Leandré & Maryke Boshoff

STORIE:


Dit was net eenvoudig dié beste dag van my lewe! (Ook een van die koudste dae wat ek al in Heidelberg beleef het)

Van die begin af was die beplanning maklik en alles het vlot verloop. Ek wou nog altyd in Heidelberg (my gunsteling dorp) trou.

Ek wou ook my hele lewe lank in die kerk waar ek groot geword het trou en boonop is my pa ʼn dominee so dit was die maklikste deel om te reël. Die troumars op die orrel was natuurlik ook ʼn moét.

Wat die “venue” betref is daar nie ʼn wye verskeidenheid opsies in Heidelberg nie… Die skousaal is wel groot genoeg, met ʼn lekker groot dansbaan en kan baie mooi versier word.  La Flor Events & Decor het al die dekor in die kerk en saal presies gedoen soos die foto’s van wat ek wou hê.  Dit was tydloos mooi, groen, warm en ʼn heerlike liefdesfees in die hartjie van die winter.

Ek het my eie troue beplan uit Pretoria en ons het in Heidelberg (Wes-Kaap) getrou.  Dit was glad nie so moeilik nie en alles het mooi uitgewerk.  My man is seker die maklikste persoon om ʼn troue mee te reël. Hy het van my idees gehou, gehelp kies aan dit wat hy kan en al die pad ondersteun met besluite.

Die soek na my trourok was een van die moeilikste dele en ek het so 2 maande voor die tyd eers my mooi rok gekry … Seker nadat ek plus/minus 50 rokke aangepas het in die Kaap, George, Pretoria… Alles werk gelukkig altyd reg uit en ek sal my rok oor en oor kies!

My man se groen pak is by Woolworths gekoop. (Darem was dit makliker om te kry)

Vir my was my tuisdorp spesiaal en al die mense wat van ver gekom het om die dag saam met ons te vier! My ouma van 86 wat saam foto’s geneem het terwyl ons reggemaak het was net so spesiaal vir my.  Drie generasies in een foto op my troudag – hoe bevoorreg is ek nie.

Al was dit ʼn koue en reënerige dag het ons darem ook tyd gekry vir foto’s neem in die mooiste geel Canola lande (my gunsteling).

As ek hierdie dag kan oorhê trou ek weer .. met dieselfde man rok, kerk, venue en gaste!  Dit was elke sent werd!!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23220

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23220

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: La Flor Events & Decor
                • Bruidegom-pak: Woolworths
                • Dekor: La Flor Events & Decor
                • Fotograaf: Charl Kemp Photography
                • Gaste Geskenke: My ma en ek
                • Grimering: Beauty Spot Riversdal
                • Hare: Lene’s Hair Studio
                • Huweliksbevestiger: Ds. Heinie Vermeulen
                • Trouring: Mark of A
                • Musiek: Just For You Sound (Pty) Ltd
                • Platejoggie: Just For You Sound (Pty) Ltd
                • Skoene: Superbalist
                • Trourok: Bridal Manor
                • Venue: Heidelberg Skousaal
                • Vervoer: Ford Fairlane (vriende)
                • Videograaf: Charl Kemp Photography
                • Wittebrood plek: Maldives