor ons pad gebring het. Eerste op ons lysie was die venue, ons het Bell & Blossom besoek en was dadelik betower met die pragtige natuurskoon. Daarna het die rok, troupak, dekor en al die res perfek in plek geval. Die beplanning was sonder twyfel getuienes dat hierdie dag wat voorlê Godgegewe sou wees. En dit was! Op pad na die venue, die oggend van die troue, is ek en my strooimeisies gegroet met die mooiste sonsopkoms. Ons het begin mooi-maak en teen 15:00 was dit tyd om my aanstaande by die kansel te ontmoet. ʼn Seremonie waar God se teenwoordigheid oorweldig het, waar liefde duidelik sigbaar was en waar ons in verbond getree het – 45 minute van absolute seën. Na die diens het die feesvieringe begin en het ons heerlik geëet, gedans en gekuier. Elke deeltjie van die dag, elke emosie en elke belofte is vir altyd in my hart vasgepen. Werklik, ʼn Godgegewe volmaakte dag en ʼn liefdesverhaal uit Sy pen.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23203

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23203

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Floral by Deo-Dane
                • Bruidegom-pak: Smart Guy Centurion
                • Dekor: Floral by Deo-Dane
                • Fotograaf: Photography by Anais
                • Grimering: Alegria Bridal Stylist
                • Hare: Alegria Bridal Stylist
                • Huweliksbevestiger: Legally Married
                • Trouring: NWJ
                • Koördineerder: Carmia Maritz
                • Platejoggie: DJ Kilowatt
                • Skoene: Superbalist
                • Skryfbehoeftes: Bruid
                • Strooimeisie-rokke: Bruid se ma
                • Trourok: Enzoani by Amour Bridal Boutique
                • Venue: Bell & Blossom
                • Paartjie se verblyf: Bell & Blossom
                • Videograaf: C.J. Concepts
                • Huwelik kontrak: Liebenberg Malan Mofolo Inc.
                • Wittebrood plek: Plekkie in die Son