Nadine & Dawie Oosthuysen

STORIE:


Elke dame se spesiale dag, is ʼn droom wat sy alreeds van kleins af miljoene kere gedroom het.

Sy droom oor haar ridder op ʼn wit perd, haar prentjie mooi rok, die Cinderella stel skoene en so ook hul eie kasteel.

Ons ontdekkingsreis na mekaar:
Dawie, my eie ridder op ʼn wit perd, het my lewe ingetree die dag wat ons deur ʼn gemeenskaplike vriende byeenkoms ontmoet het. Dawie het daar alreeds my hart geheel en al met sy sin van humor, omgee, glimlag en liefde gesteel.

Dawie het my verras met die perfekste verlowing. Hy het my weggeneem na Mount Grace Hotel & Spa en het ʼn naweek vol planne en bederf gereël.

Dit het begin by ʼn asemrowende ekskursie, om met ʼn lugballon die sonsopkoms bo die Magaliesberge te sien opkom, gevolg deur vonkelwyn ontbyt, ʼn avontuurlustige en prettige spel van boogskiet en deur perdestalle stap, vol lyf behandeling, na die uiteindelike groot oomblik.

Ek is daardie aand aan die hand gelei na die romantiese piekniek onder die sterre, opgemaak met die mees oorspronklikste blomme patrone, piekniek mandjie, vonkelwyn en kerse.

Hierdie opstel was uit ʼn gesprek wat ons eens gehou het oor die perfekte date en hy het sowaar my drome vervolmaak.

Hy het op ʼn stadium gemaak of hy ʼn kramp in sy been kry en daarna op sy knie gegaan, waar hy vir my ʼn gedig van kaal woorde opgesê het en my gevra het om te trou. My Antwoord was sonder twyfel ja.

Trou Beplanning:
Die beplanning was vir ons ʼn absolute journey. Ons het groot genieting daaruit geput om saam aan ons groot dag te beplan.

Elke deel van die beplanning was opwindend en meeste van ons beplanning het waarlik so vlot geloop met behulp van bekwame verskaffers.

Ons raad aan ander paartjies is om elke deel van die beplanning te geniet en liewer vroeër te begin beplan.

Trou Dekor en Styl:
Ons idee vir ons tema was sag, vloeiend, romanties en klassiek, met sage groen, dusty pienk en roos goud as ons algehele kleur skema.

Ons wou nie oorweldigende tafels met hoë kandelare hê nie en het gebruik gemaak van die drywende kerse in deurskynende fase om meer sagtheid en lig na elke tafel te bring, saam met blomme.

Trourok en Troupak:

Die trourok was verskaf deur Bridal Wardrobe, dit is ʼn: “geliefde kombinasie rok met elemente van die ontwerper se verskillende style. Die rok het ʼn klassieke neklyn van die skouers af met sprankelende hand-kralewerk, sowel as pragtige barok- en blomme- liggaamvorende kantplasings”.

Dawie se pak en bykomstighede, was alles by Your Pal in Brooklyn gekry. Die pak was ʼn ivoor kleur, met ʼn mooi sage groen das en bruin leerskoene en ʼn beld.

Verloof- en Trouringe:
Ek het ʼn juweelstuk gesien, by die baie talentvolle juwelier, Deonne le Roux, waarop ek versot was. Dawie was bewus van die ring, met die fynste afwerkings van blom blaartjies en die hoof steen, wat met fyner diamante omring is en ʼn blom vorm.

Hy het vir my daardie ring gekry, met bypassende pante.

Ek het sy ring ook daar gekry, dit is die mooiste pant met ʼn natuurlike hout in, oor die silwer wat so mooi by Dawie pas, weens sy liefde vir die natuur.

Trou venue:
Ons het op sosiale media gaan loer na verskeie venues en ʼn lys gemaak met waarvan ons gehou het. Ons het daarna venues gaan besoek, maar het met die intrap slag by Riverside Castle was ons ontmoet met iets reguit uit ons verbeelding uit en die elegansie en sprokiesagtige gevoel wat ons ervaar het, het ons oorreed gehad, dat dit die plek is waar ons die ewigheidsirkel met mekaar, voor God en naastes wou verbind.

