Ruaan & Xandalee Obermeyer

STORIE:


Sand…
Klip…
Water….
Dit was ons groot trou-droom!
O en hoe het die mooiste dag in ons lewe met bome, rotse, berge buite in die natuur en ʼn perfekte someraand nie net gerealiseer nie, maar meer as al ons stoutste verwagtinge oortref!

Paarlberg….
My hart jubel en juig!

Dit begin om die braaivleisvuur. Covid het almal somber en mismoedig. Troues word uitgestel en afgestel. Daar om die einste vuur besluit ons saam ons ouers en vriende, ons het genoeg gewag. Niks gaan ons meer stuit nie.
Die tyd het gekom….

Die venue is ʼn kopkrapper. Dit moet buite wees. Die weer moet saamspeel….
Daar moet definitief water wees. Ons wil sand onder ons voete voel!
Ons wil asemhaal!

Een Sondag gaan piekniek ons bo in die natuurreservaat bo-op die Paarlberg en net daar vind ons, ons perfekte location!
Ons staan midde die majestieuse berg, in die hartjie van die son met ʼn seepgladde massiewe bergdam en ons asems is weggeslaan.
Ek en Ruaan maak oogkontak…en ons weet….dit is ONS plek!
Ons datum….7 Januarie 2023.

Rebelle trou nie in wit nie! Rebelle dra nie knopieshemde en dasse nie!
Ek werk self in die troubedryf en het al so baie gesien en beleef, maar ek kon bars van opwinding en entoesiasme om ons eie idees uit te voer en ten volle te verwesenlik!
Op ʼn perfekte sonnige dag (nie te koud nie, nie te warm nie), stap ek in ʼn wasige mauve kleurige trourok met ʼn bloeisel geborduurde bo-stuk, op my aisle van sand tussen volle plum myrtle na die man van my drome!
Die gaste sit op swart stoele. Hulle is formeel opgedress in swart.
Die gevolg is getooi in swart, plum en ʼn onverwagse pop up teal element.
Die manne pronk in stylvolle pakke met moderne V-lyn T-hemde.
ʼn Unieke, casual formal look wat verras!
Die strooijonkers is in plum attire, en Ruaan staan afgeets teen hulle met sy swart pak en sy skouerlengte blinkvos hare.
My blink-vos! My ridder!

Bo op die berg, met die “Perel” klip waar Paarl sy naam vandaan kry as a backdrop, lag en gesels mense en beweeg gesellig rond in ʼn Bohemian atmosfeer.
Geen styf formeel gedekte tafels nie!
Net lekker informele couches, kussings, bankies en cocktail tafels waar mense kan ontspan en saam met ons fees kan vier op die maat van musiek midde die omhelsing van die natuur.
Kos roam elke halfuur.
Ribbetjies, prawns, worsbroodjies, roomyse en nog ʼn groot verskeidenheid meer in oorvloed!
Abundance Catering sorg vir ʼn ongelooflike kos-ervaring wat maak dat ons maande daarna nog met komplimente oorval word!

Na die ete ry ons berg af na die aandfees.
By Zonnevanger Trou Venue dans ons die aand weg onder skitterende liggies en ʼn hemelruim vol belowende sterre op ons pikswart, sokkie dansvloer!
Ons sny ons troukoek wat bo-op ʼn gazebo op die water onder fairy lights staangemaak is.
Ek en Ruaan wals op die eerste dans onder plum vere ons nuwe lewe in!
Magical! Onvergeetlik! Droomverlore.
Soos ʼn sprokie in ʼn storieboek. In ons geheue vasgebrand. Vir altyd! En vir ewig. En nog een dag daarna…!

      STEM | VOTE

      VERWYSING | REFERENCE:

      TVJ23156

        -

        Belangrik:  Gebruik die boonste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie.
        Important:  Use the above reference when voting. No refunds will be done.

        R 1 = 1 STEM/VOTE

        STEM ENIGE BEDRAG SOVEEL KEER SOOS JY WIL.

        VOTE ANY AMOUNT AS MANY TIMES AS YOU LIKE



          BANK BESONDERHEDE:

          Verwysing: Gebruik die verywing wat begin met TVJ23****.
          Rekening Houer:  Mooi Troues

          Bank: First National Bank
          Rekening Tipe: Tjek Rekening
          Rekening Nommer: 62528022792
          Takkode: 250-655
          Belangrik: Gebruik die onderste verwysing wanneer jy stem.  Geen terugbetalings sal gedoen word nie. Indien jy die veerkeerde verywing gebruik sal die stemme nie na die korrrekte troue toe gaan nie.


          BANKING DETAILS:

          Verwysing: Use the reference starting with TVJ23****.
          Account Holder:
            Mooi Troues

          Bank:  First National Bank
          Account Type:  Cheque Account
          Account Number: 62528022792
          Branch Code: 250-655
          Important:  Use the below reference when voting. No refunds will be done. If you use the incorrect reference, the votes will not be allocated to the correct wedding.

            VERWYSING | REFERENCE:

            TVJ23156

              Bepalings en Voorwaardes Geld.
              Klik hier vir gereelde vrae.
              Vir hulp klik hier om ons te kontak.

              Terms and Conditions Apply.
              Click here for frequently asked questions.
              For assistance, click here to contact us.

                Diensverskaffers:

                • Blomme: Axure Creations
                • Bruidegom-pak: Smartmen Suit Hire
                • Dekor: Axure Creations
                • Fotograaf: Renske De Klerk RDK Photography
                • Gaste Geskenke: Sugar Bird
                • Grimering: Cecilia Fourie
                • Hare: Cecilia Fourie
                • Huurdienste: Goeters & All things Wedding & Lekker Trou & Functions Hiring 4 U
                • Huweliksbevestiger: Francois Crafford
                • Juweliersware: Sheen
                • Trouring: Gerhard Moolman Fine Jewelry
                • Troukoek: The Cake Duchess
                • Koördineerder: Axure Creations
                • Musiek: Zonnevanger
                • Platejoggie: Zonnevanger
                • Skoene: Sheen & Kingsley Heath
                • Skryfbehoeftes: Stuck on You
                • Strooimeisie-rokke: RH Couture
                • Trourok: RH Couture
                • Venue: Paarlberg & Zonnevanger
                • Paartjie se verblyf: Zonnevanger
                • Vermaak: Abundance Catering
                • Videograaf: Ember Heart Films
                • Huwelik kontrak: Faure Faure
                • Wittebrood plek: Ongelukkig geen wittebrood