Karina & Jaco Botha

STORIE:


Ons het verloof geraak in April 2022 en ek wou net dadelik begin met beplanning. Ons het daai tyd nog apart gebly, ek was in Gauteng en hy was nog in die Kaap. Die afstand het dit moeilik gemaak om te begin beplan veral toe ons wou begin kyk het na venues. Omtrent in Augustus toe kon Jaco afkom na my toe en ons het besluit ons gaan na venues gaan kyk. Ek het al vir ʼn hele ruk Die Boer en Die Belg (in Naboomspruit) op my hart gehad maar Jaco wou oorspronklik baie ver van Gauteng af trou. Met baie smeek sessies en oortuigings het ons een Saterdag vroeg gery om te gaan kyk na Die Boer en Die Belg. Ons het eers oppad die venue gebel en gevra kan ons kom kyk en toevallig het hulle ʼn opening vir ons gehad. Ek en Jaco het dadelik verlief geraak op die Venue en het dadelik gese ons wil daar trou. Die venue is op ʼn wildsplaas met verskeie bokke, sebras en kameelperde en hulle het ʼn groot maroela boom waaronder mens trou. Hulle saal is oop met glas deur was oop skuif en mens kon die tafels skuif soos ons wil.

Volgende op my lys was my trourok en ek moet se dit was glad nie maklik nie. Ons was by verskeie plekke gewees maar geen rok het vir my reg gevoel nie. Ek het een middag toe na werk verby ʼn trou rok winkel gery en het net besluit om die volgende dag daar te gaan stop saam met my ma. Die eerste rok wat ek aangepas het was die rok vir my. Ek en my ma het trane in my ons oe gehad van hoe mooi dit was. Ek het steeds ander rokke aangepas net vir ingeval maar my hart het terug gegaan na die eerste rok.

Jaco se troupak was ʼn mission. Hy wou nie ʼn suit dra nie want hy kry te vinnig warm en hy se hy gaan dit nooit weer dra nie so dit is net geld mors. Hy wou toe net ʼn withemp en ʼn chino dra maar ek kon dit nie laat gebeur nie. Ek het n spesifieke visie vir my troudag gehad. Ek het heeltyd gedink aan ʼn tiepe pink baadjie saam met n chino. Eers het dit vreemd geklink vir Jaco want hy dink aan n normale pink kleur maar my tema was meer rose gold. Ek het orals gesoek op Google maar kon nie die kleur kry wat ek wou he nie en toe wou ek begin opgee op daai idee en dalk maar net ʼn chino kleur baadjie vat maar my hart was klaar op daai idee so dit was moeilik om op te gee. Ek het toe eendag in die mall gestap en toe sien ek die perfekte rose gold baadjie in Markhams. Ek het Jaco soontoe gevat en toe hy dit aanpas toe se hy ook ja dis perfek. Ons het op daai dag sy hele troupak gekoop.

Vir my was die dekor die meeste moeite. Ek het weereens ʼn spesifieke visie gehad en ek wou ook meeste goed self doen. Ek en my ma was na ʼn lap winkel toe en ons het self die tafel runners gekoop en gesny. Ons het ook sulke blom lap gekoop waarvan ek die servette wou maak. Ek het van winkel na winkel gegaan en pink kerse gekry asook sulke staal raampies wat ek op ons hoof tafel wou hê. Uit die oorskiet lap het my ma sulke hartjies gemaak wat as dekor gehang het oor ʼn paar stoele. Ons het self lucky packets gemaak vir die kinders. Ons het tafel nommers laat maak by ʼn tannie van my en sy het ook baie ander klein goedjies vir ons gemaak. Ek en Jaco het self die dankie gese geskenkies gemaak wat net ʼn klein glas houer is met ‘n kurk, om hom het ons ʼn sticker geplak en binne in was vodka met ‘n chillie. Ons het droë gras onder borde gehad. Ons het twee aande voor die troue die gaste sitplek bord gemaak. Die dekor was baie werk en baie moeite maar ek is baie bly ons het dit self gedoen. My stres was ook minder omdat ek weet alles was perfek soos ek dit wou gehad het. Die blomme was deur n tannie gedoen in Naboomspruit en my hoof blom was ʼn angelier omdat dit my ouma se gunsteling blom was toe wou haar om so ʼn manier in die troue kry.

Ons het ʼn photobooth gehad en dit was baie spesiaal vir ons. Ons het intieme foto’s met al ons gaste gehad en almal het soveel pret gehad daar binne.

Op die dag van my troue toe kon ons sien dit gaan reën en presies ʼn uur en ʼn half voor die troue toe sous dis. Buite ons huisie toe lyk dit soos ʼn rivier wat stroom en dit was oorspronklik die pad waarop ons ry. Ek het begin stres omdat ons onder die Amarula boom sou trou en dis waarop ek my hart gehad het. Toe ons gery het na die boom toe lyk dit asof dit nooit gereën het nie. Die pad was droog en die lug was oop. By die Amarula boom toe lyk dit ook asof dit nooit gereën het nie en daarvoor was ek baie dankbaar. Mense se mos jou huwelik is geseën as dit reën en daarom dink ek my en Jaco se huwelik is baie geseën na daai reën.

Ons gaste lys was omtrent 54 mense. Dit was baie intiem en net ons naaste familie en vriende was genooi. Ek wou dit ook nie wou verander nie want ek voel ons kon die dag saam almal spandeer het en lekker herinneringe maak. Die spesiale oomblike saam almal was baie spesiaal en ek is so dankbaar vir die mense wat daar was.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23208

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23208

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Lapalala in Naboomspruit
                • Bruidegom-pak: Markham
                • Dekor: Self
                • Fotograaf: Anais photography
                • Gaste Geskenke: Self
                • Grimering: UniQ Makeup
                • Hare: UniQ Makeup
                • Huweliksbevestiger: Janre van Jaarsveld
                • Juweliersware: Shein
                • Trouring: Oom Dion
                • Troukoek: Tannie Amanda
                • Koördineerder: Die Boer en Die Belg
                • Musiek: Four seasons mobile dico
                • Platejoggie: Four seasons mobile disco
                • Skoene: Kingsmead shoes
                • Skryfbehoeftes: Self
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Trourok: wedding wish Benoni
                • Venue: Die Boer en Die Belg
                • Paartjie se verblyf: Die Boer en Die Belg
                • Vervoer: Venue se game viewer
                • Huwelik kontrak: Marlene Brits
                • Wittebrood plek: Cristal springs