Lourens & Melissa Kleynhans

STORIE:


Die trou beplanning moes blitsig plaasvind omdat ons in Augustus 2022 verloof geraak het en op die datum van 29 April 2023, te Monte Bello Estate, Bloemfontein besluit het.

Ek het besluit om die bul by die horings te pak en alles in eie hande te neem. Ek het ʼn eenvoudige en elegante dag beplan. Waar ieder en elkeen heerlik kon kuier, eet en in die aand in dans. Iets wat tydloos is en waarna ons kan terugkyk na asemrowende trou foto’s in ons oudag.

Die dekor het bestaan uit elemente van swart en wit – feetjie ligte en ʼn oormaat kerse het die saal laat glinster en ketels en bekers van antieke silwer is met blomme gevul. Die wortel-, vanielje- en sjokolade laagkoek het ook ʼn tikkie van ons as paartjie weerspieël met die unieke bostuk.

My droomrok is spesiaal ontwerp deur Tannie Julie Wedderburn. Ek het met my wildste idees na haar gegaan, en die ontwerp avontuur is saam aangepak. Die resultaat – ʼn enig-in-sy soort prinses trourok! Pragtig in “champa” getooi met 3D detail op die bostuk en glinsterende tule het my laat blink met elke draai.

Lourens het per toeval eendag op sy pak afgekom en by ZARA aangekoop. Hy het soos my eie James Bond gelyk!

Die seuntjies het elkeen ʼn tux aangehad en het ewe braaf in die paadjie afgestap. Die dogtertjies, getooi in spierwit prinsesrokkies met sierlike swart strikke om die middel en swart strikkiekopbande, het ewe gelukkig aangehuppel gekom. Hulle het almal se harte gesteel! Vyf strooimeisie sussies was stylvol in swart geklee en die strooijonkers in swart en wit, het die gevolg uitgemaak.

Dit was ʼn perfekte “somer” herfsdag. Ek het op die note van “What a Beautiful Name it is” van Hillsong ingegestap, aan die arm van my “Daddy”. Wat ʼn voorreg! Aan die punt van die swart mat het my beste maat gewag om “vir ewig en altyd” ʼn realiteit te maak.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23206

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23206

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Ma van die Bruid
                • Bruidegom-pak: ZARA
                • Dekor: FlowerIt Bloem
                • Fotograaf: SJENEL studio photography
                • Grimering: SJ NEL Make Up Studio
                • Hare: Hair by Professionals
                • Huurdienste: Monte Bello
                • Huweliksbevestiger: Abel Jordaan (Doxa Deo)
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: Vdolili / Manser Jewelry
                • Troukoek: Cornè Greyvenstein
                • Skoene: Woolworths
                • Trourok: Julie Wedderburn
                • Strooimeisie-rokke:  Scheugnet Smith
                • Venue: Monte Bello Estate, Bloemfontein
                • Platejoggie:  JM Sound
                • Paartjie se verblyf: Summer Guesthouse
                • Huwelik kontrak: Christo Fourie ( Doxa Deo)
                • Wittebrood plek: Phuket