Niel & Jeanne-Lee Cloete

STORIE:


Meisie van Pretoria, seuntjie van Vrede, beide Tukkie produksies met een kans, amper gemis. Emosioneel onbeskikbaar het ons mekaar gevind, nou in ʼn huwelik gebou op vryheid, vertroue en aanvaarding. Ons sprokie-plaas-troue op die voorstoep van ons amper klaar geboude huis. Saam met ons mense speel ʼn montage af om alles reg te kry. Deur al die eg Suid-Afrikaanse uitdagings was elke stukkie detail uiteindelik perfek en het ons letterlik gedans tot die son opkom. Met bitter baie bont blomme, kristal glase, fairy lights, verassings, musiek en samesyn was troue van die jaar ʼn understatement.

Trou beplanning… ʼn Gemors…, jy sou so sê, maar met ʼn weermag agter ons was tot die moeilik mooi. Kom ons sê vir ʼn marquees in jou tuin moet jy ALLES van iewers af kry. In Vrede, is daai iewers gewoonlik vêr, baie vêr! Dit wat nie gehuur kon word nie, moes gemaak word. Van piekniek bankies met laslappie komberse, tot 25 groot hout kratte vir die voorgereg, maar niks kon ons afskrik van die droom in ons harte nie.

Met ʼn sterk wil en genoeg lysies het die “dress rehearsal” ʼn werklikheid geword. Ses honderd botteltjies hang in die laning af. Vyf perde is wêreldklas geskrop en gereed om die gaste te verwelkom. Twintig spier wit tuin stelle uit welke tuin is aangery. Dertig aanwysingsborde is gebou, geverf en spesifiek oor 60km grondpad geplaas. Bome is leeg gestroop vir ruikers en konfetti. Trokke diesel is uitgery vir die tafels, stoele, borde, glase (kristal nogal ewe) eetgerei, glas kandelare, dansvloer, en alles wat nodig was om ʼn bruilof ʼn sprokie te maak. O, ons vergeet die drie SUV’s vol blomme, tien skape en droom fotograwe ingevlieg uit die Kaap.

Die trourok. Anders, tog nie sonder tradisie. Something old, foto’s van my (Jeanne-Lee) oorlede oumas en oupas was deel van my handruiker. Something new, my klein dogtertjie droom rok, maar definitief groter. Wit, afgerond met honderde pienk blomme aangewerk met die hand. Something borrowed, kant blommetjies geknip uit die soom van my ma se trourok. Something blue, my sussie in haar blou strooimeisie rok.

Die troupak. ʼn Wêreldklas ontwerper, wat kon lewend maak dit wat ek (Niel) wou voel. Sonder enige idee of verwysing was die beskrywing van my emosie sy enigste patroon. Sy taak, om die konserwatiewe plattelandse seuntjie en die somtyds kunssinnige man, te laat tuis voel in ʼn tydlose pak afgerond tot die fynste detail. Die materiaal se tekstuur en kleur, die voering se motief, die spasiëring en detail van die knope, die versteekte blomme materiaal. Selfs die belt se lissies wat lukraak, tog spesifiek geplaas moes word. Die wêreld sê, mooi dinge kom nie maklik nie en met die eindeloos en somtyds uitputtende keuses wat gemaak moes word, weet ek nou dat dit wel die waarheid is.

Met te veel mooi plekke op ons plaas om foto’s te neem was die finale keuse byna onmoontlik. Die bepalende element was tyd. Een spesifieke plek wat ons baie na aan die hart lê, is ʼn uur se ry van die onthaal af weg en vlieg was nie ʼn opsie nie, want wat sal die wind aan ons hare doen? Droom fotograwe, is nie ʼn generiese beskrywing nie, nee, dit was verdien. Nie net het hulle 1700km afgelê en vier aande oorgeslaap nie, maar ook het hulle voorgestel dat ons die Sondag oggend ʼn sonsopkoms fotosessie doen op hierdie spesiale plek van ons. Dit was ook die rede dat ons letterlik nie ʼn minuut geslaap het nie, want ons moes nog stort en die son wen op pad soontoe. Ons harte was vol, lig en vol lag. Dit saam met die ongelooflike natuur het vir absoluut heel foto’s gesorg wat amper vir ons meer spesiaal is as die foto’s op die dag.

Ons hoop dat julle uit ons storie iets van ons troudag saam met ons kon beleef. Dat, al was dit net een foto of een gesigsuitdrukking, julle iewers deur die kyk en lees wel geglimlag het en ʼn gevoel van liefde kon ervaar, al was dit net vir ʼn oomblik. Ons sê koebaai met ʼn groot dankbaarheid vir hierdie platform. Sonder dit sou ons heelwaarskynlik nie tyd gemaak het om weer hierdie dag in diepe nostalgie te besoek nie.

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23252

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23252

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Bruidegom-pak: Bondesio Couture (Peter Bondesio)
                • Dekor: Hernel Wedding and Party Hire
                • Fotograaf: Lilac Photography
                • Grimering: Bianca Pelser
                • Hare: Marchelle Scheun
                • Huurdienste: Hernel Wedding and Party Hire
                • Huweliksbevestiger: Ds. Jana de Lange
                • Juweliersware: Seiko
                • Musiek: Christopher Branders
                • Platejoggie: For real Sounds (Preenash Pillay)
                • Skoene: Steve Madden / Fynbos Wedding Shop
                • Tente: DBS Funeral, Marquee & Catering Services
                • Trourok: Lily Fields Dressmaking
                • Venue: Die plaas tuin op Lebanon in Vrede
                • Paartjie se verblyf: Mambakloof Country Estate
                • Videograaf: Kreative Pictures and Co
                • Huwelik kontrak: Couzyn Hertzog en Horak
                • Wittebrood plek: Pearle Beach Resort & Spa, Mauritius