Marize & Leon Brits

STORIE:


15 April – die dag wat ons drome vlerke gekry het.

Ek het ʼn agtergrond in die trou industrie, ek is in my vrye tyd ʼn vryskut-bloemis en het ʼn groot liefde vir alles wat mooi is. Ons albei hou daarvan om deeglik te beplan en ons het van die begin af geweet dat hoe meer dinge ons self doen, hoe meer kon ons dit op ons tyd en manier doen om binne ons begroting te pas. Ek kon ook my kreatiewe kant uitleef sonder enige teenstand!

Die Italiaanse platteland en die Amalfi-kus was ons inspirasie vir die troue. Ons wou ryk kleure gebruik om die warmte van die son in te bring en daarom het my strooimeisies almal kleure uit ʼn mooi sonsak aangetrek en die blommerangskikkings saam met die groen potplante het die gevoel vasgevang. Die terracotta en swart kleure het ook ʼn element van Toskane en luuksheid bygevoeg.

Toe dit kom by Leon se troupak het ons geweet hy moet deftig lyk met ʼn swart pak en strikdas. Die blomtuin in sy voorsak was in plaas van die tradisionele skouer ryker – ek het in my wit japon en krullers gesit terwyl ek dit gemaak het die oggend van die troue.

My ma het my trourok gemaak en die inspirasie daarvoor was “Vogue”, ek wou tydloos en elegant gelyk het. My bruidsruiker het ek gevul met kleur en uitbundige luuksheid wat alles afgerond het en wat ʼn storie vertel van my liefde vir blomme wat ek by my Ouma gekry het.

My ma het ook ons heerlike troukoek gebak en versier met blomme uit haar en skoonma se tuine wat hulle al maande voor die tyd begin pars het.

Lezar Opstal het ons drome vlerke gegee. Die spasie, afronding, aandag aan detail en diens was besonders. Die kos – onverbeterlik.

Ons troudag was die mooiste dag van ons lewens – die begin van ons lewe saam. Ons was omring deur mense wat lief is vir ons en alles het gevoel en gelyk soos ʼn wonderlike droom. Ons is die heel blyste oor die feit dat ons ʼn video laat maak het, want nou kan ons hierdie droomdag oor-en-oor beleef!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23161

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23161

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Ek en my ouma
                • Bruidegom-pak: Woolworths
                • Dekor: Lezar, Hand&Land en Botanicus
                • Fotograaf: Madri van Intentional Photography
                • Gaste Geskenke: Mia van Studio_Two35
                • Grimering: Marena Botha
                • Hare: Kaylie Vermeulen van Halo Hair Studio
                • Huweliksbevestiger: Ds. Tienie Bosman
                • Juweliersware: Nadine van Dina Jewellery Design
                • Trouring: Heathorn’s Diamonds & Gold
                • Troukoek: My ma, Mirna Taljaard
                • Koördineerder: Ek self
                • Platejoggie: Christian Golden
                • Skoene: Trenery, Shein en Aldo
                • Skryfbehoeftes: Self ontwerp op Canva en laat druk, my pa het die welkombord gemaak.
                • Strooimeisie-rokke: Country Road, Forever New, Shein en my ma
                • Trourok: My ma, Mirna Taljaard
                • Venue: Lezar Opstal, Heidelberg
                • Paartjie se verblyf: Lezar Opstal, Heidelberg
                • Videograaf: Pinnacle Studio Photo & Film
                • Huwelik kontrak: Chris de Jager Attorneys
                • Wittebrood plek: Die tuinroete