Nico & Charné Kotzé

STORIE:


Ons het dadelik geweet dat die koel deur die kerk is toe ons na 3 jaar weer bymekaar uitkom. Ons het verloof geraak op die 5de Desember 2021 en ons trou datum vasgemaak vir die 14de Januarie 2023. Trou beplanning was in volstoom. Ons het alles self beplan en gereël. Dit was ʼn groot verligting toe ons uitvind dat Atila Venue bekostigbare pakkette bied wat blomme, dekor, platejoggie, kos ensovoorts insluit. Ek het my rok op ʼn advertensie blad van ʼn Amerikaanse boetiek gesien en geweet dat dit die tipe rok is waarna ek moet soek. Toe ek by Whimsical Bridal in Somerset-Wes, Kaapstad aankom het het daardie presiese rok daar gehang-ek kon my oë nie glo nie. Ek het dadelik geweet dat dit my rok is. Nico het sy pak by Fabiani gekry en dit was presies waarna hy gesoek het. Ons het elke oomblik van die trou beplanning geniet en toe ons ons oë uitvee het ons groot dag aangebreek. Ek het saam met my ma, ouma, skoonma en strooimeisies die aand voor die tyd in ʼn chalet by Atila oornag terwyl Nico die vorige aand saam met sy pa, skoonpa en strooijonkers in ʼn chalet by Atila oornag het. Ons het die oggend van die troue met baie opgewondenheid wakker geword, ontbyt geëet en begin met hare en grimmering terwyl die musiek lekker saam gespeel het. Dit was vir my vreeslik spesiaal om saam met die naaste vrouens in my lewe reg te kon maak vir die dag waarvan ek droom vandat ek ʼn klein dogtertjie was. Die ander oomblikke wat vreeslik spesiaal was was die “first look” saam met my pappa en boetie, my pa wat my in die kerk af loop, my sielsgenoot wat met trane in sy oë voor die kansel staan en vir my wag, ons eerste dans en die pa en dogter dans. Ons het die aand verby gedans en gevier saam met ons naaste vriende en familie. ʼn Paar mense het my nou al gevra wat ons sou anders doen op ons troudag en die antwoord is eenvoudig: “Absoluut niks, dit was ons perfekte dag saam met ons geliefdes wat ons vir altyd sal koester”.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23270

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23270

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Atila Venue
                • Bruidegom-pak: Fabiani
                • Dekor: Atila Venue
                • Fotograaf: Escada Photography & Videography
                • Gaste Geskenke: Sucre Coated
                • Grimering: skoonheidbycarina
                • Hare: Marilu Loubser
                • Huurdienste: Atila Venue
                • Huweliksbevestiger: Dominie Jakkie
                • Juweliersware: Lovisa
                • Trouring: American Swiss
                • Troukoek: Anthea Van Der Walt
                • Koördineerder: Atila Venue: Francois
                • Platejoggie: Atila Venue: Dj Paul
                • Skoene: Edgars & Aldo
                • Strooimeisie-rokke: Shein
                • Trourok: Whimsical Bridal Cape Town
                • Venue: Atila Venue
                • Paartjie se verblyf: Atila Venue
                • Videograaf: Escada Photography & Videography
                • Wittebrood plek: Thailand & Dubai