Niel & Barbara De Bruin

STORIE:


Ons liefdesreis:

Universiteit is waar alles begin het. Ons het mekaar ontmoet tydens ons eerste jaar en in ons tweede jaar het ons beste vriende geraak.

Tussendeur die warboel van klas draf en toetse skryf, het ons mekaar leer ken. Voor ons ons oë kon uitvee, sit ons 10 Januarie 2018 op die De Bruin’s se stoep in Pretoria, hou piekniek en toe skop ons liefdesverhaal amptelik af.

Tyd het verbygevlieg. Ons het soveel mooi herinneringe saam gebou. Ons het Europa plat getoer. Een van ons gunsteling uitstappies om te doen, is ʼn “roadtrip” na ʼn mooi Kaapse dorpie of huis toe na ons geliefdes. Ons geniet dit om saam met familie en vriende te kuier, te eet en saam te lag.

Nadat ons mekaar vir 4 jaar en 10 maande elke dag gekies het, het ons perfekte verlowing gebeur – op 19 November 2022 het alles waaroor ons nog altyd droom ʼn realiteit geword. Op die spesiale dag het Niel die perfekte piekniek by Rosemary Hill beplan met blomme, sjampanje en; natuurlik, ʼn ring! Dit was ʼn baie spesiale dag wat ons saam met ons familie kon vier.

Die plaas makietie het op 22 April 2023 op ons plaas in die Vrystaat plaasgevind.

Die hoogtepunte en onvergeetlike oomblikke van ons troudag:

Dit was ʼn absolute magiese dag. Elke detail was perfek. Ons droom wat waar geword het.

Ons het die groot voorreg gehad om ons lewe saam te begin op die plaas waar ek (die bruid) in die Vrystaat grootgeword het.

Die dag het afgespeel op ʼn vars herfsdag tussen sandsteen, bloekombosse, grasveld en emmers vol blomme in skakerings van pienk en magenta.

Tydens die seremonie onder die bloekombome; met wind wat deur die bloekomblare gesuis het, was daar ʼn onbeskryflike teenwoordigheid tydens die oomblik waar ons belowe het om mekaar elke dag lief te hê en te kies, oor en oor tot die einde van die tyd.

Die dag was gevul met ʼn Vrystaatse plaas gevoel en baie gasvryheid. Almal was betower met die harvest canapé-tafel; insluitend regte Kaapse kerrievis, gerookte snoek, gebraaide varkribbetjies en vars brode en ʼn verskeidenheid van kase om van te kies.

Familie en vriende het aangesit by een langtafel. Dit is die volgende hoogtepunt vir ons as bruidspaar. Die simbool om een langtafel te kon hê – dit is die samekoms van familie en vriende, want dit is om een tafel wat ʼn mens die lekkerste kuier, diepste gesprekke het en lekker eet en lekker lag. Die gaste het die res van die aand om die kerslig gekuier, wyn gedrink en lekker gesels. Ander gaste het gedans, gelag en om die vuur pitte gesit en gesels tot verby middernag.

Elke oomblik van ons troudag was perfek! Ons droom.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23163

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23163

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Feast & flowers
                • Bruidegom-pak: Woolworths
                • Dekor: A & E Wedding and function decor
                • Fotograaf: Gitte Jones Photography
                • Gaste Geskenke: Bruid self
                • Grimering: DM Beauty Studio
                • Hare: Talking Heads Kroonstad
                • Huurdienste: Safari Hire Parys
                • Juweliersware: Bruid selfgemaak
                • Trouring: Poggenpoel Diamond Jewellers
                • Troukoek: Feast & Flowers
                • Koördineerder: Feast & Flowers
                • Musiek: No Beat – No Muisc
                • Platejoggie: No Beat – No Muisc
                • Skoene: Sweet Peas Handmade Leather
                • Skryfbehoeftes: Bruid self
                • Strooimeisie-rokke: Pretpakkie – Durbanville
                • Tente: Safari Hire Parys
                • Trourok: Rosa Karoo Bridal at Once Worn Bridal Boutique
                • Paartjie se verblyf: Die Stoor – Bothaville
                • Videograaf: SHK productions
                • Huwelik kontrak: Thora du Toit and Associates
                • Wittebrood plek: Vrolikheid landgoed – Tulbagh, Gîte – Franschhoek