Morné & Riancka Senekal

STORIE:


Van kleins af beplan jy en droom van jou groot dag! Met ons was die beplanning so lekker want ek hou heeltemal van te veel idees en weet dan nie waarop om te besluit nie. So ek het alles uitgewerk en vir my man ʼn kortlys gemaak waarvan hy dan een moes kies. Ek is ʼn bruid wat probeer fokus het op kleiner detail en het baie moeite en beplanning in die fynste goedjies in gesit, wat meeste mense heel moontlik mis kyk, maar vir my is dit die klein goedjies in die lewe wat saak maak.

Anders as ander bruide kon ek net eenvoudig nie op my trourok afkom nie (ek het die prentjie in my kop gehad, maar kon dit nêrens vind nie) en ek en my ma het vir maande gesoek na die perfekte rok vir my. Terwyl ek en my sussie een dag gesels het en vir rok idees gesoek het, het ek op een af gekom wat alles is wat ek wou gehad het en nog meer. Ek het die idee gevat en nog vyf ander prentjies se idees, en dit probeer saamvoeg. Gelukkig vir my het ek ʼn ongelooflike oulike Tannie gekry wat my trourok gemaak het, wat sommer dadelik al my idees gesien en verstaan het sonder om enige vrae te vra. My rok was vir my n sprokies verhaal. Ek het ʼn mooi af-skouer rok gehad wat dan wyer uit gegaan het met nog ʼn laag wat soos ʼn romp bo-oor kom wat dan ʼn lang sleep gehad het, sodat ek by die onthaal dit kon uittrek en nogsteeds my prinses rok het. My veil is deur my tannie gemaak en was langer as 5 meter en het woorde met borduur op gehad met mooi kant om die rande.

My man se idee vir sy troupak was om ʼn swart of donker grys pak te kry wat ʼn mooi lyntjie idee op het. Ons het gesoek en vir hom die perfekte suit gekry wat swart was met mooi fyn lyntjie detail wat eintlik iets besonders was. Hy het soos ʼn regte prins gelyk op ons groot dag! Ek weet mense let altyd meer op na die bruid, maar vir my was dit hy en sy netjiese pak wat uit gestaan het.

Ons venue was net die beste. Almal daar het ons so baie gehelp om ons sprokie waar te maak. Die venue is geleë tussen berge en dit het die mooiste foto’s gemaak! Nie net was die venue mooi nie, maar hulle kos was fantasties verby. Hulle is regtig die mense wat jou groot dag ’n werklikheid maak.

Ons dekor is meestal self gemaak. Elke pa het vir ons iets uit hout gemaak. Van tafel dekor en gasteboek tot kerk dekor. My niggie het tot laat aande saam met my gesit en tafel versierings gemaak wat gevoel het of ons nooit gaan klaar kry nie (maar ons het). Sonder haar sou ek nou nog met dit besig gewees het. Die manne op die gevolg het uitknip werk gedoen en my beste vriendin het soveel idees aan gestuur dat ek nie meer kon kies nie, maar net alles wou gehad het. Sy het my amper elke dag gebel om in te loer en net om my gemoed sterk te hou vir wanneer die druk swaar gevoel het en sy het net geweet wanneer om te bel. Die Mammas het soveel insette gelewer en gehelp van bruidsmeisies rok idees tot blomme. My ander tannie het ons blomme en ruikers gedoen. En my ander tannie die oulikste koekies op ons tafels. My sussies het my gehelp met haar en grimering idees. Een van my beste vriendinne het my hare gedoen op ons groot dag (sy het na die seremonie my hare kort gesny voor die onthaal, dit alles in tien minute). Ons fotograwe was asemrowend en het ons so laat lag en van goggas op my rok afhaal tot die pragtigste trou foto’s neem, net werklik die dag saam met ons geniet. DJ was puik. Ek het my rok stukkend gedans aan die onderkant. Ons dominee ken my man al van vandat hy ʼn klein seuntjie was. My stiefma het tot macramé geleer om my idees tot lewe te kan bring en my ma het soveel aande my gehelp met koring are spuit en blomme pluk vir uitdroog.
Die moeite wat ons boeties en sussies gedoen het om ons stres te verlig was onwerklik baie.

Wat die troue so spesiaal gemaak het is al die liefde. Die liefde tussen my en my man. Die liefde van ons families wat soveel as moontlik kon doen. My juffrou van toe ek op skool was, het ons troukoek gemaak. Ons families het van vêr die vorige dag gekom om te kom help blare pluk sodat dit vars op die tafels kan wees. Hulle het gehelp tafels dek en alles mooi gemaak en reg gekry. Die wat my ken weet ek is ʼn regte stres prinses, maar met ons ondersteunings stelsel wat ons gehad het, het ek nie vir ʼn oomblik op ons groot dag gestres nie.

Tot my werks kollegas wat my werk familie is. Het my soveel gehelp met idees en ondersteuning. Ons was regtig baie bevoorreg met al die wonderlike mense in ons lewe. Elke gas wat op die troue was, speel ʼn belankrike rol in ons lewens.

Die gevoel toe ek en my pa in die kerk instap en ek sien my verloofde wat my man word. Dit is ʼn onbeskryflike gevoel gewees.

En beste vir laaste…
Die Here het ons drome waar gemaak en Hy het ons die krag gegee om alles te kon doen. Ons het lief omdat Hy ons eerste lief gehad het.
Sy genade en liefde het ons dag in en uit gedra met elke besluit en beplanning van ons groot dag. Alle eer aan Hom

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23249

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23249

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Bruidegom-pak: Le Roy’s
                • Fotograaf: MM Photography
                • Grimering: Ruby Woo Makeup
                • Hare: Hair Tech
                • Huurdienste: All in one Party Hire
                • Juweliersware: American Swiss
                • Trouring: Touchwood & American Swiss
                • Musiek: DJ Crazy Sa / Magic Moments
                • Strooimeisie-rokke: Lollie-B Clothing
                • Trourok: Lollie-B Clothing
                • Venue: Bella Montagna
                • Vermaak: Live Cartoon Portraits
                • Videograaf: Bliss Photography