Die trou venue bestaan uit ʼn klein kasteel kapel, met die mooiste boog venster openinge waarop jy kan uitkyk op die helderste groen blommeryk tuine.

Daar is verskeie onthaal opsies op die perseel, ons het gebruik gemaak van die hoof saal. Die venue kan 150 gaste akkommodeer.

Daar is unieke glans tente selfsorg akkommodasie op die gronde, waar daar 10 paartjies kan oornag en weer verfris die volgende dag huiswaarts kan keer.

Ons het die voorreg gehad om die hele terrein te bespreek en kon die volgende oggend ʼn spesiale buffet ontbyt in hulle feetjie tuin saam met ons gaste geniet. Dit was die perfekte uitmekaar beweeg, na so besonderse funksie.

Kort troue beskrywing:
Ons troudag was vir ons ʼn absolute sprokiesverhaal en is so spesiaal gemaak vir ons deur die hulp van al die verskaffers.

Ons venue het kasteelagtige argitektuur en het bygedra tot die magiese feë verhaal element waaroor almal gaande was.

Ons het besluit op ʼn meer intieme troue, met naaste geliefdes. Dit was vir ons so besonderse om al ons gaste daar te hê en so genietvol om die kans te kon hê om by almal uit te kon kom.

Dit was so gesellig en vol vreugde, met bypassende musiek en die smul lekkerste kosse. Ons eerste dans was soos ʼn Cinderella dans strokie direk uit die film uit, sonder om ʼn skoen te verloor.

Daar was soveel stralende liefde en gelukkigheid om die saal te vul en ons harte was gevul met al die kosbaarste oomblikke, as geskenk. Die hele dag was ʼn groot viering vir ons, wat ons opreg in ons harte koester.

Eerste Dans:
Ons eerste dans was op die liedjie: Perfect van Ed Sheeran en was vir ons so besonderse herinnering waaraan ons verewig kan vashou.

Gunsteling herinneringe van ons troudag:
Dawie: “My gunsteling herinnering van ons dag, was die oomblik wat die kerkdeure oop geswaai het en Nadine vir die eerste keer in haar wit rok verskyn het. Sy was die heel mooiste bruid.”

Nadine: “Dit was vir my besonders om te sien hoe elke “detail” wat tot in die fynste beplan was, voor my oë realiteit geword het en dit werklik mooier was as al my droom oomblikke, van wat ek gehoop het dit moet wees.

So ook daardie prinses gevoel wat ek gekry het, nadat ek die volle prentjie van my voorkoms kon sien en dan die mees fenomenale gebeurtenis toe daardie kapel deure oop gegaan het en ek die voorreg gehad het om saam met my pa, die gang te kon afstap met my toekomstige man wat aan die einde vir my wag, met ʼn glinster in sy oë, soveel trots en daardie hart steel glimlag wat reg oor sy gesig was, met die wete in daardie oomblik dat ons vir altyd en ewig nou begin.”

Diensverskaffers wat vir ons uitgestaan het:
Dit was sonder twyfel Nicolette van Riverside Castle, tesame met haar dekor dames van Maids of honor dekor en die klankspan van Starlight sounds. Die span was absoluut fenomenaal regdeur die beplanning, organisering, dokumentasie en met die hantering van die verloop van die werklike dag. Daar was nie ʼn taak te groot vir Nicolette om te doen of iets soos te veel moeite nie. Dis beslis die persoon om langs jou sy te hê, wanneer jy ʼn funksie oorlog moet veg.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23232

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23232

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Maids of Honor
                • Bruidegom-pak: Your Pal
                • Dekor: Maids of Honor
                • Fotograaf: Photavio
                • Grimering: Amorè Labuschagne
                • Hare: Rita van Wyk
                • Huweliksbevestiger: Pieter Coffee
                • Juweliersware: Bridal wardrobe
                • Trouring: Deonne le Roux
                • Troukoek: Chimonè Laubscher
                • Koördineerder: Nicolette van Riverside Castle
                • Platejoggie: Starlight Sounds
                • Skryfbehoeftes: Dickybird
                • Strooimeisie-rokke: Bridal wardrobe
                • Trourok: Bridal wardrobe
                • Venue: Riverside Castle
                • Paartjie se verblyf: Riverside Castle
                • Huwelik kontrak: Marius van Wyk
                • Wittebrood plek: Bali