Juan & Monique Acevedo Hoffman Azula

Evoto

STORIE:


Die hele trou beplanning proses was redelik maklik. Ons het baie in gemeen so ons kon maklik besluit oor wat ons wou hê. Ons het beplan om na ʼn verskeidenheid troue venues te kyk, maar die oomblik toe ons by Onder Engele instap het ek dadelik begin huil en ons altwee het geweet dat dit die regte plek was vir ons om ons huwelik af te skop.

So het baie van die ander beplanning ook gehad. Die verskaffers in alle opsigte het ook gevoel “it was meant to be” van die fotograaf tot hare en grimering. Ten spyte van die stres wat gepaard gaan met ʼn troue beplan het ons nie vir ʼn oomblik betwyfel in ons keuses nie.

Ons het ʼn paar goedjies by die troue self gedoen om ons persoonlike stempel op dit te sit. Ons het baie spesiale elemente gehad by die troue wat een is aan ons. Ons het Piñata’s gemaak wat by ons dekor pas, en dit was ʼn absolute fees om te maak en te geniet saam met ons gaste. Ons het ook ʼn “tattoo station” gehad, asook tuisgemaakte tafel “nommers”.  Omdat ons uiwerige voëlkykers is het ons elke tafel genommer deur unieke voëls wat ons al saam gesien het in die tyd wat ons saam is, en so het elke tafelplasing spesiale betekenis gehad vir ons as paartjie. Ons gaste geskenke was deel van ʼn “hot chocolate station” waar die gaste hulle eie beker kon kies om huis toe te vat, die bekers was alles tweedehands en die gaste het dit baie geniet veral toe dit lekker koud raak later die aand.

Die grootste struikelblok was om ʼn trourok te kry. Ek het nie heeltemal geweet wat ek wou hê en wat by my sou pas nie, maar ek het wel geweet dit moet anders wees as iets wat al gesien is by die vorige troues wat ons bygewoon het. En na lank se soek het ek in my droom rok getrou; ʼn swart satyn rok met ʼn 5 meter lange sluier, ek het nog nooit mooier gevoel nie. Dit was ongelooflik moeilik om dit ʼn geheim te hou, want nie eers my ma het geweet nie!

Die hele proses was baie lekker om saam te doen en ons het deur dit gekom met so min drama as moontlik.

As ons kon het ons sommer nou weer getrou, die dag was net te spesiaal en ongelooflik om net een keer te hê.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23258

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23258

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Evoto
                Evoto

                Evoto
                Evoto

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Hannes Pretorius- Onder Engele
                • Bruidegom-pak: Big Man Men’s Outfitters
                • Dekor: Hannes Pretorius Onder Engele
                • Fotograaf: Karen Pretorius
                • Gaste Geskenke: Thrifted Mugs & Cups – Ons Winkel
                • Grimering: Miss Jaydeekay Makeup
                • Hare: Miki Studio
                • Huurdienste: Onder Engele
                • Huweliksbevestiger: Ds Paul van Jaarsveld
                • Juweliersware: Swarovski & Lovisa
                • Trouring: Bruidegom: Touchwood Bruid: V’dodili
                • Troukoek: Bruid
                • Koördineerder: Hannes Pretorius
                • Platejoggie: Kilowatt Productions
                • Skoene: Kingsmead
                • Skryfbehoeftes: DIY
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Trourok: Natalia Jeffrey’s
                • Venue: Onder Engele
                • Paartjie se verblyf: Onder Engele
                • Videograaf: Anya Swart & Bjorn Smit Photo