Klaus & Nina Akker

STORIE:


Ons het ontmoet by ʼn braai aan die einde van 2020. Ons was in ʼn langafstand verhouding vir ʼn jaar en ʼn half, waarna Klaus my toe gevra het om te trou in een van die weidings en ek by hom ingetrek het op ʼn plaas naby Groot-brakrivier. Die troue beplanning het toe in alle erns begin. Ons het saam na verskeie venues gaan kyk en toe besluit op ArendsRus Country Lodge. Die venue is pragtig en geleë aan die voet van die Outeniquaberge. Ons het vroeg-vroeg besluit ons wil ligte en vrolike dekor gebruik; daarom het ons gegaan vir roosgoud, sage groen, dusty pienk, en hout. Ons blomme was proteas; heeltemal gepas vir die omgewing in die Outeniquaberge. Dit het verskriklik mooi gelyk in die “rustic” onthaalsaal van ArendsRus en het die hele saal opgehelder. Ek het eers ʼn hele paar trourokke aangepas, maar toe besluit om my eie een te laat maak. Ek het na Besters Bridal Boutique in Knysna gegaan waar hulle my gehelp het om my droom rok te ontwerp. Ek het my ma se veil saamgevat waarin sy getrou het in 1994. Die veil was bietjie outyds, maar Besters het die kant afgeknip en vir my die mooiste cathedral veil gemaak sodat ek ʼn deel van my ouers se troue en wonderlike huwelik ook by my kon hê. My ma en pa het my gesien in my rok voor die seremonie en my pa het vir my mooi huweliksraad gegee; ons almal was in trane. Klaus se pak is een van sy oupa’s sʼn; hy wou graag gehad het sy oupa moet ook deel wees van ons spesiale dag. Ons troue was baie spesiaal omdat dit katte en honde gereën het (selfs nadat ek weke lank gebid het dat dit nie moet reën nie; George se weer is baie onvoorspelbaar). Die seremonie was in ʼn kapel met oop kante en dit het gevoel soos ʼn sprokiesverhaal met die reën wat saggies van die dak af gedrup het. Dit het wel so gereën dat ons nie op ons troudag kon foto’s neem nie, en het eers ʼn maand daarna weereens mooigemaak en aangetrek en toe ons foto’s by ArendsRus gaan neem. Ek sal nooit ons troue vergeet nie; al ons naaste vriende en familie was daar om ons huweliksbevestiging by te woon en daarna het ons gekuier en partytjie gehou tot laat in die nag. Een van die spesiaalste oomblikke van ons troue was toe ek Klaus se trane afvee toe ek voor in die kapel by hom kom, en toe ons aan die einde van die aand die laaste mense oor was en ʼn laaste dans gehad het. Net ons twee.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23067

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23067

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Fancy Functions
                • Dekor: Fancy Functions
                • Fotograaf: Franzoa Media
                • Gaste Geskenke: “Loadshedding survival kits” – Vuurhoutjies en ʼn teekersie
                • Grimering: MJ Artistry
                • Hare: MJ Artistry
                • Huurdienste: Pic and Keep Photobooth
                • Huweliksbevestiger: Ds Jan Fourie
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: Yolande du Plessis
                • Troukoek: Simply Sweet – Cakes by Karen
                • Koördineerder: Reinhard Stander
                • Musiek: DJ Morne
                • Platejoggie: DJ Morne
                • Skoene: Kingsmead
                • Strooimeisie-rokke: Besters Bridal Boutique
                • Trourok: Besters Bridal Boutique
                • Venue: ArendsRus Country Lodge
                • Paartjie se verblyf: ArendsRus Country Lodge
                • Videograaf: Franzoa Media
                • Huwelik kontrak: De Lange en Moolman prokureurs
                • Wittebrood plek: Montagu en Knysna