MJ & Nicolize De Bruin

STORIE:


Ek en MJ het ontmoet in 2021 tydens winter. Ons het net dadelik ge-“click” en nog nooit ophou praat nie. Ons het net van die begin af geweet ons gaan met mekaar trou.

September 2022 het hy ouers gevra toe ons vakansie gehou het in Botswana. My pa is sleg met geheime hou en het sommer paar minute daarna vir my alles vertel! Die opgewondenheid was groot en ons het sommer dadelik begin troue beplan ( al was daar nog nie ʼn ring aan die vinger nie)

Ons is bly in die Noord-Kaap, op ʼn klein regte boere dorp, Hartswater. Ons wou op my pa se pragtige wildsplaas trou, maar ek het nie kans gesien vir al die beplanning en stres nie. Ons het toe besluit om te trou by Monte Bello Estate, in Bloemfontein. Beste besluit!! Ek kon net terugsit en alles was vir my gedoen en gereël.

Die trourok. Van die begin af wou ek eerder net ʼn rok koop. Baie minder stres vir my. Ons het klomp mooi plekke gaan rondkyk, en uiteindelik my sprokiesrok gekry in Johannesburg by The Wedding Boutique. My trourok kies was vinnig, maar my man se troupak nie. Met sy brieë skouers het niks gepas nie. Op die ou einde het ons by ʼn klein winkel in Vryburg reggekom en was altwee baie vrede. Hy’t ook abnormale lang voete en dit was die enigste plek waar ons kon skoene kry.

Ons was 9 maande verloof, maar soos ons almal weet hoe die tyd vlieg, het dit net soos 3 maande gevoel. Dis ʼn baie stresvolle tyd. Trou is nie perde koop nie! Ek oordink natuurlik alles, so my arme man moes gereeld op sy tande kners.

Ek dink meeste vrouens sal saam met my stem. Dis net die vrou wat eintlik troue beplan. Mans is “min gespin”. Hulle soek net ʼn lekker braai en kuier om ʼn vuur. Ongelukkig soek ons vrouens baie meer as dit. Ons droom tog hieroor van kleintyd af!

Vrydag, 12de Mei, het ons ʼn braai gehad by die venue. Net ʼn lekker by mekaar kom en leer ken voor die groot dag. My man aan die kant kant het anders besluit. Hy het daai aand ʼn 2de Bachelors partytjie gehad in Bloemfontein! En was nooit by die braai nie ( stres doen hom nie baie goed nie )

Die groot dag het aangebreuk en soos my geluk, het dit gereën! Elke bruid se ervaring is natuurlik anders. Baie bruide pik nie eers ʼn traan nie, my make-up was skaars klaar toe huil ek al snot en trane.

Dit was vir my ʼn ongelooflike emosionele dag. Veral toe ek my pa sien. My pa is nie net ʼn normale pa nie. Hy’s ʼn rolmodel 1000. Hy’s ʼn LEGENDE! Te danke aan hom kon ek die troue van my drome gehad het.

Die bruidegom is ook gewoonlik emosioneel as sy mooi bruid aangestap kom. My man het konstant gesnik soos hy huil! Tot en met na die toesprake. Ons moes heeltyd tissues uithaal. Hoe spesiaal…dis ʼn gevoel wat mens nie kan beskryf nie. ʼn Oorweldigheid van liefde en vreugde!

Ons venue se dekor was uit die boeke! Soos almal sou sê, stylvol, klassiek, elegant…alles in een! My gunsteling kleur is nog altyd blou, so natuurlik was daar baie skakerings van blou.

Buiten hoe mooi dit gelyk het, kan ek nie ophou dink aan ons wonderlike vriende en familie wat dit saam met ons kon vier nie. Dit was nie net ʼn normale troue nie. Dit was ʼn FEES !! Ons het so gedans dat my man se broek in die middel regdeur geskeer het! Hy is natuurlik die beste “twerker” by verre! En dan praat ons nie eers van die “wurm” nie, (ek het fotos as bewyse). Dit was ʼn fees wat eers geeïndig het die volgende oggend net na 6:00, toe van die werkers wou begin skoonmaak het.

Wat ʼn voorreg ! Om ʼn ewigheid saam te vier tot die son op kom, om soveel mense te kan hê wat vir jou omgee en lief het. Dis vir my en my man só lekker om net ʼn lekker tyd te hê en om te sien hoe ander dit ook geniet. Ons is “mense mense” en wil net in die oomblik lewe. Die lewe is tog só kort. Geniet elke oomblik en geniet mekaar!

Ek dink baie keer terug en wonder was dit nie onnodig geld mors. Moes ons nie maar kleiner trou ens ens…(soos baie paartjies sal dink) Maar nee! Soos my ma altyd sê, YOLO (you only live once). Dit is herinneringe wat veraltyd by almal sal bly.

Soos almal my ken is ek nie iemand wat vir hierdie tipe goed sal inskryf nie, maar ek kan nie help om ons besonderse dag met almal te wil deel nie!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23154

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23154

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Bowtie Evolution (Chané)
                • Bruidegom-pak: Nu Shop
                • Dekor: Bowtie Evolution (Ulrich)
                • Fotograaf: Kreativ Photo&Film
                • Gaste Geskenke: Verniet Jakkalsvlei rooiwyn!
                • Grimering: Ronel le Roux
                • Hare: Ronel le Roux
                • Huurdienste: Bowtie Evolution
                • Huweliksbevestiger: My Neef , Past. Lukas de Beer
                • Juweliersware: Forever new
                • Trouring: Ring Artisan
                • Troukoek: Theresa Bloemfontein
                • Koördineerder: Juan-Marie (Monte Bello Estate)
                • Musiek: DJ-Magpie
                • Skoene: Superbalist
                • Skryfbehoeftes: Geen
                • Strooimeisie-rokke: Forever New
                • Tente: Geen
                • Trourok: The Wedding Boutique
                • Venue: Mont d’Or Bello Estate
                • Paartjie se verblyf: Mont d’Or Bello Estate
                • Vervoer: My liefste Pa
                • Videograaf: Jacques Britz
                • Huwelik kontrak: Past Johan , AGS Jan Kempdorp
                • Wittebrood plek: BALI