Lara & Rohan Hamman

STORIE:


Ons Troudag.

Ek moet lank dink oor wat om te sê. Eerlik, opreg en persoonlik is die drie woorde wat eerste opkom as ek aan 27 Mei 2023 dink. Vele hande, bekende hande, het hierdie troue aanmekaar geweef. Ek weet waar elke liewe klein elementjie van hierdie dag vandaan kom. Ons het gesource, gesteel (baie innocently), gespuit, gestik, geverf, gedra, geknoop, gepolish, gebak, ge-ice, geplak, geskeur, GEMAAK. Die hande wat ek en Rohan liefhet was sigbaar in elke hoek en draai.

Ek is getroud aan my beste vriend tussen ons mense in hulle beste klere. Hulle beste patrone en teksture en glimlaggies. Ek is getroud aan ‘n man met ‘n skilpad op sy bors op ‘n windstil dag in sy geliefde Paarl, met herfsblare gestrooi tussen almal se bene en ‘n orrelis met rooi skoene wat my en my pa met die troumars vergesel by die isle af. Ons is getroud met die Taalmonument en Tafelberg wat ons van voor en agter beloer, gestrooi met familie-confetti en gesprinkel met tinsel. Met blou en pienk sussies aan elke sy, trotse traanpikkende pa’s en moeders uitgevat in volstruis en sebra, is ek getroud aan my beste vriend met ‘n vooruitsig van ‘n lewe vol LEWE.

Toe ek en Rohan Diamant gaan besoek het vir die eerste keer, het die rooi vintage-movie-theatre-like stoele in die venue gestaan. So deurmekaar en op mekaar gestapel. Gelyk soos ʼn abandoned show. “Hulle het sulke cream covers wat net nie nou op is nie.”

Nee nee, ons soek die rooi.

Van daar het die idee van ʼn tipe royal, lived-in, banket tema gekom met tafels geklee in duck egg en goud en belig met baie kerse. Ek hou tog so baie van ʼn lived-in, cosy gevoel. As alles te perfek en simmetries en oop en wit is raak ek sommer (ironically) claustrophobic.

Ek en my ma met haar Midas Touch het al die blomme op die tafels self gedoen. Gesource en gedroog en gespuit (My moedertjie was dalk bietjie hoog van al die spuitverf) en gerangskik. My oupa het van die takke en plante gesteel by die aftreeoord, maar “in die daglig, want as mens steel dan steel jy in die daglig.” Ons garage was vir maande vol bokse en sakke en ons het gesukkel om in ons karre te klim van al die goed wat uit die dak uit gehang het. Ons liewe huishulp, het vir ons groot mielies gesource wat ons ook verguld het en as centrepieces gebruik het (ek weet nie wat met die mielies gebeur het na die troue nie, maar ek vermoed ʼn goue mielie pronk in ʼn paar van ons gaste se tuistes). Die duck egg servette het ons liewe ma’s en oumas gestik een Saterdagmiddag rondom die etenstafel by ons huis.

My ma het 42 eiers gebreek en ons grote bloue koek in ons kombuis gebak en alles uit ons yskas uitgepak sodat die koek daarin kon pas. (My pa het so bietjie gevloek toe ons dit moet vervoer Diamant toe die Vrydag). Ons het die kersies doodgeblaas want dis die verjaarsdag van ons huwelik en ons very vintage, very kitsch bridal cake topper was net die cherry op die koek.

Ek het al 6 jaar terug voor ek even vir Rohan geken het ʼn meisie op Instagram gesien wat ʼn tinsel jacket aangehad het vir haar troue en daai dag het ek besluit, YES. This is it. Ek en my ma het ure in China Town rondgedwaal opsoek na die perfekte kleure sodat ek nie soos Kersfees lyk nie. Toe het ons geknip en gegluegun en gecellotape en gestaple om vir my hierdie disco cape te maak. Die koek met sy kerse moes natuurlik ook op ʼn bed of tinsel staan, want..I mean why not go over the top?

