Ludwig & Eriché Claassen

STORIE:


Ons mooiste sprokies troue.

Ons het verloof geraak Maart 2022 en besluit ons wil die volgende jaar trou. So het die soektog na die perfekte venue begin. Ek het na ʼn paar venues in die stad gaan kyk, maar dit het net nie soos die plek gevoel waar ons moet trou nie. Ek het besluit om toe te kyk na plekke in Natal, omrede dit nog altyd vir my een van die mooiste plekke in ons land is. So het ons een naweek gery en by Lythwood Lodge in die Midlands opgeëindig. Ons het net daar ingery en ek het gesê dis waar ek graag wil trou. My man het natuurlik gesê ons moet tenminste net na die res van die plek kyk voor ons ja sê. Ons was so beïndruk met die diens, die venue en die kos. Alles was uit die boonste rakke. Daardie naweek het ons besluit ons trou in die Midlands.

My trourok was ʼn bitter maklike keuse. Ek het ʼn rok op Timeless Bridal Couture gesien en geweet dis die rok waarin ek wil trou. Ek en my Ma en Pa het een naweek deur gery Pretoria toe en ekt die rok aangepas en hom gekoop. Dit was die enigste trourok wat ek aangepas het en hy was die perfekte keuse. Wat op die dag spesiaal was, was dat ek my ma se juwele kon dra wat sy by my pa gekry het vir hul 30ste huweliksherdenking en my ouma het vir my ʼn ring geleen wat my oupa vir haar gekoop het.

Die troupak was ʼn maklike keuse vir my man. Hy het geweet hy wil in ʼn swart pak trou. Ons het dit plaaslik by ʼn winkel laat maak en hulle diens was uitstekend. Verstelling het hulle perfek gedoen.

Die dekor het ons laat huur en afgery na die venue toe en die blomme en dekor het my man se ma behartig.

Wat vir my ekstra spesiaal was, was die feit dat my hele groot familie kon deel wees van ons groot dag. Ons het die mooiste koets gehad waarin ons gery het en verlief tot en met ons ore toe. Ons gevolg het ook uit hulle pad uit gegaan om die dag vir ons spesiaal te maak en ek is baie dankbaar vir elke liewe een van hulle.

Die seremonie was vir ons baie spesiaal omdat die Pastoor wat my as baba ingeseën het ons ook kon trou die dag. Dan natuurlik die uitdrukking op my man se gesig toe ek in die kapel afstap. Iemand met ʼn mooier hart as my man kry jy nie.

Ek sal enige dag weer met die liefde van my lewe trou!!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23066

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23066

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Annari Claassen
                • Bruidegom-pak: Osmans Standerton
                • Dekor: Hernel Wedding Hire
                • Fotograaf: Adam Hilton
                • Gaste Geskenke: Dream organiser
                • Grimering: Michelle Haywood
                • Hare: Bridal Brush
                • Huurdienste: Champagne Carriages
                • Huweliksbevestiger: Pastoor Pieter Smit
                • Juweliersware: Swarovski
                • Trouring: Elma Jewellers
                • Troukoek: Rina Lubbe
                • Koördineerder: John Ditchfield
                • Musiek: Johan Du Bruto
                • Skoene: Shein
                • Skryfbehoeftes: Dream Organiser
                • Strooimeisie-rokke: J J’s House
                • Trourok: Timeless Bridal Couture
                • Venue: Lythwood Lodge
                • Paartjie se verblyf: Lythwood Lodge
                • Vervoer: Champagne Carriages
                • Videograaf: Adam Hilton
                • Huwelik kontrak: Pastoor Pieter Smit
                • Wittebrood plek: The Standard Hotel, Maldives