Lané & MC Barnard

STORIE:


Ek het my man ontmoet in Gr 1, ons was saam in die Laerskool, en deur ons skoolloopbaan het ons vriende gebly.  In Gr 10 het ons mekaar gevind en ons het begin uitgaan.  Dit was nie lank nie toe besef ek maar hierdie is my trouman.  Hy sê al jare lank vir my hy gaan met my trou maar hardkoppig soos wat ek is het ek hom nooit geglo nie en kyk nounet toe is die man reg.

10 Jaar het verby gegaan en hy het uiteindelik die groot vraag gevra, die dag waarvoor ek so lank gewag het.  Dit was perfek en ek kon niks onthou wat hy vir my gesê het nie.  Ek weet net ek het op ʼn manier ja gesê want daar was ʼn ring op my vinger en my drome het waar geword.  Ek gaan met my beste maatjie trou.

So nadat hy die groot vraag gevra het, het die beplanning kort daarna begin.

Ons het begin by die basis – datum en gastelys.  Die datum was vinnig gekies want ons wou in die somer trou, om en by ʼn jaar nadat ons verloof geraak het.  Die gastelys was bietjie moeiliker, om ʼn kleiner troue te hou met net jou naaste mense, die getalle tel vinnig op, maar nietemin gastelys uitgesorteer en daar word ek gelos om venues te soek op my eie tyd.

Die Venue: My droom venue is presies wat ek gekry het , ʼn woudkapel met ʼn pragtige saal wat die minimum dekor benodig.  So gaan ek en my liefste verloofde na Lavandou se opedag en net daar besluit ons dis die een. Die eerste en enigste venue wat ons besoek en dit was die perfekte venue. ʼn Woud kapel en ʼn pragtige saal, ʼn dekorkamer vol eindelose idees en ʼn koördineerder, Sanja wat weet wat sy doen.

Met ʼn pragtige saal was die dekor minimaal, net genoeg om die mooi uit te bring van die plek en die kleurskema voorentoe te bring.

Natuurlik toe ek besluit op swart dekor was my Ma en Hoofstrooimeisie glad nie opgewonde nie want dit gaan dood lyk, maar met Lavandou se dekor en Sanja se hulp het dit pragtig gelyk en my drome het vinnig realiteit geword.

Goed, nou het ons ʼn plek om te trou en ʼn tyd maar wat trek ek aan?  Een aand lê ek wakker en dink aan alles wat nog gedoen moet word en so kry ek ʼn idee van my ideale trourok.  Maar natuurlik is dit nie ʼn algemene rok wat jy kry nie so hy sal gemaak moet word.

ʼn Paar dae later soek ek op Facebook rond en kom op ʼn soortgelyke rok af, so klim ek, my ma en beste vriendin in die kar en ry ʼn uur en half om ʼn rok aan te pas. Dit was mooi maar nie heeltemal “DIE EEN” nie.  Gelukkig het ons nog baie tyd.

So kom Februarie 2022 en dit is die Ek’s Verloof Expo en kan jy glo daar is die rok.  Die een wat in my drome was, die een wat ek na gekyk het aanlyn maar hy was buite begroting.  Hy pas perfek! Hy is afgemerk! En hy gaan saam my huis toe!!! Gelukkig is nie die regte woord nie, wie sou kon raai dat ek my droomrok ʼn volle jaar voor my troudag sou kry.

Die res van die beplanning het seepglad verloop.  MC se pak was maklik om te kry en met my prentjie in my kop en hy wat weet hoe om ʼn pak goed te laat lyk het ons in een dag reg gekom.

Na maande se beplanning en afwagting het die dag aangebreek.  Alles het so goed verloop, dit was so rustig en beter as wat ons kon dink.

Die oomblik toe ek my man sien by die kansel staan het ek kalm geraak en myself geniet.  Dit is tog ONS dag niemand anders se dag nie.

Buiten die normale spesiale oomblikke op ons groot dag het ons bietjie van ons eie ook gehad.

Ons het ʼn oomblik alleen gehad, terwyl almal in die saal in beweeg, geen fotograaf of koördineerder of Strooimeisies nie net ONS.  Ons het die tyd gebruik om mekaar in te neem, die dag sover in te neem en net bietjie te gesels.

Aan die einde van die aand, na laaste rondte , het ons DJ gevra almal moet asb die saal verlaat en ons het ʼn laaste dans gehad.  Dit is net so spesiaal soos ons eerste dans as man en vrou gewees. Daar is geen druk, geen oë op jou net jy en jou man wat mekaar geniet op die dansvloer.

Ons troue was wonderlik, alles waaroor ons kon droom, dit was well te vinnig verby.  Al die beplanning en voorbereiding vir die groot dag en dis in ʼn oogwink verby.  Maar ek sal dit vir niks verruil.

Ek het met my beste maatjie getrou met familie en vriende om dit saam ons te vier.  Wat is meer spesiaal as dit?

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23026

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23026

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Freshlook Natural Creations
                • Bruidegom-pak: Oriental Plaza
                • Dekor: Freshlook Natural Creations
                • Fotograaf: Infinity Times Infinity
                • Grimering: Unbelievable Beauty
                • Hare: Unbelievable Beauty
                • Huweliksbevestiger: Ds Louis Lemmer
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: Pearl & Diamond, Touchwood
                • Troukoek: LaMoraine Cakes
                • Koördineerder: Sanja- Lavandou
                • Musiek: Lavandou DJ
                • Platejoggie: Marcelle
                • Skoene: Edgars
                • Skryfbehoeftes: Michelle Van Der Merwe
                • Strooimeisie-rokke: Mibella bridesmaids
                • Trourok: Étoile- Dednam Cotour
                • Venue: Lavandou
                • Paartjie se verblyf: My French House
                • Videograaf: Infinity Times Infinity
                • Huwelik kontrak: SHP attorneys
                • Wittebrood plek: Nederland