So eks obsessed met Gucci en het dadelik geweet ek wil iets Gucci inspired vir Rohan en al die spesiale prinse van die dag maak. Ek en my ma het ou serpe opgeknip, ou oorbelle en necklaces gesny en gebreek, linte en lappies gesource uit al ons kratte en boksies en ʼn ding mal ge-DIY. Elkeen het ure geneem en is mee ge-eksperimenteer en bekyk vanuit alle angles voor ons hom afgetick het. Dit was so spesiaal om die mannetjies voor in die kapel te sien pronk met hulle handgemaakte boutonnières. Rohan het die skilpad gedra, saam met sy pa se troudas en sy Oupa se dasspeld.

Die groomsmen se outfits was een groot improv, en een groot perfékte improv. Hulle het dit glo half op die dag bymekaar gesit. Rohan het net vir my gesê “los my” so toe doen ek (bietjie). Wie watter boutonniere dra is ook op die dag gekies. Die Rohan-Maanhaar-Smiling sokkies was ook ʼn add on waarop ek en Rohan een Saterdagmiddag besluit het. Die groomsmen moet tog iets in geneem hê? Hoekom dan nou nie die man of the day op hulle enkels nie?

Ons gaste se instruksies? Elegant en flambojant. Kom pronk in borsspeld en blink. Ryk, warm, winter, luuks. Absoluut die diamante van ons dag se kroon.

Net voor ek en my pa ingestap het, het hy na my toe gedraai, al ons nerves was weg, en hy het gesê: “let’s rock and roll, Lalla.”

Toe gaan daai deure oop en ek sien die mooiste groen man wat vir my wag. Ek het niemand anders raakgesien nie (sorry not sorry). ʼn Besonderse oomblik. Blomlief wat ons installasie in die kapel gedoen het, het hulself oortref. Om onder hulle kunswerk belangrike beloftes te kon maak was ‘n voorreg wat ek nooit for granted sal vat nie.

Kyk, ek het nog altyd geweet ek wil op die troumars stap na my man toe (okay, op ʼn stadium op hoërskool was dit One Direction se Steal My Girl chorus) maar ek het nou nie gedink ek sal op die troumars instap wat Laurinda Hofmeyr met haar rooi orrelskoene op my skoonma se orrel wat hulle spesiaal Diamant toe vervoer het speel nie. Dit was ʼn voorreg.

Tilana het vir ons ʼn water-tema preek gegee wat ek nie sommer sal vergeet nie. Ons gieter-geskenk pronk langs die wasbak in Worcester en ek kyk elke dag daarna as ek ons bordjies was. Haar seuntjie het vir ons ʼn prentjie van ʼn gherkin geverf wat op my lessenaar staan (hierdie maak nou natuurlik sin as jy die preek gehoor het).

Die oomblik toe ons klaar getrou en gesoen het, het Laurinda Scent of a Woman se tango musiek begin speel, en ek dink dit was een van die most profound moments of my life.

Rohan, dit was máklike beloftes. No fuss. Ek wéét jy is vir my bedoel.

My skoene was nie grand nie, ek het hulle self gestrik. My vere het aan my oupa se ma behoort en kom reguit uit Oudtshoorn se Volstruis Era. My sussie het Harry Potter se Golden Snitch op haar bors gedra vir ‘n magic touch. My rok het my soos ‘n swaan laat voel. Ons dag was perfek.

Aan my water man, vir jou bestel ek ‘n gieter en ‘n graaf om saam ‘n gelukkige einde vir ons te groei.
I love you, indefinitely.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23160

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23160

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Blomlief
                • Dekor: Self, Blomlief
                • Fotograaf: Anneri Wasserman / Basque Imagery
                • Grimering: Visual Artistry (Jeane)
                • Hare: Visual Artistry (Jeane)
                • Huurdienste: Blomlief
                • Huweliksbevestiger: Tilana Meyer-Morkel
                • Juweliersware: Forever New
                • Trouring: Daleen Bruwer
                • Troukoek: Self
                • Koördineerder: John Stemmet
                • Musiek: Pierre Smit / DJ Pepe
                • Platejoggie: Pierre Smit / DJ Pepe
                • Skoene: Superbalist / self
                • Skryfbehoeftes: Self
                • Strooimeisie-rokke: Lena Lisa
                • Trourok: Once Worn Bridal / Rose Karoo
                • Venue: Diamant Estate, Paarl
                • Paartjie se verblyf: Diamant Estate
                • Vermaak: Laurinda Hofmeyr
                • Videograaf: Self
                • Huwelik kontrak: Marina Lourens
                • Wittebrood plek: Buff and Fellow Eco Cabins