Mischka & Bernard Wolmarans

STORIE:


Ek en Bernard ken mekaar al 10 jaar en het die koeël deur die kerk gestuur 3 maande terug op 12 Mei 2023 by Venue Nouveau in Pretoria Oos, lekker naby aand die huis vir ons geliefdes. Venue Nouveau is so ʼn ongelooflike intieme en romantiese plek wat ʼn regte bosveld gevoel aan sy gaste bied. Ons troue was die mees onvergeetlike en buitengewone ervaring.

Ons het ʼn klein troue net vir goeie vriende en familie gehad, presies 50 gaste op die kop, en die venue het vir alles gesorg en ons toegelaat om ʼn stresvrye, vreugdevolle troue van begin tot einde saam met ons geliefdes te beleef. My rok het ek by Fynbos Bridal gekoop en het absoluut soos ʼn prinses gevoel en Bernard het sy pak by My Pal gekoop. Ons troubeplanning was alles gehanteer deur Venue Nouveau buiten die trourok, troupak en stationery wat ons self voor gesorg het.

Ek het die oulikste troue beplannings boekie gekoop om seker te maak dat ons niks vergeet nie, en my hoof-strooimeisie het gesorg vir die res. Ons het Silber Studio gekies om ons troue af te neem en dit was so ʼn lekker bederf om hulle ons foto’s te laat neem het, dit het gevoel asof hulle nie eers daar was nie en ons was gemaklik om ʼn rustige oomblik weg van alles te geniet tydens ons shoot. Ons het ons sitplan gebou uit koevertjies met blommetjie saad in sodat ons gaste altyd die dag sal onthou as hulle die blommetjies sien groei!

Die mees spesiaalste herinnering vir my is die gaste interaksie portret wat ons gemaak het, ons het ink gekoop en die gaste het hulle vingerafdrukke op ʼn portret gesit, op klein vuurvliegies wat ons vooraf geteken het met elkeen se naam by. Alles was net perfek en spesiaal en die brood breek by die altaar het alles vir ons beteken, God het ons roete beplan saam nog voor ons geweet of gebore was so om Hom deel van ons troue te gehad het was alles waaroor ek gedroom het en meer!

Ons is so dankbaar om die journey te kan deel met ander, my klein dogtertjie drome het waar geword en ek sal altyd dankbaar wees.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23158

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23158

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Venue Nouveau
                • Bruidegom-pak: My Pal
                • Dekor: Venue Nouveau
                • Fotograaf: Silber Studio Weddings
                • Gaste Geskenke: Mischka & Bernard
                • Grimering: Di’s Artistry
                • Hare: Di’s Artistry
                • Huurdienste: nvt
                • Huweliksbevestiger: Wondrous Weddings
                • Juweliersware: Fynbos Bridal
                • Trouring: Kraai Fine Jewelry
                • Troukoek: Trendy Tables
                • Koördineerder: Charlize van der Berg
                • Musiek: Mischka & Bernard
                • Platejoggie: Venue Nouveau
                • Skoene: Fynbos Bridal
                • Skryfbehoeftes: Mischka & Bernard
                • Strooimeisie-rokke: Refinery
                • Tente: nvt
                • Trourok: Fynbos Bridal
                • Venue: Venue Nouveau
                • Paartjie se verblyf: Venue Nouveau
                • Vermaak: Venue Nouveau
                • Vervoer: nvt
                • Videograaf: Jurese Venzke
                • Huwelik kontrak: Van der Walt & Hugo
                • Wittebrood plek: Garden Route