Nico & Anlo Ackermann

STORIE:


Het jy al ooit gehoor dat ʼn bruid haar man op tv raak gesien het en dit is hoe hulle ontmoet het, verlief geraak en getrou het. Alles in ʼn kwessie van 10 maande? Dit klink soos ʼn fliek.

Mens hoor baie kere paartjies wat sê, ek het vir hom of haar gebid. Wel in ons verhaal was dit letterlik die geval.

Moedersdag 2022 was ek nog enkel-lopend. Ek het by my ouers gaan kuier en soos elke aand saam hulle TV gekyk. Ek het letterlik daardie dag gebid dat ek binnekort my man sal ontmoet. Terwyl ek so TV kyk saam my ma, sê sy vir my, “Anlo kyk nou die oulike ou wat op In Die Sop gaan wees”. Ek kyk toe en dink ja jinne hy is aantreklik. Lang storie kort daardie aand besluit ek toe ek gaan hom opsoek op Instagram. Ek stuur toe vir hom ʼn boodskap om te sê ekt hom raak gesien op TV. So het ons begin gesels en op ons 4de date toe vra hy my uit om sy meisie te wees en na 4 maande toe raak ons verloof. In daardie tydperk het ek uitgevind dat hy daardie aand wat ek hom op TV gesien het, het hy in sy kar oppad huis toe met die Here gepraat en vir sy vrou gebid. Ons was nog nie eers ʼn jaar saam nie toe trou ons. Ek is so geseënd met die wonderlikste man ooit.

Ons trou beplanning was regtig so maklik gewees. Ons het saam besluit op ʼn klein familie troue en wou nie ʼn klomp mense/vriende nooi nie. Ons wou dit net klein en intiem hou oor die dag oor ons gaan wat ʼn belofte voor God maak.

Ons het gesoek na ʼn klein plaas venue waar ons buite kon troue met die mooi groenigheid en blomme in agtergrond. Dit was ons “dekor”. Ons het gevoel dit is so onnodig om so baie geld aan blomme en dekor te spandeer vir een dag. Ons venue (The Kraal Joostenberg) was so mooi op sy eie. Ons het ʼn baie spesiale seremonie gehad en die onthaal was net so lekker. Daar was toesprake, gedans, gehuil en baie lekker gelag ook. Ag dit was net so ʼn groot seëning gewees daardie dag.

Ons diens verskaffers was ook bitter oulik en almal het die dag net so maklik laat verloop. Ek het absoluut geen stres gehad nie en was gesê dat ek een van die “rustigste” bruide nog ooit was.

My trou rok was onbeskryflik mooi! Ek het na een trou rok plek gegaan en vir myself gesê dat ek net na een toe gaan en my rok hier gaan moet kry. Ek het 10 rokke gekry om aan te pas en het van een gehou wat okay was maar nie gevoel dit was my rok nie. Gelukkig was daar nog tyd en die meisie wat daar werk bring toe vir my ʼn soortgelyke rok. Toe ek hom aanpas toe weet ek DIT is my rok. Ek het werklik soos ʼn bruid gevoel.

Ons droom baie as jong meisies oor hierdie dag. Ons weet nooit wanneer dit gaan gebeur of hoe dit gaan gebeur nie. Al wat jy weet is, is die prentjie wat jy vir jouself geskep het van hoe jy wil hê dit moet lyk.

Solank jy die Here vertrou en Sy wil uitleef en Hom vertrou met Sy tyd, sal Hy jou seën met jou sprokies verhaal.

Daar is ALTYD hoop en baie kan in ʼn jaar gebeur.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23186

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23186

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Bunches For Africa
                • Bruidegom-pak: Markhams
                • Dekor: Geen
                • Fotograaf: Matana Productions
                • Gaste Geskenke: Self gemaak
                • Grimering: Tittewyt Makeup & Hair
                • Hare: Tittewyt Makeup & Hair
                • Huurdienste: Happinest Hire (Champagne glase)
                • Huweliksbevestiger: CRC Pastoor
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: Moek Jewelry & Viljoen Juweliers
                • Troukoek: Geen
                • Koördineerder: Geen
                • Musiek: DJ Dukes
                • Platejoggie: DJ Dukes
                • Skoene: Woolworths
                • Skryfbehoeftes: VDB Local Kollektive
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Tente: Geen
                • Trourok: Once Worn Bridal
                • Venue: The Kraal Joostenberg
                • Paartjie se verblyf: Damarakloof
                • Vermaak: Geen
                • Vervoer: Self
                • Videograaf: Matana Productions
                • Wittebrood plek: Hermanus