Marius & Joané Van Eck

STORIE:


Op 13 Junie 2021 het ons sprokiesverhaal begin toe ons verloof geraak het op die rotse langs die see net anderkant Gordonsbaai oppad Hermanus toe.
Ons wou genoeg tyd gehad het om regtig ons droom dag te kon beplan en alles te kon hê wat ons graag wou.
As ʼn klein dogtertjie het ek al gedroom om i.p.v ʼn troukar te hê, ʼn wit perd te hê waarop ek arriveer by die seremonie – en dit is presies hoe dit ook was! Ek het so groot liefde vir diere, en so ook het my man.
Op ʼn plaas, tussen die perdestalle, het ek gearriveer, in my wit trourok, op my wit perd.
My prinsesstyl trourok was perfek gewees vir ons ‘Happily Ever After’ troudag.
Die instap troulied is gespeel op ʼn baba vleuelklavier wat tussen die bome langs die trougazebo gestaan het.
Ons is geseën met druppeltjies reën wat begin val het, net soos ons trou aan mekaar beloof het. Dit het natuurlik ook vir asemrowende fotos gesorg.
Nadat ons fotos geneem is, het ons ingestap en die dansvloer geopen met ʼn gekoriografeerde wals, wat al ons gaste se monde laat oophang het. Dit was natuurlik op die Shrek liedjie ‘It Is You I Have Loved’.
Met ʼn heerlike spitbraai ete, kon die gaste nie genoeg kry nie. Agterna as nagereg het ons besluit op n tradisionele vrugtekoek as troukoek, en pepperment crisp doppies.
Wat vir ons spesiaal is, is om tyd saam met mekaar te spandeer. Met my groot liefde vir dans, het ek my man ook aangesteek, en hy het besluit hy wil saam met my ook danslesse neem – ons hoop om eendag nog baie vêr te kom met dit. Soos ons altyd sal sê, daar is geen backsies nie, saam sal ons nog baie deurmaak!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23197

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23197

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Johannes Koetsier (pa van bruid)
                • Bruidegom-pak: Edgars
                • Dekor: Self gedoen
                • Fotograaf: Idolife Photography
                • Gaste Geskenke: Self gedoen
                • Grimering: Roxanné van Riet
                • Hare: Roxanné van Riet
                • Huurdienste: All Thing’s Wedding (stoele) & SS Floor Hire (dansvloer)
                • Huweliksbevestiger: Ankia du Plooy
                • Troukoek: Makarios (versiering self gedoen)
                • Musiek: Klavier: Keith Goodwill
                • Platejoggie: Eben Basson
                • Skoene: Superbalist en Burgundy (bruidegom)
                • Skryfbehoeftes: Self gedoen
                • Trourok: Fynbos Bridal Boutique (alterasies deur vriendin)
                • Venue: De Ouwe Klok@Vlottenburg
                • Videograaf: Jonathan Misnuner
                • Huwelik kontrak: Mauritz Kriegler
                • Wittebrood plek: De Haas